RTMC sal busongeluk ondersoek

Foto: ParamedicsSAPSandFirefightersSouthAfrica/Facebook

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het Dinsdag met skok en hartseer kennis geneem van ʼn busongeluk wat die lewens van 10 mense geëis het. Ongeveer 60 mense is beseer tydens die ongeluk in Colenso in KwaZulu-Natal.

Die Eldo-bus, wat van Durban na Johannesburg op pad was, het op die N3 naby die Bergville-afrit omgeslaan.

“Baie van ons mense maak staat op openbare vervoer om lang afstande in die land af te lê,” het Mbalula gesê. Hy het sy meegevoel betuig met die families en geliefdes van diegene wat omgekom het.

Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het intussen gesê hy het ondersoekbeamptes na die toneel ontplooi en sal ʼn deeglike ondersoek doen oor die oorsaak van die ongeluk.

Eldo Coaches het gesê die bus het ongeveer 06:45 uit Durban vertrek. “Ons doen ons bes om alle passasiers wat aan boord was, by te staan,” het die maatskappy in ʼn verklaring gesê. Volgens die maatskappy het die voorste wiel van die bus gebars.

“Ons gee ons volle samewerking met plaaslike owerhede om seker te maak die ongeluk word deeglik ondersoek.”

Maroela Media het vroeër berig die bus het ’n versperring getref en verskeie kere gerol. Die bus het oor die teenoorgestelde baan gerol en langs die snelweg in die veld tot stilstand gekom. Van die insittendes is in die proses uit die bus geslinger.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Sarel ·

Mense moet op Padvervoer staatmaak want ulle het die
Spoorvervoer vernietig. Wees eerder geskok
Oor die vernietiging van Bates

Anel ·

Ons het ‘n fantastiese spoirstelsel vir die anc gegee. Vandag is daar niks oor nie. Wees eerder daaroor hartseer. Dan sou daar ook nie soveel mense doodgaan in busongelukke nie. Ek het dit altyd geniet om trein te ry.

Nie Verbaas ·

Hoekom volg ondersoeke van regering altyd na n tragedie? Niks proaktief word ooit in werking gestel nie. Bestudeer hulle onderhoudsrekords….as daar is. Spoeg en plak metode dalk die onderhouds leuse.

Misky ·

Teen ‘n padversperring gebots – m.a.w. ‘roadworks’. Gewoonlik verminder mens spoed as dit die geval is. Maar nee, die busse jaag voort en gee nie ‘n duit om nie

pompies ·

Misky het jy algesien wat gebeur met n voertuig as n voorste ban bars???

Misky ·

Oorspronklik was gesê die band het gebars en nou blyk dit nie die geval nie en net teen versprerring gebots. Ons sal seker nooit weet nie, want na so ondersoek is dit net stil en hoor ons nooit weer daarvan nie

Janee! ·

Enige ongeluk is baie hartseer ….innige meegevoel aan elke een wat n geliefde verloor het .
Dit is die armstes wat van openbare vervoer gebruik moet maak en ek glo nie die drywer het aspris die bus verongeluk nie .
Uit ondervinding weet ek dat van die lang afstand busdienste soos Eldo en Intercape se busse in uiterse goeie toestand is en alles in hulle vermoee doen om die veiligheid van die passasiers te verseker.
Swak toestande van ons paaie en wetstoepasing ens is seker die grootste bydrae vir die sterfte syfer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.