SA Toerisme wil Tottenham-‘oopvlekker’ ondersoek

Logo van die sokkerklub Tottenham Hotspur (Foto: IAN STEPHEN / Pro Sports Images Ltd / DPPI)

Die Suid-Afrikaanse Toerismeraad het nou ’n forensiese ondersoek gelas nadat die raad se besprekings rakende ’n voorgestelde borgskap van die Britse sokkerspan Tottenham Hotspur verlede week aan die media uitgelek het.

Dié ondersoek volg kort nadat die portefeuljekomitee vir toerisme in die parlement Dinsdag tot SA Toerisme (SAT) se spyt gelas het dat die voorgestelde borgskap van R1 miljard met onmiddellike inwerkingtreding gekanselleer word.

Die DA sê nou die feit dat die raad ’n ondersoek na die fluitjieblaser wil gelas, is absurd.

“Die enigste ‘forensiese ondersoek’ wat hier gedoen moet word, is na die onderhandeling self en wie daarby sou gebaat het,” sê Manny de Freitas, die DA se woordvoerder oor toerisme.

Volgens SA Toerisme se raad het hulle op 27 Januarie vir die eerste keer ’n aanbieding aangehoor oor ’n “bemarkingsgeleentheid” by Tottenham Hotspur FC. Die raad het dié voorstel glo toe voorwaardelik goedgekeur op voorwaarde dat daar later samesprekings met die minister van toerisme, die departement van toerisme en die tesourie sou geskied.

Die omstandighede rakende die voorgestelde borgskap het egter uitgelek voordat die raad enigsins met dié beraadslagingsproses kon begin en ’n finale besluit geneem kon word, aldus die raad.

De Freitas sê die DA veroordeel die raad se forensiese ondersoek ten sterkste. “Veral gegewe die lot van fluitjieblasers in Suid-Afrika en hul rol om korrupsie oop te vlek. Daar is ’n onetiese kultuur van oopvlekkers wat verstoot word en wat SAT doen, is gevaarlik.”

De Freitas glo ook die raad se optrede is heeltemal misplaas. “Dit versterk die idee dat indien hierdie inligting nié uitgelek het nie, hulle met die borgskap sou voortgaan en dit heel waarskynlik môre by die staatsrede sou aankondig.”

Pres. Cyril Ramaphosa het egter kort ná die nuus oor die voorgestelde borgskap gebreek het, gesê hy steun nie die onderhandeling nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Corne123 ·

net sodra ek dink ek als gehoor kom da nog iets .So hulle sal eerder die geld mors as om vir honger mense te sorg maar steeds stem hulle hulle in nee wat geen salf te smeer nie

Suzette ·

Tipies.
Ek stem saam dat dié wat hierby sou baat vind ondersoek moet word – duidelik verskuilde agenda. Ek het lanklaas in my lewe sulke klomp korrupte en skelm mense bymekaar gesien soos in ons regering…

Republikein in die Wes Kaap ·

Die waarheid sou in elk geval in die finansiële state onthul word.

Annatjie ·

Dan was dit reeds te laat, want finansiele state kom eers omtrent uit 18 maande na die jaar verstryk het en dan was daai geld weg!

domheks ·

En so gaan korrupsie maar net aan en aan en aaaaannnn! Die mini-ster moet maar pa/ma staan vir haar departement. Nou trek sy skouers op??

Sonblom ·

Ek is nou so kwaad ek moet in hoofletters skryf. ONS LAND SIT MET ‘N HOË WERKLOOSHEIDSYFER, DAAR IS NIE GENOEG SKOLE VIR AL DIE KINDERS NIE, DIE OU MENSE SE SASSA IS OM VAN NAAR TE WORD, DIE STAATSHOSPITALE IS HOLE, ONS PRESIDENT EN MINISTERS GAAN BEDEL GELD BY ANDER LANDE, EN SO KAN EK AAN GAAN. HOEKOM ‘N ANDER LAND SE SOKKERSPAN BORG EN DIT NOGAL MET 1 MILJARD RAND? SORG VIR SA EERSTE!!!

Gert ·

Hulle behoord mos te weet dat “Fluitjie blaas” grootliks deel is van sokker.

Althes ·

Los fluitjieblasers uit! Ons is sat daarvan dat julle kosbare belastinggeld mors vir jul grille en gierw.

Di ·

Wys mens net die intelligensie van sekeres in die Parlement en hoe SKELM hulle werklik is. Vir hulle EIE skelmstreke wil hulle nou ‘n ondersoek laat doen om uit te vind WIE die waarheid uitgelek het. PATETIES

Niklaas ·

Daar is nou ‘n groot groep suur mense , wat drome van baie miljoene gekoester het. Nou is hul planne gefnuik. Maar net volgende maand is daar weer briljante idees wat na vore kom.

Nommer 7 ·

Ek hoop die doel is om aan die fluitjieblaser ‘n “employee of the month” toekenning te gee.

Murray ·

Ek dink ons moet die Toerisme raad se akroniem oorneem. Ons SAT vir korrupsie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.