‘Rustenburg oop om geplunder te word’

Rustenburg. Foto: http://www.rustenburg-info.co.za/town

Rustenburg. Foto: http://www.rustenburg-info.co.za/town

Cosatu in Rustenburg het Donderdag gesê die vakbond is verras en teleurgesteld dat Bheki Khenisa, die munisipale bestuurder, geskors is.

Maleho Gaonakala, voorsitter van Cosatu, het gesê die vakbond eis om te weet op watter grond Khenisa geskors is. “Ons gaan nie stil bly sodat korrupsie kan voortgaan nie,” het hy gesê.

Khenisa is in Desember geskors nadat hy van wangedrag beskuldig is wat verband hou met ’n voorwaardelike toelae van R426,9 miljoen wat deur die nasionale tesourie aan die munisipaliteit toegeken is en nie bestee is nie.

Die munisipaliteit het by die tesourie aansoek gedoen dat die onbestede toelae tot 2016 kan oorstaan. Die nasionale tesourie het egter die versoek geweier omdat die munisipaliteit se versoek dat geld wat aan openbare vervoerinfrastruktuur en munisipale infrastruktuur bestee moet word, vir ’n derde agtereenvolgende jaar oorstaan.

Volgens Gaonakala vermoed hulle dat Khenisa geskors is om die weg oop te stel dat die munisipaliteit geplunder kan word. “Hoe skors jy iemand wat die munisipaliteit die afgelope 15 maande gestabiliseer het? Hulle het die munisipale bestuurder geskors sodat hierdie munisipaliteit geplunder kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

5 Kommentare

GES ·

Die syfer miljoen het sy glans en betekenis verloor. Daar word met mijoene omgegaan as of dit honderde is.

Dee ·

Onthou jy die jare toe met ontsag van ‘n mijjoen rand gepraat is; toe ‘n miljoener ‘n ryk man was. Later het ‘n miljoenêr verander in ‘n welgestelde mens en later in ‘n huiseienaar waarna dit later beteken het dat die betrokkene ‘n Mercedes het later nog minder status gekry.

GES ·

Dee ek kry sommer heimweë. Die mense het ook gesê jy moet met ‘n ou Mercedes rondry sodat almal kan sien dat reeds lankal ryk is. Dit was die goeie ou dae.

DPJ ·

Ja, hulle wil hê miljoene moet in ‘n pot gegooi word en daar gelaat word dat elkeen hom kan self help.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.