ʼn Sakeman wat deur inwoners van GaRapitsi daarvan beskuldig is dat hy verantwoordelik is vir die moorde op ʼn jong paartjie van die gebied, se sakeondernemings, huis en ander besittings is Donderdag aan die brand gesteek.
Maroela Media het vroeër berig Nius Malatjie (21) en Lucia Malapane (18) se liggame is Dinsdagmiddag in hul huis aangetref. Hul buurman, wat ook Malatjie se werkgewer is, het gaan ondersoek instel nadat hy nie by die werk opgedaag het nie.
Hy het die paartjie dood in ʼn slaapkamer aangetref, terwyl hul eenjarige baba huilend by hulle in die vertrek gelê het.
“Na bewering het ʼn groep inwoners van die nedersetting die sakeman se winkel en een van sy voertuie aan die brand gesteek. Hulle is daarna na die huis, waar hulle dit afgebrand het. Hoenders, bokke en varke is doodgemaak voor die verdagtes van die toneel gevlug het,” het brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, gesê.
Alles in die huis is verwoes.
Dit is nie duidelik waarom die sakeman van die moorde verdink is nie.
Lt.genl. Nneke Ledwaba, polisiehoof in Limpopo, het die boendoegeregtigheid veroordeel en inwoners gemaan om nie die reg in eie hande te neem nie.
Ledwaba het ook ʼn beroep op inwoners met inligting oor die voorval gedoen om na vore te kom. ʼn Saak van brandstigting en opsetlike saakbeskadiging is aanhangig gemaak.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Die gemeeskappe weet gewoonlik meer as die polisie van ou Hatter. En hulle weet niks gaan gebeur met die moordenaar nie
Nee kyk, ek dink ons moet maar gaan kers opsteek by die mense. Maak net seker jy het wel die skuldige persoon. Mens wil nou nie onskuldige mense te na kom nie
Mag ons dit doen nee en ons sal ook nooit.
Geen probleem dat hul reg in eie hande geneem het nie, geen arrestasie of hoe haa nie
Sulke primatiewe gedrag, selfs die arme diere moet ook boet, hoop nie ons daal ook tot op daardie vlak nie.