SA steeds ‘veilig vir toeriste’

Argieffoto

Die minister van toerisme het besoekers Vrydag verseker dat dit veilig is om na Suid-Afrika te reis en dat hulle veiligheid die hoogste prioriteit vir die regering is.

“Ondanks die enkele voorvalle wat Suid-Afrika in ʼn negatiewe lig stel, bly ons land ʼn voorkeurbestemming vir troues, wittebrood, leefstyl-, musiek- en kulturele byeenkomste, asook vir die rolprentbedryf wat beduidende getalle besoekers lok,” het Mmamoloko Kubayi-Ngubane gesê.

Die afgelope week is nóg twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn Oekraïense toeris wat in die Moederstad doodgesteek is.

Die 43-jarige stapper, Ivan Ivanov, is van sy rugsak beroof en naby die Oosfort, ʼn gewilde toeristebestemming by Chapmanspiek in Houtbaai, vermoor.

Daar was onlangs ook berigte van toeriste wat vanaf die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng agtervolg en beroof is.

Kubayi-Ngubane het gesê wetstoepassingsagentskappe in Suid-Afrika laat geen steen onaangeroer in dié ondersoeke nie.

“Wat betref die onlangse voorvalle, is ons tevrede dat die polisie die vermeende oortreders spoedig aangekeer het. Die departement is ook besig om ʼn veiligheidstrategie af te handel wat binne die volgende paar weke bekend gestel gaan word,” het sy gesê.

Die plan is vroeër in die begrotingsrede in Junie aangekondig.

“Ons doen ʼn beroep op gemeenskappe om diegene wat ons land negatief wil uitbeeld, eenkant toe te skuif en enige verdagte bedrywighede aan te meld. Wanneer toeriste die land besoek, dra hulle by tot ons ekonomie en werkskepping. Daarom moet ons te alle tye verseker dat hulle ʼn eg Suid-Afrikaanse ervaring het en welkom hier voel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Anoniem ·

Hahaha ja dit is veilig in SA, die weermag is ontplooi in die Kaap vir bendegeweld… Johannesburg en Pretoria het die afgelope week gebrand en die “wetstoepassingagentskappe” waarvan die edele Minister praat is te bang om enigeiets te doen en ontrrek selfs van die situasie af… dan hoop hulle met hulle kaste “veroordeling” van geweld dat die situasie gaan vebeter… ek wonder wanneer gaan hulle oogklappe afval…

Ria van Rensburg ·

Hierdie berig is so belaglik, n mens kan dit as fopnuus interpreteer. Dis só onveilig in SA, as ‘n vliegtuig oor Jhb vlieg, moet jy jou beursie vashou anders is jy dit kwyt

Pieter ·

Shame die minister droom lekker. Wys jou net hoe lieg die ANC vir die buitelnad. Maar gelukkig sien hulle wat aangaan. Was verlede week by n dokter hier in Pole. Hy vra my waar kom ek vandaan ek se SA. Wat is sy antwoord aan my. DAAR WAAR HULLE DIE BOERE EN MENSE SO DOODMAAK. HY SAL NOOIT SA BESOEK NIE.

A Klaassen ·

Jip. Die regering gaan nie keer dat mense beroof en gemoor word nie. Maar hulle sal hulle absolute bes probeer om die skuldiges vas te trek. Wat ‘n troos is dit nie.

Sarie ·

As dit maar ook ten opsigte van plaasaanvalle gese kan word en dat boerdery ook belangrik vir die ekonomie is.

Buffel ·

Ja ja wat ‘n grap. Helhool van misdaad en moordsyfers hoer as ‘n oorlogszone…..maar dis mos Mzansi….vervloekte land vanaf ’94.

Johanna Botha ·

Ja sure met 57 moorde n dag en 106 verkragtings … dink die mense ons is onnosel ! Die polisie hardloop dan weg !

