Sakevrou in hof vir belastingontduiking

Argieffoto (Foto: VBlock/Pixabay)

’n Sakevrou wat na bewering die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) met meer as R17 miljoen bedrieg het, het Woensdag in die Pretoriase gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn.

Jaqueline Legoabe, die direkteur van Titan E Services (Pty) Ltd, is op dieselfde dag wat sy in die hof verskyn het in hegtenis geneem.

Die SAID het met haar inhegtenisneming saam met die ondersoekdirektoraat (OD) gewerk.

Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die OD, sê Legoabe staan tereg op aanklagte van bedrog en die oortreding van die Wet op Belastingadministrasie. Haar aanklagte spruit uit die ontduiking van persoonlike en maatskappybelasting van sowat R17,7 miljoen tussen 2015 en 2020.

“Sy staan tereg op 30 aanklagte van bedrog omdat sy na bewering versuim het om haar eie en die maatskappy se inkomstebelastingopgawes te verklaar,” bevestig Seboka.

“Die beskuldigde was wetlik verplig om ’n jaarlikse belastingopgawe vir die tydperke (2015-2020) in te dien, ingevolge die Staatskoerant.”

Legoabe is op borgtog van R10 000 vrygelaat en sy sal na verwagting weer op 28 Maart in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Stofdonkie ·

Hy is bietjie verhewe bo vervolging, nes die vorige president wat steeds ook nie vervolg is nie

Casper ·

Amalia die versoek van die EFF dat die PHALA PHALA saak weer ondersoek word is van die hand gewys deur die speaker dit na die verdoemende verslag deur die kommitee.Ek wonder net of sy by Eskom gewerk het want sy het mooi geleer.

Aggie ·

Is daar nie ‘n vlugrisiko vir diesulkes nie. Moes sy haar paspoort inhandig? Mag sy vryelik rondbeweeg, of is sy ingeperk tot haar huIs? Is daar meelopers? Sonder sulke tipe inligting is die berig redelik yl.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.