SANParke gereed vir besoekers aan nasionale parke

Argieffoto (Foto: Robert Greene/Pixabay)

SANParke het gesê hy is gereed om besoekers te verwelkom onder die koronavirusvlak 2-regulasies, het die organisasie Sondag gesê.

SANParke verwelkom die opheffing van beperkings op interprovinsiale reise en het streng higiëneprotokol ingestel om die risiko vir die verspreiding van die virus te beperk.

Pres. Cyril Ramaphosa het Saterdagaand aangekondig dat Suid-Afrika vanaf Maandag om middernag na vlak 2 oorskuif. Dit sluit in dat die verbod op interprovinsiale reise vir ontspanningsdoeleindes, en die verbod op die verkope van tabak en alkohol opgehef word.

Fundisile Mketeni, uitvoerende hoof van SANParke, het Sondag in ʼn verklaring gesê nuwe prosedures om besoekersgetalle in die parke te bestuur, is ingestel.

SANParke se oornagakkommodasie vir interprovinsiale gaste het op 14 Augustus in meeste van sy parke oopgemaak en die fasiliteite is dus gereed om gaste te ontvang.

Hy waarsku egter dat nuwe regulasies, en SANParke-protokol, waarskynlik kan beteken dat daar ʼn beperking is op hoeveel akkommodasie beskikbaar sal wees en die publiek word aangemoedig om vooraf te bespreek.

Verdere inligting sal op www.sanparks.org beskikbaar wees sodra die regulasies duidelik gemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Prikkie ·

Dit is hoog tyd dat ons toegelaat word om die nasionale parke te besoek.

Veral in die tyd wat die parke nie deur internasionale besoekers oorstroom word nie (wat nie noodwendig sleg is nie) kan SA publiek ook ‘n slag ‘n plekkie in die son kry.

Cornelius ·

En daai leeu wag vir jou. Hy of is dit n sy lek haar lippe af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.