SA countrysanger (72) sterf

Tommy Oliver. (Foto: Facebook)

Die Suid-Afrikaanse countrymusikant Tommy Oliver se stem is nou stil nadat hy Maandagoggend oorlede is.

Oliver se bestuurder, Angulique Legalize, het die nuus bevestig. Oliver was 72 jaar oud.

Die sanger het die afgelope paar jaar ʼn stryd teen kanker gevoer en het ten tyde van sy afsterwe in Dolphins Corner sorgsentrum in Pomona, Kempton Park gewoon.

Medelye het op sosiale media ingestroom vir die sanger, wat in 1973 bekendheid verwerf het vir sy debuutsnit “I wanna live”. Hy is ook bekend vir sy Afrikaanse treffer “100 jaar”.

“Dis met groot hartseer vanoggend dat ons verneem van nog ’n legende in countrymusiek, Tommy Oliver, se afsterwe. RIV Tommy. Jou pyn en lyding is nou verby. Sterkte aan Angie [sic],” het die Suid-Afrikaanse Countrymusiek-stigting op Facebook geskryf.

  • Die berig is gewysig sedert plasing – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ansie ·

RIV Tommy, jy sal altyd deur jou musiek voortleef. Innige simpatie met en sterkte aan sy geliefdes.

Watsenaam ·

Soo jammer om te lees van Tommy se heengaan. Rus in vrede ou groote

Ann ·

RIV Tommy Oliver. Mag jy nou saam met al die gròòt legendes musiek maak en sing!

Eugene ·

RIV Tommy. Nog ‘n wonderlike stem raak stil en SA is nog ‘n legende kwyt

Annakapat ·

Hy was die heel eerste plakkaat teen my muur as tienermeisie… met sy handtekening op!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.