Sassa waarsku oor onopgeëiste toelaes

sassa-kaart

Ter illustrasie. Foto: Sassa News/Facebook.

Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) het Dinsdag gewaarsku dat maatskaplike toelaes wat vir meer as drie agtereenvolgende maande nie opgeëis word nie, sal verval.

Die agentskap het in ’n verklaring begunstigdes aangemoedig om hulle maatskaplike toelaes op ’n maandelikse basis te gaan afhaal. Sassa het ook begunstigdes verseker dat hulle vooraf in kennis gestel sal word voordat hul toelaes verval.

Volgens Sassa het begunstigdes die geleentheid om aansoek te doen vir die herinstelling van toelaes binne 90 dae ná die opskorting daarvan.

“Indien ’n begunstigde nie binne 90 dae aansoek doen vir die herinstelling van maatskaplike toelae nie, sal die toelaag as onopgeëis geag word en daarom veral. Dit word van die begunstigde verwag om ’n nuwe aansoek vir die toelaag in te dien,” lui die verklaring.

“Wanneer begunstigdes aansoek doen om ʼn toelaag wat opgeskort is weer te laat uitbetaal, moet hulle geldige redes verskaf hoekom hulle nie gereageer het op die voorafkennisgewing dat die toelaag opgeskort gaan word nie. Die begunstigde moet ook aandui hoe hy finansieel oor die weg gekom het tydens die opskorting van die toelae.”

Volgens die agentskap moet die aansoek vir die herstel van toelaes ingedien word saam met ’n brief van Sassa wat verklaar waarom die toelaes opgeskort is.

Vir meer inligting kan begunstigdes hul naaste Sassa-kantoor besoek of die tolvrye hulplyn op 0800 60 10 11 gedurende weeksdae tussen 08:00 en 16:00 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

GM ·

S.A. sou minder probleme gehad het as SASSA-toelae net uitgedeel was aan dié wat dit regtig nodig het. Ouer mense se toelae behoort verhoog te word, gestremdes is geregtig daarop, weeskinders se versorgers ook. Daar behoort nie meer as een toelaag vir kinders gegee te word as die tweede, of derde, of vierde…kind gebore word nadat die ma/pa alreeds ‘n toelaag ontvang vir hul eerste kind nie. Dan moes voorbehoedmiddels eerder uitgedeel geword het.
As hul alreeds meer as een kind het en dan hul werk verloor, is dit ‘n ander saak.

Werk moet geskep word, mense moet opgelei word. Die belastingbetaler is al drooggemelk en die populasie groei net aan. Dis nie volhoubaar nie.

Absouut keelvol. ·

Stem saam. Ek is 65, voel nie skuldig oor Ek n sassa pensioen ontvang nie. My kinders betraal deur hul nek belasting en kry niks daarvoor nie. So ook het my man belasting betaal. Ons familie doen ons deel. Maar die parasiete staan net elke maand en ontvang- kry net. Grants- jonges staan daar met n kleintjie aan elke hand een op die rug en nog een in die oond! Ek t onlangs n gedprek gehoor agter my, toe een se, hy dink hulle moet nog n kind maak!! Vader het my behoed dat ek nie iets se nie!! Dis siek. Alles in SA is siek van 1994 af.

Gert van Wierdapark ·

Wonder maar net of oud mini-ster Dlamini ook vir ‘n ou ouderdoms-pensioentjie gaan aansoek doen?’ Toutrektoutjie en siedaar

honourable member ·

Word daar ooit seker gemaak of die mense nog leef.

Papa G ·

Ja. My moeder het verlede week haarself moes gaan toon in lewende lywe om te bewys dat sy nog lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.