SA landbousektor blom

 (Foto: Du Preez de Villiers)

Die inkomste uit Suid-Afrika se landbousektor het van 2020 tot verlede jaar met ʼn noemenswaardige 11,9% toegeneem en die algehele inkomste wat uit die landbousektor en verwante bedrywe verdien is, het van R372,8 miljard tot R417,1 miljard gestyg.

Diere en diereprodukte was volgens Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) se jongste syfers die grootste bydraer tot verkope (R159,3 miljard), gevolg deur tuinboukundige gewasse en produkte (R110,4 miljard) en oesgewasse (R81,4 miljard).

Die grootste stygings in inkomste was uit die verkope van oesgewasse (24,2%) en tuinboukundige gewasse en produkte (19%).

Groot ondernemings is steeds verantwoordelik vir die grootste gedeelte van die bedryf se inkomste (67,7%), gevolg deur klein ondernemings (18,1%) en medium- en mikro-ondernemings.

Verlede jaar het die 100 grootste ondernemings – op grond van algehele inkomste – in die landbou en verwante bedrywe altesame 23,4% van algehele inkomste bygedra.

Algehele kapitaalbesteding op nuwe bates het R32,1 miljard beloop, in vergelyking met die R27 miljard wat in 2020 bestee is. Dit is ʼn styging van 18,8%. Voertuie, masjinerie, aanlegte, trekkers en ander vervoermiddels het met R5,6 miljard (van R14,1 miljard tot R19,7 miljard) toegeneem.

Die bedryf bly ook ʼn groot werkskepper.

Indiensnemingsyfers vir die landbousektor en verwante bedrywe het teen die einde van Junie verlede jaar op 801 503 gestaan, ʼn 2,7%-styging in vergelyking met die 780 057 in Junie 2020.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JohanR ·

Jy kan maar doen wat jy wil om ‘n boer uit te roei. Hy staan op en gaan aan nog sterker. In geen ander land in die wereld in 28 jaar is boere, hulle families en plaaswerkers al soe gemartel en doodgemaak, sonder dat die regering ‘n vinger lug. Maar elke dag van daai 28 jaar was daar kos op die tafel. Dankie boere, en @VoertsakANC!

annie ·

… die ANC stel nie in werkskepping op plase belang nie. Eerder swart bemagtiging … Suksesvolle boerdery met groot infrastruktuur en landerye laat skelm oë glinster. Sad. Gierige kaders dink alles sal so aanhou bly en werk met hulle op die voorstoep starende in die blink verskiet.

Leana ·

“SA landbousektor blom” – onder die moeilikste van omstandighede!!

Nommer 7 ·

Gelukkig weet ons MM lesers dat niks komende van Stats SA geglo kan word nie, of hoe?

Republikein in die Wes Kaap ·

Die syfers is vewarrend. Lyk my primêre en sekondêre bedrywe word saamgevoeg. Dit skets ‘n skewe prentjie wat deur die staat misbruik gaan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.