SAL-sakeplan weer uitgestel

(Foto: Facebook)

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se krediteure het nog ʼn uitstel vir die bekendstelling van die lugdiens se sakereddingsplan goedgekeur.

Die DA het vroeër gevra dat dié uitstel verwerp word.

Dit is nou die vyfde keer dat die bekendmaking van die plan uitgestel word.

Alf Lees, ʼn DA-lid van die parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge (Skoor), sê sakereddingspraktisyns Les Matuson en Siviwe Dongwana het gevra dat die bekendstelling nou eers op 15 Junie gedoen word nadat vakbonde kapsie gemaak het teen die bestaande plan en bykomende tyd gevra het om insette van die regering te kry.

“Die jongste uitstel maak ʼn bespotting van die sakereddingsproses en ons is onthuts dat Matuson en Dongwana voor die druk van vakbonde geswig het.

“Die DA het die SAL-sakereddingsproses uit die staanspoor bevraagteken en dié jongste vertraging is bevestiging dat die sakeredders nooit in beheer van die proses was nie,” het Lees gesê.

Volgens die Maatskappywet moet ʼn sakereddingsplan 25 dae nadat die sakereddingspraktisyns aangestel is, voorgelê word. Dié sakeredders het nou reeds ses maande gehad om hul plan aan krediteure voor te lê, het Lees gesê.

Die hele proses moes reeds op 5 Maart afgehandel word.

Die DA sê die voortgesette vertragings en uitstelle skep vrae oor die geldigheid van die sakereddingsproses en die party het nou vir ʼn hersiening daarvan gevra.

“Die SAL kan nie gered word nie tensy ʼn private belegger gevind word en moet gelikwideer word. Die DA gaan enige poging van die ANC-regering om nog belastinggeld in ʼn ydelheidsprojek te stort wat nie enige bydrae tot Suid-Afrika se kwesbare ekonomie lewer nie, teenstaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Marius ·

Maak die put toe as hy nie meer water kan gee nie is dit net n gevaar

Fedup ·

There is no plan.
Just snother excuse to milk some dried up cow.

Frank ·

MM, daars een belangrike sinnetjie wat ons sou wou hoor en dit is waar die “sakeredders” se rekening huidiglik staan…. Hopelik word hulle nie per dag betaal nie, maar per uitkoms gelewer (baie onwaarskynlik).

Pieter ·

Vat gordhan en julle staats amptenare se pension geld en red die SAL los ons belasting betalers se geld uit. Laat hy net aan die ANC en sy kaders behoort. Ons sal ander lugrederye gebruik dankie

BoerSonderRoer ·

Verkoop SAL aan al die bemagtigings maatskappye. Almal wen.

Rodger17 ·

Maak lang storie kort!Laat gaan sakeredders,en eis van die vergoeding terug want hulle het niks gedoen nie.Verkoop al die vliegtuie en betaal skuld en personeel.As daar R3 oor bly,gee dit vir die vakbonde!

JohanR ·

Vra vir Ethiopian Airlines om te hulp. Lyk my hulle weet darem hoe om ‘n lugredery te bestuur. Maar dan het hulle seker nie ‘n Dudu Myeni, ‘n Jacob Zuma en ‘n paar Gupta’s gehad nie. Het Ethiopia ook nuttelose vakbonde, ‘n SACP, en ‘n ANC? Suid Afrika is soos dae plant wat alles net insluk, en opvreet!

Kobus ·

En so wil hulle ons Expats dwing om net met SAL te vlieg as ons wil huistoe kom. Dink hulle regtig die 2000 plus mense wat tans in die buiteland sit gaan genoeg geld inbring om hulle te red?

Vrijburger ·

En dan is daar expats, soos ek, wat al jare lank as ‘n beginselsaak weier om met SAL te vlieg.

Willem ·

Daai sakeredders is dik in die geld sonder dat daar n redding was

Stefan ·

Die plek is BANKROT!
As saa gered kan word is ek seker kan ons die dooies ook opwek.

Grassie ·

Daar is duidelik ‘n skaakmat-situasie in hierdie hele aangeleentheid. Die saak kan nie gered word nie, die sakeredders (?) wil dit likwideer maar die vakbonde en regering weier. Ek dink die regering het twee redes vir hul besluit, As die SAL val is dit klinkklare bewys dat die ANC-regeringsleiers en kaders dit gesink het weens hul onbevoegdheid en plundering. Dan is daar ook die gratis gerondritsery deur al hul “hoogwaardigheidsbekleërs” daar voor in die vliegtuig waar die sjampanje bedien word. Ander lugrederye gaan nie pasellaritte toestaan nie.

Magda ·

Nee dit is nie druk nie, dit is weereens n bewys van hulle ONBEVOEGDHEID – kan nie vir hulle self dink nie en doen alles wat almal se. Maak die plek toe en stop om ons hardwerkende geld te mors ASB.

marius ·

Kry die skuldeisers om die plek gedwonge te likwideer en kry klaar met die gemors .

Oujongvrou ·

Die unies wat so baklei dat die gesinkte skip oop bly moet maar die werkers begin betaal en die SAL oorneem. Hulle het mos al baie geld uit die lede getap. Want wat verstaan hue nie. Dis BANKROT

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.