
Die Springboklegende James Small (50).
James Small, een van die helde van Wêreldbeker-rugbytoernooi in 1995, is in die ouderdom van 50 jaar dood.
Hy het luidens berigte ʼn hartaanval gehad.
Die voormalige Springbokvleuel het sy internasionale debuut in 1992 teen die All Blacks gemaak en het die laaste keer in 1997 vir die Springbokke teen Skotland gespeel.
Small was al te dikwels ʼn omstrede karakter, en sy verbale aanslae op teenstanders op die veld het hom vinnig as die sogenaamde “bad boy” van Springbokrugby bekend laat staan.
Hy is egter allerweë beskou as ʼn formidabele opponent.
Boodskappe van medelye het kort ná die nuus oor Small se dood op sosiale media ingestroom.
“Wêreldbekerheld. Rebel. Een van die interessantste mense wat ek al geken het. RIV broer,” het een van die twiets gelui.
Small se dood word as ʼn groot verlies beskryf.
Hy en die aktrise en model Christina Storm, het ʼn 14-jarige dogter, Ruby.
- James Small. Argieffoto.
- James Small. (Foto: TERTIUS PICKARD/TOUCHLINE PHOTO)
- James Small. (Argieffoto)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
43 Kommentare
RIP
Rus in vrede …’n held vir baie.
Terrible nuus RIV.
Sjoe, nog so jonk. RIV.
So hartseer RIV sterkte aan die family en vriende