Christine ·

Dit is regtig ‘n grap hierdie berig – ons misdaadsyfers is skokkend, As ons as Suid Afrikaners kla met geldige rede, reageer die regering nooit. Maar as ‘n toeris beroof of vermoor is dan is dit die mooiste praatjies ooit – die webwerf is so taai van die heuningbekkies. SA is nou maar net nie veilig vir toeriste nie, feit! (Praat nie eers van die burgers nie)

Cornelia Steyn ·

Regtig?? Hoeveel toeriste het al hier gesterf?? Praat nie eers van ons eie land se mense nie! Kyk hoe lyk ons land. Mens is NÊRENS meer veilig nie. ????????

Bullseye ·

Ja moet asb nie bekommerd wees nie .. die polisie monitor alles….. Hehehe!

Hanna Hoekom ·

Ja, die SAPD monitor die situasie en hardloop dan stert tussen die bene weg! Ons is inderdaad in baie goeie hande…

Wa ·

Ag asseblief, waar daai paar oortreders vandaan kom is daar nog duisende wat gevang moet word! SA sal nooit weer veilig wees nie!!

Sons ·

Neeeeee, minister van toerisme ek weet nie waar jy aan jou informasie kom nie, regtig!!!! Maak oop jou oe haal die skille van jou oe af!!!!

O ja ·

Jammer vir die misverstand – Suid-Afrika is mos onveilig net vir sy eie landsburgers – die toeriste kan maar kom

Essie ·

Al hoe die land sal regkom is as die doodstraf weer ingestel word wat as afskrik middel sal dien vir die moorde.

Oujongvrou ·

Desember gaan nog n kind uit die land sodra hy graad kry. Ons self gaan New Zeeland toe vir 3 mde om die kinders ta gaan sien. Hlle is gebore en was polisie hier, en het gesweer diè land sien hulle nooit weer nie. Dis n hel hool. Selfs die duiwel wil seker vlug. So gaan vertel daai storie vir “my en our people” kyk hoe lyk die sypaadjies waar hulle staak.uitgebreek om die polisie met die stene en plaveisel te gooi.

fg ·

Ons seun is ook oppad NZ toe – net n kwessie van tyd . Wag net vir sy laaste dokumente. Mooie SA is pragtig op gemors. Omdat mense hier te veel mense regte onverdiend gekry het? – sien dit daagliks in my besigheid. Dis nou as niets iets geword het. Ons regering is magteloos teen die “babatjie” se “tatrums” wat hulle gebaar het.

Grassie ·

Ja Sure, jy mag dalk verkrag, op tafels vasgespyker en verkrag word terwyl jou mense in water gekook en gate in hulle geboor word al die terwyl die polisie weghardloop van die skelms af en eerder agter omkoop geld aan gaan.

jeannine ·

droom maar lekker minister Suid Afrika veilig? onveiligste land van die wereld julle moet julle skaam

wilma ·

minister jy moet wakker skrik ma muni jou doodskrik. alle wetsgehoorsame burgers regoor alle rasse is keelvol vi swak regering en moorde. beteken nix dat mense sterf en polisie soek moordenaars. dooies kani wee lewe. SA IS N HOOL TE DANKE AAN ANC GOVT MET AL DIE KORRUPSIE. GN WET EN ORDE. KRIMINELE HOUVOORUITGANG GEVANGE SAAM KORRUPSIE

Janneman ·

Hel ma die spul is swartgallig ek sou sweer dis aansteeklik ! NOGTANS bly ek n Patriotiese witman!

Samuel Botha ·

Daar is nie meer n regeering nie.As daar was sou daar wette gewees het en respek vir die SAPD.Eenigste manier om die land reg te kry is n Prisedent wat hard is en nie kant vat nie.
En die straf wette laat toepas sonder doekies om te draai.

Rubber ·

Hoekom sal enige iemand na ‘n land kom waar jy die gevaar staan om op die lughawe jou bagasie te verloor en op pad hotel toe vermoor word. Piesangland.

