Sanger Johnny Clegg oorlede

Johnny Glegg (Foto: Real Concerts)

Die sanger Johnny Clegg is Dinsdag in die ouderdom van 66 oorlede.

Clegg is in 2015 met pankreaskanker gediagnoseer, berig eNCA. Clegg se bestuurder het aan EWN bevestig die sanger is vanmiddag oorlede.

Clegg is ‘n Britsgebore Suid-Afrikaanse Afropop-musikant en voormalige anti-apartheidsaktivis. Hy was ‘n lid van die musiekgroepe Juluka en Savuka. Hy het ook bekendgestaan as Le Zoulou Blanc (die wit Zoeloe). Sy treffers het “Scatterlings of Africa”, “Impi” en “Spirit of the Great Heart” ingesluit.

Verskeie eredoktorsgrade en humanitêre pryse is aan hom toegeken, onder meer die Chevalier des Arts et Lettres van die Franse regering (1991), die Orde van Ikhamanga van die Suid-Afrikaanse regering (2012) en eredoktorsgrade in musiek van die Universiteit van die Witwatersrand (2007) en die Universiteit van KwaZulu-Natal (2013).

Hy is op 7 Junie 1953 in Bacup, Lancashire in Engeland gebore. Hy het hom in 1965 in Johannesburg gevestig waar Zoeloe-straatmusiek en tradisionele Zoeloe-danse sy belangstelling gewek het. Hy het as jong man sy musikale loopbaan met studie in antropologie gekombineer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Luca ·

Baie Sad. Groot Kunstenaar met ‘n “kind” hart gewees ….. het voorreg gehad om hom te ontmoet….

Michael P ·

Ja n super ster het ons verlaat. Rus in vrede John. Sterkte aan famielie en vriende

Andreas ·

Wat ‘n ongelooflike sanger wat Suid Afrika sy tuiste gemaak het en die inheems- en Afrika klanke met sy passie aan ons bekend gestel en sy eie gemaak het, ons almal inspireer het.

Johann cb ·

Nóg ‘n groot gees het ons ontval! Hy sal gemis word! Sterkte aan die familie.

Madeleine ·

Hy sal baie gemis word! Baie jammer om te hoor. Hy was n ware legende !!

Heidi ·

Baanbreker, opregte talentvolle musikant en n legend. Gaan jou baie baie mis! RIP

Aster ·

Ai ons verloor ‘n groot een! Ek was altyd so mal oor sy African beats in sy musiek. Ons gaan jou mis Johnny.

Disselboom ·

Op 12-jarige ouderdom (1953 – 1965) homself kom vestig in Afrika. Ondernemende jong man al op vroeë ouderdom. Jong emigrant.

Hannelie ·

Rus sag Johnny. Jy het lank geveg, soos n legend wat jy was.

Dries Moolman ·

Mag dieselfde van jou gese word die dag wat jy groet.

Madeleine ·

Hy sal baie gemis word! Baie jammer om te hoor. Hy was n ware legende !!

Marcus Schätzle ·

Dis interessant; ek kom uit Duitsland en hy is een van die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaars van wie ek (in 1989) gehoor het.

Krewel ·

‘n Groot gees het ons verlaat. My kinders het selfs mondelinge oor hom gedoen. Dierbaar was hy met oneindige talent. RIV.

Tarien ·

Ek stem, was ook nie n groot aanhanger nie, maar hy was baie beslis talentvol. Sy musiek het my altyd aan n bosveld naweek laat dink. Respek Johnny!!

Jakalas ·

Ek weet meer net van hom in naam en ek ken maar een of twee van sy liedjies. Mag hy in vrede rus.

Arno Scheepers ·

Dankie Johnny vir die plesier wat jy aan ons verskaf het deur soveel jare. Sterkte Jesse en die res van julle familie. Ek het die voorreg gehad om daar te wees toe jy die eeerste keer saam met jou Pa op die verhoog sing.
Johnny was n GROOT gees. Hy gaan gemis word.
Rus in vrede.

Sarie Strydom ·

Was mal oor sy musiek, baie great man gewees. Tot weersiens ou groot man……!????

Gesiggie ·

May the spirit of your great heart… live forever . RIP Johnny

Johanna ·

R.I.P Johnny. Jy is nie meer by ons nie maar jou musiek sal voortleef.

Liza ·

So hartseer, sterkte aan die familie en ja soos Gesiggie se may the spirit of your great heart live forever…….R I P Johnny…….

Rina Kotze ·

Hartseer week vir SA.

Eers James Small, toe Marc en nou Johnny!

Juis vanoggend na “Spirit of a great Heart” geluister op RSG!

Watter groot hart het hy nie gehad nie! RIV Johnny, ek glo jy laat die engele dans in die hemel.

Aan Johnny, Marc en James se naasbestaandes, my innige simpatie met jul verlies.

Dankie dat ons hulle saam met julle kon ervaar en deel in dit wat hulle kon gee!

RIP Impi ·

Rus in Vrede Johnny, jy was ‘n ware Legende wat respek vir alle mense gehad het. Jou musiek sal altyd bly voortleef.

Mag jou geliefdes vrede en aanvaarding vind. Sterkte vir julle.

E.K. die eerste ·

Interessantheidshalwe van Wikipedia: “In one instance, the band drew such a large crowd in Lyon that Michael Jackson cancelled a concert there, complaining that Clegg and his group had “stole[n] all his fans”.

MERAAI ·

Vir my was hy die Madiba van die musiekwêreld. Hy het mense saamgesnoer en grense oorgesteek waar ander nie die durf gehad het nie. Ewig beskeie, sagmoedig en met ‘n opregte belangstelling in mense het hy sy pad oopgedans en gesing in mense se harte. Jy gaan gemis word elikhulu. Ons harte is seer en die gevoel onwerklik – ‘n groot gees het ons verlaat en ‘n ongelooflike leemte gelaat. Mag jou geliefdes vetroosting vind in die getuigskrif van jou lewe- jy was ‘n legende!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.