SA prof nou hoof van VN-universiteit

Prof. Tshilidzi Marwala sal vanaf Maart volgende jaar sy nuwe pos vervul. (Foto: Universiteit van Johannesburg)

Prof. Tshilidzi Marwala, visekanselier en rektor van die Universiteit van Johannesburg (UJ), sal vanaf Maart volgende jaar die rektor van die United Nations University (UNU) in Tokio, Japan, wees.

Ná ʼn “uitgebreide internasionale soekproses” sal Marwala die eerste boorling van Afrika wees wat hierdie rol vervul.

“Namens die UJ is ons trots op prof. Marwala wat die leisels van leierskap by hierdie universiteit sal neem. Dit is sowaar ʼn uitstekende prestasie en ons is trots daarop dat een van ons eie hierdie eer gegee is,” sê Mike Teke, voorsitter van die UJ-raad.

Die UNU het Maandag, ná verskeie samesprekings met Audrey Azoulay, direkteur-generaal van die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (Unesco), en António Guterres, sekretaris-generaal van die VN, die besluit aangekondig.

“Ons het ingestem dat prof. Marwala vir die volgende agt maande by UJ sal aanbly sodat daar ʼn gladde oorgang is wanneer sy opvolger aangewys word. Die UJ sal normaalweg voortgaan totdat hierdie proses afgehandel is,” sê Teke.

Prof. David Malone van Kanada, wat sedert 2013 aan die UNU verbind is, is Marwala se voorganger. Marwala sal nou die sewende rektor van die UNU wees en na verwagting vir die volgende vyf jaar die pos beklee.

Die UNU is ʼn globale dinkskrum met 13 instansies in 12 lande. Deur samewerkende navorsing en opvoeding ondersteun dié universiteit pogings om dringende globale uitdagings van menslike ontwikkeling en welsyn op te los. “Die UNU werk in noue vennootskap met ander VN-organisasies en toonaangewende navorsingsinstellings om te verseker dat bewysgebaseerde navorsing mense inlig en oplossings vir globale kwessies vind,” lui die UJ se verklaring.

Volgens Azoulay is Marwala ʼn bekwame professor met verskeie navorsingsbelangstellings, waaronder die teorie en toepassing van kunsmatige intelligensie, ingenieurswese, rekenaarwetenskap, finansies, sosiale wetenskap en geneeskunde.

“Hy het ʼn uitgebreide rekord in menslike kapasiteitsontwikkeling en is daartoe verbind om tegnologie en globale eenheid te bevorder.”

Marwala het ʼn graad in meganiese ingenieurswese wat hy magna cum laude aan die Universiteit van Kaapstad verwerf het. Hy het ook ʼn meestersgraad in meganiese ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria (UP) en het later ʼn doktorsgraad in kunsmatige intelligensie en ingenieurswese aan die Universiteit van Cambridge in Engeland verwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

melaney ·

Man, dit sal nooit gebeur nie! Hy sal eerder afgebrand word. Veel gouer.

piet ·

Duidelik ‘n baie slim man wat ook sy kwalifikasies by goeie universiteite behaal het so die gehalte beslis nie onder verdenking nie. Baie geluk.

melaney ·

Japan is bekend vir sy skoonheid. Diefstal word ook nie daar geduld nie.

Miskruier ·

Trots op hom. Jammer dat die klas mens nie in ons regering te vinde is nie.

domheks ·

Voor hy gaan, moet hy net ‘n paar kaders lesse gee oor LANGGGGGG vingers!

Jaco ·

Waarom in die buiteland gaan werk? Hier in SA is dan oorgenoeg regstellende aksie en BEE.

Debbie ·

O genade nog n instansie wat binnekort deure gaan toemaak oor bedrog. Hoop daar is genoeg ander kleuriges wat daar studeer verniet anders is japan ook rassiste

Christine ·

Nee Debbie, sy Japanese werkers is flukse, slim mense. As hy in SA was, sou ek bekommerd gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.