RPO verwelkom hervat van veilings

‘n Veeveiling is ‘n belangrike gebeurtenis op die platteland.

Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) verwelkom pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat veilings nou weer mag plaasvind. Alle samekomste by landbou- en wildveilings word nou weer toegelaat onderworpe aan die streng nakoming van gesondheidsprotokolle.

Ramaphosa het die vlak 4-afsonderingsregulasies Sondagaand vir nog 14 dae verleng om die druk op die land se gesondheidstelsel te verlig. Die president het egter enkele vergunnings gemaak soos om die verbod op veilings op te hef en toe te laat dat gimnasiums onder meer mag heropen.

Restaurante en ander eetplekke mag ook nou aansitetes vir ʼn beperkte getal klante bedien.

Koos van der Ryst, voorsitter van RPO, sê die organisasie het hard agter die skerms gewerk om die heropening van veilings te motiveer.

“Ons is dankbaar en sal baie hard werk om die nuwe bioveiligheidsmaatreëls by veilings in werking te stel en toe te pas,” sê Van der Ryst.

“Lewendehaweveilings bly die lewensaar van die veeboer en die ontwikkelende veeboer – ook wat die prysbepalingsmeganisme betref en is kritiek noodsaaklik vir die bedryf.”

Van der Ryst het aan die begin van die jaar gesê ʼn verbod op veilings het ʼn negatiewe uitwerking op kommersiële en veral opkomende produsente.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anel ·

Of daar nou inperkings is of nie, daar is geen verandering nie. So maak alles oop dan die mense met hul lewens kan aangaan.

Rudolph ·

Ja, nee. Niks mag in die pad staan van die mens se verslawing aan die smaak van ‘n onskuldige dier se vlees nie

SjN ·

Die verbod moes nooit ingestel gewees het nie, maar daar mag gejag word. Belaglik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.