SA Express eis geld wat SAL skuld

Argieffoto. (Foto: Facebook)

Die lugredery SA Express het Woensdag gesê hy hoop om die geld wat die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) hom skuld, terug te kry. Dit volg nadat SAL ʼn reddingsboei van R3,5 miljard van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (Obsa) ontvang het. SA Express sukkel glo al die afgelope twee maande om dié geld van SAL te verhaal.

Maroela Media het vroeër berig die nasionale lugdiens gaan R3,5 miljard van Obsa ontvang om die lugredery in sy proses van sakeredding by te staan.

SA Express sê hy hoop van dié geld sal aangewend word om SAL se skuld te vereffen. “SA Express hoop om hierdie saak af te sluit en te fokus op die versterking en groei van die lugredery,” lui die verklaring.

Die regering het in Desember met ʼn proses begin om SAL in sakeredding te plaas. Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het gesê passasiers, reisagentskappe en vennote van die lugredery kan voortgaan om weer vlugte te bespreek, ten spyte van sommige vlugte wat gekanselleer moes word.

SAL het boonop onlangs nege van sy Airbus A340-300- en A340-600-vliegtuie, asook 15 onderdele in die mark gesit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pieter ·

Wag al drie maande vir my vlug kaartjie se uitbetaling na SAL se fiasko.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.