SA hawens swakste ter wêreld – ranglys

Die Kaapstadse hawe beklee ’n algehele posisie van 347. (Foto: Jean van der Meulen, Pixabay)

Suid-Afrika se hawens is heel onder aan die ranglys in ’n verslag oor die bevoegdheid van 351 hawens wêreldwyd. Dié verslag is onlangs deur die Wêreldbank uitgereik.

Ná ’n assessering oor die prestasie van vraghouerterminale in 2020, het die hawens in Kaapstad, Durban en Gqeberha (Port Elizabeth) ewe power gevaar.

Daar is onder meer na hawens se operasionele en finansiële prestasies sowel as effektiwiteit gekyk.

Dít sluit betroubaarheid, wag- en omkeertyd by vraghouerterminale, kontroleringsprosesse, die gehalte en effektiwiteit van infrastruktuur en koördinasie tussen die hawe en openbare rolspelers in.

Die Kaapstadse hawe beklee ’n algehele posisie van 347 – die beste in Suid-Afrika – terwyl die Durbanse hawe 349ste gelys is. Die Gqeberha-hawe en die Ngqura-hawe (ook in Gqeberha), neem onderskeidelik plekke 348 en 351 in. Suid-Afrika se hawens het ook swakker as enige ander hawe in Afrika gevaar, insluitend Walvisbaai (307), Maputo (299), Djibouti (61), Abidjan (228), Beira (268), Mombasa (331) en Dar es Salaam (324).

Die beste en swakste hawens ter wêreld is in ’n verslag saamgevat. (Grafika: Maroela Media)

Die beste hawens ter wêreld is volgens die verslag die Yokohama-hawe in Japan, gevolg deur Saudi-Arabië se Koning Abdullah-hawe en die Chiwan-hawe in China.

Die verslag beklemtoon dat vraghouerterminale, wat hoëgehalte infrastruktuur en effektiewe funksionering insluit, van kardinale belang is vir die groei en strategie van opkomende ekonomieë soos dié van Suid-Afrika.

David Maynier, Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese aangeleenthede, het Woensdag gesê dié situasie is ’n “hartseer weerspieëling” van die mededingendheid van hawens in Suid-Afrika.

“Hoewel Kaapstad-hawe die beste gevaar het, is dit nie ’n aanduiding van sukses nie, aangesien al die Suid-Afrikaanse hawens onder aan die ranglys geplaas is.

“Die Kaapstad-hawe is ’n belangrike kanaal vir invoere en uitvoere en ’n reuse- ekonomiese poort vir Kaapstad, die Wes-Kaap en Suid-Afrika.”

Kaapstad is ook die vyfde grootste uitvoerder van landbougoedere in Afrika.

Maynier sê dié hawe word voortdurend deur ernstige verkeer- en bottelnekprobleme in die gesig gestaar weens verouderde infrastruktuur en toerusting, personeeltekorte en weersomstandighede.

“Die gevolg is dat vaartuie die hawe omseil of tot sewe dae wag voordat hulle anker kan gooi.”

Dít sê Maynier, het erge logistieke probleme, vertragings en finansiële verliese tot gevolg.

“Eindelik is ons terminale nie in staat om die reuse- volume vragte wat moontlik deur die hawe kan beweeg, te hanteer nie.” Maynier sê dat hulle bewus is van die woede en frustrasie wat invoerders en uitvoerders in die Wes-Kaap ervaar.

“Ons het om dié rede ’n hawetaakspan op die been gebring wat in samewerking met verskeie rolspelers na oplossings soek.

“Hoewel verskeie suksesse al deur die taakspan behaal is, is nasionale ingryping nodig. Ons het daarom ook ’n beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om die hawe te besoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Misky ·

So baie goed wat ek wil kwytraak, maar wat sal dit tog help? Soos ALLES in ons land stort alle staatsinstansies in duie. Ek sal graag die ranglys van 30jaar gelede wou sien en hoe het SA toe gevaar teenoor res van die wereld

Stefaan ·

Is PE se naams verandering al amptelik goed gekeur? Gqeberha

isabelle ·

Suid-afrika is mos in alles wat sleg is en agter uitgaan op die lysie,nogal bo …. nou vra ek was dit so 30+jaar trug? MY HART BLOEI

Blikkies ·

Wat se julle ANC Leiers nou, dit is nog ‘n treffende hoogtepunt van ‘n prestasie vir julle? Seker nou lekker trots op julle self. Miskien moet julle net kyk die lys werk van bo af onder toe, van Beste na die slegste sleg toe, en nie anders om nie. Patete.

Wakkerslaper ·

Wonder of dit ook die geval was onder die “bose blanke regering”….?

Chris ·

40 jaar gelede was ons hawens seker onder eerste 100 gegradeer

Dup ·

Alles val plat.Dit is waaroor hulle ekonomiese transformasie gaan….vernietig alles wat die “kolonialiste”gebou het.

Johann ·

Nee. No ways! Onmoontlik! Rerig?

Skaam my ZIR af oor NOG n ANC Legacy!

Danie ·

Nou sal ek baie graag wil weet wat hierdie hawe managers se salarisse is per jaar.
En hoeveel byvoordele en performance bonusse hulle ontvang terwyl hulle hawens om hulle verval.
Dis n absolute skande en is n bewys dat die persone nie hulle basiese pligte en verantwoordelikhede nakom waarvoor hulle aangestel is nie en behoort vervang te word met mense wat nie net agter n lessenaar sit en wag vir payday nie maar weet wat hulle doen.

Nico ·

Die ANC kon niks opbou nie, wat hulle goed doen is om af te breek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.