SA se vinnigste selfoonnetwerk is …

Argieffoto

MyBroadband het sy selfoonnetwerk-kwaliteitsverslag vir die tweede kwartaal bekend gemaak en hiervolgens is MTN die beste selfoonnetwerk in die land.

Die verslag is gegrond op meer as 330 000 spoedtoetse wat deur duisende gebruikers gedoen is tussen 1 April en 30 Junie 2019. Die navorsing wys Suid-Afrika het ʼn gemiddelde selfoonaflaaispoed van 25,67 megagrepe per sekonde. Die vorige kwartaal se gemiddelde aflaaispoed was 24,20 megagrepe per sekonde.

MTN het volgens die jongste verslag die hoogste gemiddelde aflaaispoed, naamlik 35,90 megagrepe per sekonde, gevolg deur Vodacom se 29,76 megagrepe per sekonde, Telkom se 23,07 se megagrepe per sekonde, Rain se 17,91 megagrepe per sekonde en Cell C se 17,32 megagrepe per sekonde.

Marius Hollenbach, MyBroadband se hoof van navorsing, het gesê MTN, Vodacom en Telkom het ʼn insiggewende verbetering in netwerkprestasie in 2019 getoon.

Die verbetering in netwerkspoed is volgens Hollenbach die gevolg van verbeterde LTE-dekking en beter HSPA-beskikbaarheid in landelike gebiede.

Rain is die enigste selfoonnetwerk wat in die tweede kwartaal van 2019 ‘n insinking beleef het. Dit is waarskynlik die gevolg van meer gebruikers wat by die netwerk aansluit.

Om die beste selfoonnetwerk in Suid-Afrika vas te stel word daar ʼn netwerkkwaliteit-punt vir elke netwerk uitgewerk deur die aflaaispoed, oplaaispoed en vertragings (latensie) in ag te neem.

Die telling uit 10 toon dan hoe die netwerk in verhouding tot ander netwerke vergelyk.

SelfoonnetwerkAflaaispoed in megagrepe per sekondeOplaaispoed in megagrepe per sekondeLatensie in millisekondesTelling
MTN35,9013,95349,78
Vodacom29,7611,53378,24
Telkom23,075,10386,16
Rain17,917,68306,09
Cell C17,328,50495,35

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ig ·

Ironies is Mtn en Telkom die mees patetiese netwerk op die platteland. Wat my verbaas is dat die mensdom kan Maan en Mars toe gaan maar hulle kan nie n selfoonsein verskaf behalwe in die stedelikke gebiede nie

Valerie ·

Ig, jy doen ‘n ding wat ons in Engels noem “Appeal to the moon” (argumentum ad lunam). Onthou, ‘n moontlikheid is nie dieselfde as ‘n waarskynlikheid nie. Die twee begrippe wat jy noem het niks met mekaar in gemeen nie.

Johan Swart ·

Waars die bewyse van die Moon-landing ?….Total Recall is nie bewyse van n Mars-landing nie..

Onnie ·

Wat ‘n grap! MTN is pateties. Nooit weer nie. Die opskrif is baie misleidend. MTN is dalk die vinnigste maar beslis nie die beste nie – inteendeel….

Edd ·

Op ‘n goeiedag in potch kry ek 5mb/s en op my wifi opsie sal dit nooit eers bo 2 gaan nie. Altyd interesant hoe die een met die grootste bundle altyd die stadigste spoed het. Hierdie metings was heelmoontlik weer in vooraf beplande gebiede gedoen om die grootste moontlike voordeel vir alle verskafers te gee. Op ons plot 500m van die toring af kan ek nie eers ‘n gewaarborgde 500kb/s kry nie. Netwerke in SA is pateties en baie bewus van hul tekort kome….. maar hy… die ekonomie knyp moes.

