SA’ners dok op vir 305 geskorste amptenare

(Argieffoto)

Suid-Afrikaanse belastingbetalers het die eerste twee kwartale van die jaar ʼn allemintige R130 miljoen betaal vir die salarisse van 305 staatsamptenare wat weens skorsings tuis bly. Dié amptenare ontvang egter steeds ʼn volledige salaris.

Dit is onthul in ʼn skriftelike antwoord deur die departement van staatsdiens en administrasie (DPSA) op ʼn DA- parlementêre vraag oor die aantal staatsamptenare wat tans met volle betaling geskors is en wat hierdie skorsings Suid-Afrikaners uit die sak jaag.

Thulas Nxesi, waarnemende minister van die departement, het in die skriftelike antwoord daarop gedui dat 226 amptenare op provinsiale vlak geskors is en steeds ʼn gesamentlike salaris van meer as R90 miljoen per jaar verdien. Sowat 81 van dié geskorste amptenare (36%) is in KwaZulu-Natal.

Op nasionale vlak is daar altesaam 79 amptenare geskors en hul salarisse beloop R40 miljoen per jaar.

Dr. Mimmy Gondwe, die DA se adjunkskaduminister van staatsdiens en administrasie, het uitgewys dat die skriftelike antwoord nie ʼn werklike weerspieëling van die koste van sommige van hierdie skorsings is nie en dat die algehele las op die belastingbetaler dus veel hoër as R130 miljoen is.

Volgens Gondwe is die skriftelike antwoord ook ʼn aanduiding van die dissiplinebestuurskrisis in die staatsdiens.

“In Augustus vanjaar het die departement tydens ʼn vergadering met die portefeuljekomitee oor staatsdiens en administrasie toegegee dat daar geen dissiplinêre bestuurstelsel in ons land se staatsdiens toegepas word nie. Dit het uiteraard daartoe bygedra dat staatsdepartemente versuim het om dissiplinêre sake te bestuur binne die tydsraamwerk wat deur die staatsdiensregulasies bepaal word, en sake dus veel langer neem om af te handel,” sê Gondwe.

“Die departement moet dringend ʼn dissiplinêre bestuurstrategie in die staatsdiens ontwikkel en instel wat sal verseker dat die Suid-Afrikaanse belastingbetaler nie verder belas word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Wondermaarnet ·

Lekker ne? Sit by die huis en kry volle salaris, in sekere gevalle motor/vervoer toelae en huis subsidie.

Harley Davidson ·

Ek wens die ANC regering straf die wit mense met erge apartheid reëls, gee ons tuislande, laat ons in ons eie toue staan by die bank ,afsonderlike strande ,skole en buurte om ons ‘n les te leer dan net dan kan ons verlos wees van hierdie juk en blaam waarmee ons moet saamleef en waarvoor ons elke dag moet betaal voor.

Johan ·

Wens maar voort, hulle het ons nou en sal elke sent uit ons pers.

Kokerboom ·

Droom voort. Solank jy ‘n kers is sal motte na jou kom, maak nie saak waar jy is!

Jacobus ·

Ek stem 100% saam met jou, ek weet net nie waar gaan die ANC regering dan geld kry om al die toelaes te betaal nie.

BOKKIEBEK ·

Hierdie inligting met die grooooot bedrae geld wat vermors word, maak my NAAR. Ek wil nie elke dag opstaan en gaan werk nie, ek wil ook my kinders en kleinkinders self groot maak, maar ek MOET werk, en dan word my swaaaar verdiende geld so verkwis…!!!!!!!

Mariana ·

Nee maar belastingbetalers se geld is mos nou die lekker ding vir die regering. Hulle moet vir als opdok. Selfs die diewe word steeds vergoed met belastingbetalers se geld. Dit is die boompie wat net aanhou gee, gedurig vol geld daai geldboompie. Lekker in SA, land van melk en heuning vir kriminele.

Johan ·

So R52 vir elke inkomste belastingbetaler…gemors sien ons as finansiële slawe….belastingslawe. En daar is nog mense wat dink 1994 het gegaan oor vryheid, geld dit is al.

Misky ·

Dis mos lekker om ander se geld uit te gee waarvoor jy nie werk nie. Dis om van siek te word!!!!

Kokerboom ·

Dis ‘n skreiende skande. Mense ly honger en die sleg kaders sit tuis en lag al die pad! Ek dink belastingbetalers moet nou ‘n streep trek. Laat die bestuurders wat nie besluite kan neem of hul medekaders kan dissiplineer omdat hul bang is vir gevolge of bloot net nie omgee of geen verantwoordelikheid aan die dag kan lê maar die sleg kaders betaal. OUTA tree asb tussenbeide!

Lurock ·

Tipies van ‘n kader ontplooide regering. Geen dissiplinêre stappe nie, lekker by die huis met volle betaling en alle byvoordele. So hierdie kader kan lekker vakansie hou by die see. Nou moet daar in hulle plek iemand anders wees wat die werk doen, tien teen een as waarnemend in die proses dus die geskorste persoon se salaris ontvang.
Magtag dit gaan punt in die wind, bou voort kader ontplooide regering, bou voort, julle doen so goed julle is by sleg verby.

Anel ·

Dink net hoeveel medisyne kon met daardie geld gekoop word vir mense wat dit nodig het, of opgradering van ‘n hospitaal of kliniek. Ek is al soooo moeg om van vermorsing te hoor waarvoor my hard verdiende geld gebruik word!!!

Andries ·

ek het lankal gesê skorsing moet die verbeuring van besoldiging insluit – ander word dit betaalde verlof wat juis op beloning van die wandaad neerkom.

Shakespeare ·

Wat anders het julle verwag van n onbevoegde korrupte en kriminele regering. BLM en BEE is uit die hel gestuur.

Blikke ·

Ja nee, Teen ongeveer R33 000 per maand sal ek ook glad nie omgee om by die huis te sit nie….lekker né!!!

Nico ·

Sit lekker by die huis, raak ontslae van hierdie onbevoegde mense.

Danie ·

So beplan en ooreengekom.Lekker met alle voordele wat is die eintlike doel????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.