SAOG mag langer in Mosambiek bly

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: ANA)

Lede van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het Dinsdag die ontplooiing van sy gesamentlik magte in Mosambiek verleng.

Bykans 1 500 soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) vorm deel van dié militêre ingryping ter ondersteuning van Mosambiek teen djihadiste wat die noorde van die land teister.

Die SAOG het oor die naweek bevestig dat sy magte ʼn plaaslike djihadisteleier en 18 djihadistevegters in ʼn militêre aanval by een van hul basisse gedood het.

Die drie maande lange ontplooiing sou op 15 Oktober verstryk, maar is nou vir ʼn onbekende tydperk verleng “om voort te gaan met operasies teen terroriste en gewelddadige ekstremiste om die stabiliteit van veiligheid te versterk”.

Die besluit is tydens ʼn vergadering in Pretoria tussen die presidente van Suid-Afrika, Botswana Namibië en Mosambiek geneem.

Pres. Cyril Ramaphosa het daarop gewys dat “vordering” gemaak is om Mosambiek te help om vrede en veiligheid te verseker.

Militante met bande met die Islamitiese Staat (IS) het die kusdorp Palma op 24 Maart aangeval. Die insurgensie het 2 600 lewens geëis en sowat ʼn driekwartmiljoen mense is ontwortel.

Die behendig beplande aanval was ʼn keerpunt in ʼn insypeling wat die afgelope vier jaar chaos in die Cabo Delgado-provinsie veroorsaak het terwyl djihadiste ʼn kalifaat daar probeer vestig.

Altesame 3 340 mense het reeds weens dié voortslepende geweld gesterf, terwyl meer as 800 000 mense sedert 2017 ontwortel is.

“Ons sal altyd daar wees om saam met Mosambiek ʼn pad te stap. Die SAOG is beslis ʼn familie wat vasbeslote is om saam met enige van sy lidlande te stap,” het Ramaphosa Dinsdag gesê.

Maroela Media het in Julie berig dat die ontplooiing van SANW-soldate vir die tydperk tussen 15 Julie tot 15 Oktober R984 368 057 beloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Werner ·

Het ons toe darem daar uitgekom.Hulle het dan nog nou die dag nog by Lohatlha gesit.Ons sal seker ook nie hoor as hulle die rook uit ons uit skiet nie.

Madz ·

NOG ‘n kanaal waar die belasting betaler se geld “verlore” kan raak…. ag asseBLIEF tog Mr Ramaphosa…. jy kan nie eens jou EIE land beveilig nie!

Harley Davidson ·

Dieselfde weermag wat nie eers die grens by beitbrug kan beskerm nie ,die weermag wat so bankrot is dat Valhalla in Pretoria so verval het dat dit soos ‘n plakkerskamp lyk ,hulle beskerm Mosambiek, moet mens lag of huil?

Baardman ·

Kyk mooi na die foto. Dan gaan hy wonder waarom sy hand afgeskiet is as die skoot afgaan.

Casper ·

Dit lyk soos ‘N LMG maar ek sien geen ammo nie.Hy werk mos met ‘n band met ammo in.

Baardman ·

Dit IS n LMG, Basiese gebrek aan wapenveiligheid, dis wat ek probeer uitwys.

Jacobus ·

Die ANC het geld om Mosambiek te help oppas maar daar is nie geld vir die Nasionale vervolgings gesag om staatskapers en korrupte staatsamptenare te vervolg nie.

SomeOne ·

saog vra die lande wat julle “probeer” beskerm om geld te gee, dan is baie al klaar opgelos

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.