SAL-skeidingspakkette: ‘Dis al geld wat daar is’

(Foto: Facebook)

Die departement van openbare ondernemings het Dinsdag gesê hy gaan nie enige verdere eise van vakbonde oor die afleggingsproses wat deel vorm van die sakereddingsproses by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) duld nie.

Die departement sê hy het vakbonde se kommer oor die getal mense wat afgelê gaan word Vrydag met die metaalwerkersvakbond Numsa, die Suid-Afrikaanse Kajuitbemanningsvereniging (Sacca) en die Suid-Afrikaanse Vlieëniersvereniging (Saapa) bespreek.

“Hulle kommer het gehandel oor die getal mense wat afgelê gaan word en die waarde per werker van die voorgestelde vrywillige skeidingspakket,” het die departement gesê.

Ingevolge die voorgestelde plan gaan 1 000 werkers uit die huidige nagenoeg 5 000 behou word om ʼn nuwe lewensvatbare, volhoubare en mededingende lugredery op die been te bring wat plaaslike, streeks- en internasionale vlugte kan bedryf.

R2,2 miljard is begroot vir afleggingspakkette.

Die departement het benadruk dat hy gegewe SAL se benarde geldelike situasie nie in ʼn posisie is om “aan enige verdere eise vir bykomende voordele van sekere vakbondleiers toe te gee nie”.

Die departement volstaan by die R2,2 miljard waarvoor begroot is en sê dit is die beste wat hy kan doen terwyl enorme finansiële druk in hierdie stadium op die staatskoffers geplaas word.

Die pakket bestaan onder meer uit ʼn week se salaris vir elke jaar gewerk, ʼn kennismaand se salaris, ʼn dertiende tjek, uitbetaling van verlof en ʼn terugwerkende salarisverhoging van 5,9% waarop ooreengekom is nadat vakbonde verlede jaar met ʼn verlammende staking by die redery begin het.

SAL is ʼn maand later in sakeredding geplaas.

Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, was tot dusver ʼn uitgesproke voorstander daarvan om die rederye in ʼn winsgewende onderneming te probeer omskep, eerder as om dit te laat likwideer.

“Dit is belangrik dat ons verseker dat ʼn redery wat verrys uit die sakereddingsplan nie belas sal word deur onvolhoubare ooreenkomste nie,” het die departement gesê.

Hy het ʼn beroep op vakbonde gedoen om onder mekaar oor die voorstel, waaroor op 14 Julie gestem word, te vergader.

Vier vakbonde het reeds aangedui dat hulle lede die vrywillige skeidingspakkette sal aanvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Die Wolf ·

As dit ek was vat ek wat ek kan. Vorentoe gaan daar niks wees nie.

Sarel ·

Onthou die Valbond mense verloor nie hulle werk nie dit is dir werkers wat verloor.
Jy verloor al die pad. Vakbonde o derhsndel te vinnig….niecmeer geld nie se voet…..
Drie weke vir elke jaar se werk of ek bly waar ek is. Ek het my laat ly deur 1. Vakbond en 2. Omdat ek gatvol was.
Die vakbonde moet aandring daarop dat die persone verantwoordelik vir die gemors tot verantwoording geroep word en verantwoordelikheid dra maar niks gebeur nie. Vakbonde kop on een mus met Regering.

Chris ·

Baie slim! jy sal nog leer dat geld nie uit die hemel uit val nie

Sarel ·

Die werkers word gedryf tot moedeloosheid en esluit om te loop diecoudste en goedkoopste manier vsn mensevontslae raak

JohanR ·

Kan al die belastingbetalers wat die SAL oor die laaste 26 jaar moes uit nog ‘n verknorsing uit red, ook kom bakhand staan?

Yvonne ·

Wie het alles so verwoes….nou huil hulle en betoog en skop stof op….gaan huil by die aandadiges…..hulle beplan nog baie meer

Kokerboom ·

Vakbonde veral linkses, meer bekommerd oor ledegeld wat hul gaan verloor. Ekonomiese realiteite is begrippe wat vaag is vir hulle. Vraag is net hoekom diskrimineer die Dept teen 22000 van Edcon werkers asook 1800 van Game werkers wat ook ekonomies netso belangrik is en ook aflegging in die gesig staar…om net ‘n paar te noem. Ek hoop Min Mboweni laat NIE toe dat min Gordhan sy fantasiedrome uitleef WEER met belastinggeld!!!

Jakes ·

Die SAL en Eskom se benarde situasie is n direkte gevolg van die aanstelling van personeel na willekeur en dat elke persoon wat n werk gesoek het dadelik geholpe geraak het. Onbevoegde bestuur was van meet af die hoofrede en is die huidige penarie die eindproduk. Feitlik elke lugredery ter wereld moes mense afle en waarom dan sal dieselfde lot nie ook in SA van toepassing wees nie? Veral gegewe die feit dat gans te veel mense by hierdie staatsentiteite werksaam is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.