Die Suid-Afrikaanse motorfietsjaer Brad Binder het Sondag geskiedenis gemaak tydens die Tsjeggiese motorfiets-Grand Prix in Brno.
Binder het met sy eerste sege ook die eerste Suid-Afrikaner geword om ʼn resies in die MotoGP-era te wen. Die 24-jarige het sewende weggespring maar was vinnig in die vyfde posisie. Met tien rondtes oor het hy die voortou geneem.
Franco Morbidelli van Italië was tweede en die Fransman Johann Zarco derde.
“Ek het nie woorde nie. Ek droom al van hierdie dag vandat ek ʼn klein seuntjie was en vandag het dit waar geword,” het ʼn emosionele Binder na afloop van die resies gesê.
“Dit is wonderlik om my eerste GP te wen en ek wens my ouers was hier aangesien hulle my van die begin af ondersteun het. Dankie ook aan almal by die huis wat my ondersteun het.”
???? August 9th 2020
???? Automotodrom BrnoRemember the day @BradBinder_41 and KTM shocked the world! ????#Bradical | #CzechGP ???????? pic.twitter.com/CbSZbWx75N
— MotoGP™???? (@MotoGP) August 9, 2020
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Lyk my is ‘n sport waar daar nie knie buigers is nie! Sal begin volg nou dat ek krieket en rugby op gegee het.
Baie Geluk, maak ons trots…..
Dit was ongelooflik!!
Mooi so Brad
Baie geluk! Ons is trots op jou!