Sama bevestig: NGV is onbekostigbaar

Argieffoto (Foto: Shutterstock)

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) het die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, ingelig dat die Suid-Afrikaanse gesondheidsorgstelsel nie gerat is vir die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) nie.

Dr. Mvuyisi Mzukwa, voorsitter van Sama, het opnuut daarop gewys dat die NGV versuim om verskeie uitdagings soos personeeltekorte of personeel in die staatsgesondheidstelsel te takel, en as ʼn finansieringsmodel, het die NGV nie voldoende finansiering vir personeel nie.

“Die kantoor vir die gesondheidsombudsman het sedert 2016 ook begin sukkel met personeeltekorte. As ʼn gevolg is slegs 148 van die 307 hoë en uiters hoërisiko-klagtes teen die departement van gesondheid sedert 2018 opgelos,” sê Michele Clarke, die DA se skaduminister van gesondheid.

“Sama en die voormalige gesondheidsombudsman, prof. Malegapuru Makgoba, het van die DA se grootste kommernisse met die NGV aangeroer, naamlik bestuur en korrupsie.”

Makgoba het die kwessie aangeroer dat die departement nie enige bekwame leiers of bestuurders het om die NGV te bestuur nie.

“Ongelukkig is dit byna seker dat minister Phaahla hom doof sal hou vir die ernstige besware wat aangeroer word deur dié hoogs gekwalifiseerde kenners. Hy, en sy departement en die ANC-meerderheid in die portefeuljekomitee oor gesondheid het sekerlik gekies om die menings van mediese professionele persone, gesondheidskenners, belanghebbendes, opposisiepartye en die algemene publiek te ignoreer wanneer dit kom by die chaos wat die NGV sal veroorsaak in die gesondheidsbedryf.”

Suid-Afrika kan nie die NGV bekostig nie.

“Die koste aan ons fiskus, ons oorbelaste belastingbetalers, ons mediese professionele persone en ons pasiënte is eenvoudig te hoog. Om voort te gaan om dié onetiese wetsontwerp op Suid-Afrikaners af te dwing, wys dat die ANC nooit besorg was oor ons gesondheid nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Ons sal net nog geld leen om die boeke te laat klop.

Hendrik ·

Ek wonder hoeveel tyd en geld is al gemors op hierdie oëverblindery om voor te gee om die publiek se insae in regeringsplanne te kry… Die SA regering doen bloot wat hy wil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.