Saak eindelik na hof ná matriekmeisie se dood

Marilize Nortier (18). (Foto: Facebook)

Meer as ʼn jaar ná die dood van Marilize Nortier, ʼn 18-jarige meisie van Oudtshoorn, verskyn die man wat daarvan beskuldig word dat hy verantwoordelik is vir haar dood, binnekort vir die eerste keer in die hof.

Kapt. Louis Visser, polisiewoordvoerder op Oudtshoorn, het gesê die man moet op 26 November in die hof op die dorp verskyn.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het vroeër bevestig dat die man sal tereg staan op aanklag van strafbare manslag, asook versuim om hulp op ʼn ongelukstoneel te verleen. Die dagvaarding om in die hof te verskyn is reeds op hom beteken.

Marilize is op 22 September verlede jaar dood toe die BMW waarin sy ʼn passasier was, omgeslaan en in ʼn watersloot buite die dorp te lande gekom het. ʼn Verbyganger het vroegoggend op die toneel afgekom, oënskynlik ure nadat die ongeluk reeds gebeur het. Die persoon het hulp ontbied.

Marilize Nortier (18). (Foto: Facebook)

Marilize was nog in haar sitplek vasgegordel, maar die motorbestuurder was nie op die toneel nie. Hy het wel later, nadat die polisie intussen ook ontbied is, weer daar aangekom.

Die nadoodse ondersoek het bevind Marilize het veelvuldige beserings opgedoen en is dood weens verdrinking.

Haar pa, Morné, het vroeër die afgelope jaar as ʼn nagmerrie bestempel. Hy het ook gesê hy is dankbaar dat daar nou eindelik vordering met die saak gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JM ·

Só hartseer en onnodig. Is bly dat die man moet boet, maar dit gaan nie hierdie meisie terugbring nie. Dit moet hel wees vir haar ouers.

johanf ·

Beide sy, net paar maande uitmekaar en verskillende geleenthede,…..

Daleen ·

Chris dupreez al ooit van haarkleurmiddel en grimering gehoor?

Sarel ·

Mens ly aan skok waneer so iets gebeur. Sal die saak dophou maar sonder veroordeling.

Sharon ·

RIP Marilize. Hopelik sal Heling nou kan begin. Tragiese onnodige dood. Gods vrede vir almal

Pieter J ·

Watter laakbare optrede om die beseerde meisie in die kar te los om te verdrink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.