Barry ·

Hier waar ek woon het so te se almal op die platteland optiese vesel van een vd selfoon netwerke af
Ek het “Telkom” teen 135 Mbps af en 50 op. Teen R302 per maand uncapped
Kan tot Een GB kry teen R730 per maand uncapped
Omtrent die hele land is gedek deur Optiese vesel.
Met n dongle het ek op DTAC gemiddeld so 45 Mps en uncapped is dit so ongeveer R230 per maand op n daaglikse subskripsie
Het dit in gn jare gebruik want orals is gratis wifi en ek het nie n smartfoon want ek is te oud en dom vir n smartfoon en nie smart genoeg nie
In die aand gebruik baie mense die inet hier en daal my spoed by tye tot 110 Mbps af
Kyk maar gerus na Pulse TV vir n jaarlikse subs teen veel laer as DSTV en dan You Tube tot in 4 K gratis op dieselfde Streambox.
Kan streambox koop op Aliexpress van so R300 en dan self die apps aflaai maar ek is te dom om dit te doen
Pulse is orals in die wereld beskikbaar in HD as jy meer as so 8 Mbps het
Jou heel beste spoedtoets is op http://www.testmy.net

Leon ·

MTN is slegs goed in die Metros. Daar is baie min dekking in die platteland. Ek ry oral op Suid Afrka se paaie en MTN is regtig Miles To Nowhere. Vodacom het die wydste dekking en is ook die duurste. Telkom is die swakste. Cell-C is die goedkoopste. Rain moet nie eers op die lys wees nie. Rain is die patetieste netwerk. Ek het die ondervinding daarvan. Het my vingers verbrand met Rain. Vodacom is die betrobaarste.
Het Vodacom, MTN, Cell-C, Tlekom en Rain op dieselfde toring 273 meter van my huis. Ek kan dus hulle almal evalueer. MTN mag vinniger wees daar, maar baie onbetrobaar. Rain het nie eers seisterkte nie. Die ander netwerke het vol sein. Cell-C val plat rondom 19:00.
So wat is hiervolgens die beste netwerk? Goeie varaag waar hulle, hulle toetse gedoen het. Definitief nie in die Ooste van Pretoria nie.

Wielspore ·

Die verslag verwys nie na waar die verbruikers gelee is, hier waar ons woon staan sake so. Telkom – Geen selfoon sein, Cell C – Min dekking, Vodacom – Volle dekking, swak data spoed, MTN – Goeie dekking, beste spoed.
Ek kan wel MTN kies maar daar is nie orals dekking in ons dorp.
Die beste spoed wat ek kon meet met Vodacom was 6MBS. Vir my as verbruiker beteken die hele verslag niks want dit verteenwoordig nie die hele SA.

SelFrustrasie ·

Ek dink nie daar is n firma in SA wat swakker diens kan lewer as MTN in hulle winkels nie. Hulle kan verseker roem op die beste swak diensleweraar. Dit is absoluut pateties hoe swak diens hulle onbehulpsame, nors personeel lewer indien jy met n navraag by hulle aanklop

Barry ·

Hi Gert
Gert
Ek woon al meer as 5 jaar in Thailand so ook baie van SA geen visa en verblyfreg probleme as jy bo 50 is nie
Ook ongelooflik baie werk beskikbaar,vernaamlik onderwys poste.
Almal welkom klim net op n vliegtuig en klim hier af
Dieselfde in Malaysia
Salig om lekker internet te he
Geen misdaad en het huis van 200 Vk meter gekoop vir Honderd en vyftig duisend Rand .Nuut gebou op die platteland.Kan maar op Linked in na my profiel kyk

Barry ·

Dis nou 23.00 en hier is die internet spoed tans
Download

Average94.21 Mb/sPeak94.71Mb/sUpload

Average54.14 Mb/sPeak62.11Mb/sLatencyAverage6.599 msJitter1.705 msMinimum5.910ms
Het nou die aand 475 Mbps gekry toe dit nie beheer was nie
Barry
Thailand

Danie Müller ·

Volgens my ondervindinge is daai nogaal omtrent reg. In my huishouding gebruik ons Vodacom, CellC en MTN en het ook n Telkom WiFi routor. MTN is defnetief die betroubaarste by die huis (Krugersdorp) sowel as weg van die huis af.
En as upgrade tyd kom ook sommer baie goedkoper as Vodacom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.