Gemaskerde Sopbeen ·

As jy die meeste mense vra of hulle sal dieretuin toe gaan en in die leeu-hok instap, is die antwoord NEE. Hoe verskil dit van om Suid Afrika toe te kom vanuit die buiteland?

Dries du Toit ·

Dit is tragies om te dink ons moet hierdie ministers se salarisse betaal om absolute snert soos die kwyt te raak

Hanna Hoekom ·

Wanneer jy 24/7 deur lyfwagte opgepas word, lyk die realiteit seker bietjie anders…

Johan Swart ·

Wat moet ek doen om te kan verander van landsburger na”toeris” …?

…ek wil ook veilig wees.

Simon ·

Ontslae raak van die ANC..EFF en al ander corrupt persone in SA

Msp ·

Die reenboog nasie het by Mandela begin en is daarna saam met hom graf toe. JP, jou voorstelling van so ń lys is ń wonderlike idee.

Lollie ·

Hy sê so omdat HY veilig is met al sy lyfwagte! Regtig al wat kan sê hulle is veilig. Indien jy nie lyfwagte het nie – bly weg van SA!!!
Die landsburgers is nie eers naastenby veilig in hulle geboorteland nie!

JD ·

Lekker vlug vir die wat kan , vir die res van ons sal ons maar moet planne maak om te oorleef , ons sal seker eendag opstaan uit die as wanneer die gierigheid end kry en daar niks meer oor is nie , sterkte aan al die wat nog moorde gaan beleef !!!

Kallie ·

Die res van “ons” is maar magteloos en sal toesien hoe geliefdes en bekendes om “ons” afgemaai word. Die gierigheid sal erger word en war lords gaan oorneem. Die SAPS is nutteloos en hardloop weg. Somalia is “ons” voorland.

GL ·

To all tourists wishing to visit SA. You are not safe in south africa and to the local thugs/murderers considered to be an easy target. Please be warned that this is a fact and I hope it saves someones life.

Me too ·

Thanks the warning G L , was planning my Holliday for gauteng capetown etc, but on the news i can see andrieesstreet burning with garbage and people murdered, i was there the past 8 summers but in 50 years S A wil not see me Again!!!!(i was robbed as well)

Harry ·

Shame, you must be very depressed? We feel very safe and so do all the tourists who visit us here in the Whale coast region – this is one of the questions that tourists answer in their reviews by Booking.com, and none of them ever seem to feel unsafe.

Iens ·

Verstaan nie Harry se kommentaar nie. Is die Whale coast region soos bv Hermanus?
Ek weet ek klink nou dom.

spyker ·

43 moorde oor n naweek in Kaapstad…..Kaapstad 11de gevaarlikste stad ter wereld…..Waar sit JP Smit(h) meneer in beheer van veiligheid en sekuriteit in die Wes Kaap ? Veilig by die netbal wereldbeker in London…..spreek boekdele van die DA ” If you can’t beat them join them” Wel gedaan

GL ·

Not at all depressed thanks Harry but thanks for caring , I hope your comment gives Ivan’s family some comfort.

John ·

Neef, van watter Harry’s is jy familie? Selfs die lieflike Hermanus en Hemel ‘op’ Aarde begin krake wys. Die toeriste voel so veilig danksy jul skyn-woorde dat hulle selfs met bootjies tot by walvisse roei om te kyk of die seemonster gisteraand tande geborsel het… so slim soos net Europeèrs kan wees…. toerbusse vol breinkrag… en koopkrag… en tjoep, bly hulle weg na een nare ervaring… die blèrrie Afrikaners se skuld… alweer…

Antoinette ·

Hou asb op LIEG vir die buiteland!!!! Dit is NIE veilig nie. Hoeveel toeriste is nie al oor die jare beroof, aangerand en/of doodgemaak nie? Maar nee, hul is tog te bang hul “beeld” word in die buitewêreld geskaad. Ons leef mos in ‘n Utopia hier in SA…. Ek en soveel ander stuur gelukkig sulke tipe artikels die buiteland in met die hoop dat toeriste twee keer sal dink voor hul hierdie misdaadhool besoek.

