SAL, stakers bereik ooreenkoms

(Argieffoto: AP Photo/Themba Hadebe)

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het pas bekend gemaak dat ʼn skikking tussen die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en stakende vakbondlede bereik is.

Die metaalwerkersvakbond Numsa en die Suid-Afrikaanse Vereniging van Kajuitpersoneel (Sacca) het verlede week by die SAL en sy tegniese afdeling, SAAT, begin staak.

Die KVBA het in ʼn verklaring gesê ʼn ooreenkoms is Vrydag omstreeks 12:00 bereik. Hy het egter nie uitgebrei oor die besonderhede van die skikking nie.

“Die KVBA sal aanhou om ná die dispuutoplossingsproses steun aan die betrokke partye te gee om hulle te help om deur sommige van die onderliggende kwessies en uitdagings te werk. Dit is belangrik om arbeidsverhoudinge te bou ter wille van vrede in die werkplek.”

eNCA het berig die National Transport Union (NTM) het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn loonverhoging van 5,9%, terugwerkend tot April vanjaar. Die verhoging tree egter eers in Februarie aanstaande jaar in werking.

Die NTM se lede het nie aan die staking deelgeneem nie.

Die SAL het sy werkers gister ingelig dat hy nie sy salarisverpligtinge op die geskeduleerde betalingsdatums sal kan nakom nie. Zuks Ramasia, waarnemende uitvoerende hoof van die SAL, het gesê die lugdiens is steeds in ʼn kritieke en sensitiewe proses om R2 miljard werkskapitaal van finansierders te bekom om sy dag-tot-dag‑bedrywighede te finansier.

Die SAL het honderde vlugte gekanselleer sedert die staking Vrydag begin het. Die staking het die redery boonop sowat R50 miljoen per dag gekos.

Die staatsinstelling het in 2011 laas ʼn wins getoon, terwyl die regering die afgelope drie jaar nagenoeg R20 miljard aan die SAL bestee het.

Tlali Tlali, woordvoerder van die SAL, het gesê ʼn mediaverklaring oor die skikkingsooreenkoms sal binnekort uitgereik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Riaan ·

Die ANC lieg al dieselfde beloftes van 1994 af en die dom goed glo en stem nog vir hulle. ‘n Paar nuwe onnoselles glo nou die EFF.

sannie ·

Waar werk jy Riaan onthou net jy kan ook jou werk verloor want jy is’n wit man. Dink wat jy sê jy kan op ‘n Vrydag tot Maandag in die tronk sit met jou los mond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.