SA’ners kan steeds nie na Spanje reis

Reisigers uit Suid-Afrika, Engeland en Brasilië word tans verbied om na Spanje te reis. (Foto: Cesar Manso/AFP)

Spanje het Dinsdag sy reisverbod ten opsigte van Suid-Afrika, Brasilië en Brittanje tot 2 Maart verleng weens die nuwe variante van die Covid-19-virus wat in dié lande voorkom.

Slegs wettige inwoners of burgers van Spanje en die mikrostaat Andorra word in hierdie stadium toegelaat op vlugte van die drie lande.

Die beperking op reisigers van Brittanje is reeds aan die einde van Desember ingestel, terwyl die verbod op reise uit Brasilië en Suid-Afrika op 3 Februarie in werking gestel is.

Spanje se kabinet het Dinsdag ooreengekom om die verbod vir nog twee weke te verleng, het die minister van gesondheid, Carolina Darias, gesê.

Dit is die vierde keer dat Spanje sy reisverbod ten opsigte van Brittanje verleng.

Ander Europese lande het weens vrese dat die nuwe variante makliker kan versprei of mutasies bevat waarteen die entstof nie beskerm nie, ook verbodsbepalings ingestel op reisigers van die drie lande.

Spanje het Vrydag die eerste geval van die Brasiliese variant bevestig, terwyl minstens twee gevalle van die Suid-Afrikaanse variant en 479 gevalle van die Britse variant reeds opgespoor is.

Amptenare vermoed die Britse variant kan teen Maart die oorheersende stam in Spanje wees.

Spanje is besonder swaar getref deur die pandemie en het reeds meer as 62 000 sterftes en byna drie miljoen virusgevalle tot dusver bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Genis ·

In SA is daar ook n ANC korrupsie variant oppas Spanje… Wat my dom slaan, is SA die enigste met n variant Covid?

Kokerboom ·

Enige variant van korrupsie word in SA gefabriseer!!!Skokkend..’n SA variant!!!!NET SA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.