SA’ner wen eerste virtuele fietsry­wêreld­kampioen­skap

Ashleigh Moolman (Foto: Ashleigh Moolman, Twitter)

Ashleigh Moolman, die Suid-Afrikaanse veteraanfietsryer, het die heel eerste virtuele  fietsrywêreldkampioen geword toe sy skoonskip gemaak het in die 50 km-wedren op die digitale paaie van Watopia.

Die wedren is deur Union Cycliste Internationale (UCI) georganiseer en het op die Zwift-platform plaasgevind.

Moolman het op haar 35ste verjaardag die oorwinning behaal, boonop sonder om haar woonstel te verlaat.

Dié nasionale kampioen het die Australiër Sarah Gigante en Cecilia Hansen van Swede in ʼn tyd van 73 minute gewen. Haar beloning vir die oorwinning was ʼn reënboogtrui.

Jason Osborne het die manstitel verower deur bekende fietsryers soos Victor Campenaerts, Tom Pidcock en Edvald Boasson Hagen in sy stof te laat byt.

Die 26-jarige Duitser sal volgende jaar aan die Olimpiese Spele in Tokio deelneem. Hy gaan dan egter sy fiets vir roeispane verruil.

Osborne het Woensdag se byeenkoms in 65 minute gewen en net-net met die Deense paar, Anders Foldager en Nicklas Pedersen, afgereken.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

katerinadiekat ·

Hoe wen jy n fietsry kompetisie as jy nie eers op n fiets klim nie? Is it like an online board game?

Mad Mike die Rhodesiër ·

Lees my kommentaar. Sy gebruik ‘n oefenfiets wat aan die rekenaar gekoppel is.

Samuel ·

Veels geluk met die oorwinning, Ashleigh. Ons land is trots op jou.

Jaco ·

Mag sy dit wen? Is haar ras “reg”? Wat van raskwotas? Ek vra maar net, want 2 stelle reëls geld mos maar vir amper alles in dié anti-wit SA, met die meer drakoniese stel reëls wat vir wit mense geld.

Eend Bessinger ·

Virtuele omgewings word al hoe gewilder. Watopia is een so plek. En Ashley word deel daarvan met ‘n oefenfiets, ‘n rekenaar en ‘n internet-koppeling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.