Hettie ·

Veilig ! Die polisie is van die grootste skelms ,hulle sal nie die moordenaars vang nie want hulle voorsien hulle van wapens ! Sal mos nie hulle inkomste stop nie !

GL ·

No not depressed Harry but thanks for caring. I hope your comment is a comfort to the family of the murdered tourists.

Willem Grobler ·

Jaaaa minister. En Eskom gaan die ligte aan hou…

E ·

Tourists Beware
Crushing death and grieve awaits you in this cursed country. Where the fool and the charleton hold sway, and the murderer and maimer ride Ceasar’s chariot.

Magaretha van heerden ·

Net baie naiewe mense sal die minister se leuens glo. SA is totaal onveilig vir enige wit mens. Hulle vra nie eers of jy n Suid Afrikaanse Boer of n toeris is nie. Maak dood is Malema se moto.

George ·

BELAGLIK!!! Dink hy die publiek is regtig sooooooo onnosel!!!

Ignatius ·

Ons kan praat soveel ons wil, daar is niks wat ons kan doen om dit te keer nie. Wie gaan dit keer is die vraag? Wie gee die opdragte, daar is n mag benede almal en hulle moet gekeer word? Miskien het die ANC regering n oplossing? Lol

Chris ·

Dit is net die wat 24/7 omring is van veiligheidswagte wat hulself kan vertel die land is veilig. Hierdie land is verby die punt waar hy reggeruk kan word. Misdaad regeer SA

Jax ·

Veilig se dinges! Veral vir toeriste – wil mos heeltyd townships toe en loop oop en bloot rond Met duur tegnologie om hul nekke en in hul hande.
Maar dan moet ek bysê – Suid-Afrikaners is net so stupid! Los hul selfone en beursies oop en bloot. Laptops en tablette lê voor n oop venster waarvandaan dit maklik gegryp gaan word. Los hul asdromme buite en naby hekke waar dit maklik kan gebruik word om oor n muur of hek te klim.

Danie ·

Natuurlik is SA veilig vur toeriste.
Jy vlieg Jhb toe, van daar af Skukuza toe, huur n motor, ry die wildtuin plat en vlieg weer huis toe.
En die beste van alles, is dat daar min plaaslike mense is. Hulle sit almal bewend toegesluit in hul huise. Te bang om te leef.

Inge ·

Harry, I take it you are being sarcastic. Who still feels safe in this country??? You may still walk the streets at night in the whale coast region, dusk we lock the doors of our house on the farm. I warn all family and friends from overseas about coming here. Why should they spend their money in a country that cannot guarantee their safety?

Boer-in-die-Wind ·

Ek het onlangs gelees dat SA na ‘n internasionale studie aangedui word in die eerste plek vir ‘Unsafest countries for women to tour alone’. So Minister, selfs die buiteland weet jy lieg.

Ons bly tans tydelik in die buiteland – en nee Minister ek gaan nie my gewete verkrag en vir buitelanders wat vra vertel dat SA veilig is nie.

U opmerking: “Ons doen ‘n beroep op gemeenskappe om diegene wat ons land negatief wil uitbeeld, eenkant toe te skuif…….” Dit is te laat Minister, ons is lankal eenkant toe geskuif, so ons kan onbevreesd die waarheid verkondig.

Lemoenskil ·

Die negatiwiteit in hierdie kommentare is verbysternd. Mense, moenie vergeet om te leef nie. Mens kan nog baie goed lewe in Suid-Afrika. Ons gesin doen, want ons wíl.

LHS ·

Arme suurlemoenskil, ons almal weet dagga is nou wettig, maar regtig, vat dit maar in klein hoeveelhede. Dinge lyk blykbaar ietwat anders as jy gerook is.

Marais ·

Was dit nie Joseph Goebbels, Hitler se minister van propaganda wat gese het “If you tell a lie enough and keep repeating it, people will believe it”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.