Schweizer-juffrou: ‘LUR het Setswana-leerders gefaal’

werner-human-elana-barkhuizen-konferensie-2019-01-15

Op ʼn vraag oor hoekom die skool dan nie Setswana-onderwysers voorsien as daar duidelik ʼn mark daarvoor is nie, het Werner Human, adjunk uitvoerende hoof van regsdienste by Solidariteit, gesê dit is dalk juis die kruks van die hele saak. Foto: Reint Dykema.

Solidariteit het die Noordwes-onderwysdepartement gekap omdat daar nie genoegsame voorsiening gemaak is vir die behoefte aan moedertaalonderrig in Setswana in dié provinsie nie.

Dr. Dirk Hermann, die vakbond se bestuurshoof, het Dinsdag op ʼn mediakonferensie in Centurion bevestig hofstukke sal beteken word om die onwettige skorsing teen Elana Barkhuizen, ʼn gr. R-onderwyser aan die Laerskool Schweizer-Reneke, op te hef.

ʼn Rasseherrie het verlede week om Barkhuizen losgebars nadat ʼn foto wat sy geneem het van ʼn klas waar wit en swart leerders oënskynlik apart sit, soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het.

Volgens Hermann is geen formele prosesse gevolg om die onderwyser te skors nie.

“ʼn Boendoehof het haar skuldig bevind en boonop as ʼn rassis voorgehou terwyl ons beslis hier te make het met ʼn onderwysers wat net omgee. Hulle moes vyfjarige en sesjarige kindertjies wat nie Engels of Afrikaans verstaan nie, net Setswana, op die eerste dag by die skool laat tuis voel.

“Hierdie is opvoedkundiges en hulle weet dat die belangrikste is om kindertjies op ʼn eerste dag geborge te laat voel in ʼn nuwe omgewing. Die betrokke onderwyseres het so ver gegaan om haar huishulp saam te bring skool toe om vir die leerders te tolk en die klasmaats het ook gehelp,” het Hermann gesê.

Op ʼn vraag oor hoekom die skool dan nie Setswana-onderwysers voorsien as daar duidelik ʼn mark daarvoor is nie, het Werner Human, adjunk uitvoerende hoof van regsdienste by Solidariteit, gesê dit is dalk juis die kruks van die hele saak.

“Dit is die LUR se mandaat om genoegsame infrastruktuur vir skole te skep. Die realiteit in Suid-Afrika tans is egter dat daar jaarliks groter getalle leerders tot skole toetree terwyl die infrastruktuur nie uitgebou word nie.

“As iemand vra of Solidariteit Setswana-onderrig voorstaan dan is die antwoord ʼn drievoudige ja, maar dit is nie so maklik om te sê die spesifieke skool moet voorsiening hiervoor maak nie. Dit is die taak van die onderwysdepartement.”

Human het gesê onderwysers moet dan intree om die mislukkings van die regering te hanteer.

“Onderwysers moet ʼn manier vind om leerders so jonk as vyf te akkommodeer sodat hulle veilig en gelukkig voel. Ek dink nie daar was ʼn ander manier om die eerste paar uur op die eerste dag van skool te hanteer nie.

“Ek dink ons moet eerder vir mekaar vra hoe kom ons by ʼn punt uit waar elke vyfjarige onderrig in sy of haar moedertaal kan ontvang. Hiervoor moet daar eerstens ʼn politieke wil wees,” het Human gesê.

Connie Mulder, hoof van Solidariteit se Navorsingsinstituut, het die onderwyser ook verdedig.

“Ek dink hier word gefokus op die spanfoto terwyl almal die telkaart ignoreer.

“Barkhuizen, ʼn onderwyseres met 15 jaar ondervinding, is deur swart en wit ouers verdedig. Hulle het selfs erken hulle baklei om hulle kinders by haar in die klas geplaas te kry.

“Sy het net foto’s vir die ouers se WhatsApp-groep geneem en in haar eie klas sit die leerders heeltemal anders. Boonop is daar ʼn tweede foto wat minute later geneem is waar die kinders gelukkig saam werk en speel.”

Mulder het bygevoeg dat Engels dikwels ʼn nog meer onbekende taal in plattelandse dorpe is.

“Hierdie onderwyser was net die offerlam wat die LUR en politieke partye gebruik omdat hulle self tot dusver niks gedoen het om die tekortkoming in skoleinfrastruktuur of moedertaalonderrig te hanteer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Paul ·

Dan sal dit interessant wees om te weet hoeveel ander laerskole daar in die land is waar leerders, of dan kinders/kleintjie, ook ingeneem word wat gladnie die onderrig taal (of Afrikaans of Engels) kan praat nie. Dan sal ek ook graag wil weet of die onderwysdepartemente van die onderskeie provinsies hiervan bewus is en natuurlik veal die Minister van Onderwys?

Jordaan ·

Hulle is nie net bewus daarvan nie, hulle probeer dit so forseer sodat Afrikaans verlore kan gaan., aangesien Engels dan die “lingua franca” word.

Paul ·

Wat ek ook graag sal wil weet, is hierdie omstandighede, soos daar bes moontlik ook by ander skole bestaan, deur daardie skole aan die onderskeie onderwysdepartemente en hul werkswyse waaronder hulle sodanige kinders akkommodeer toegelig? Indien wel het niemand, veral van die owerhede se kant geen kritiek uit te spreek nie, al wat hulle moes doen was om te bevestig dat hulle bewus van die situasie is en dat dit hul goedkeuring wegdra.
Maar dit gebeur seker nie in die praktyk nie, neem sekere skole dan leerders, wat nie die onderrig taal magtig is nie in en dra dit die departemente en minister se goedkeuring weg? Kyk dan hoe gaan Lesufi in Gauteng tekere oor Afrikaanse skole wat nie in Engels wil onderrig nie. En kyk wat gebeur by die universiteite.

Paul ·

Wat ek ook graag sal wil weet, is hierdie omstandighede, soos daar bes moontlik ook by ander skole bestaan, deur daardie skole aan die onderskeie onderwysdepartemente en hul werkswyse waaronder hulle sodanige kinders akkommodeer toegelig? Indien wel het niemand, veral van die owerhede se kant geen kritiek uit te spreek nie, al wat hulle moes doen was om te bevestig dat hulle bewus van die situasie is en dat dit hul goedkeuring wegdra.

Maar dit gebeur seker nie in die praktyk nie, neem sekere skole dan leerders, wat nie die onderrig taal magtig is nie in en dra dit die departemente en minister se goedkeuring weg? Kyk dan hoe gaan Lesufi in Gauteng tekere oor Afrikaanse skole wat nie in Engels wil onderrig nie. En kyk wat gebeur by die universiteite.

JohanL ·

Paul, ek kan jou nie antwoord en ‘n hoeveelheid gee nie. Ek weet wel vir ‘n feit van een Afrikaanse laerskool in die Wes-Rand waar ‘n swart leerder geplaas is en die arme swart kind kan nie Afrikaans praat of verstaan nie.!!!!! Hoe kan so iets gebeur? (Dalk kan ander MM lesers hul inligting deel om Paul dalk beter te antwoord).

Die arme kind ly daaronder, maar tereg soos Jordaan skryf – die onbevoegde Onderwys Departement laat toe dat sulke dinge gebeur.

Dit sluit 100% aan by wat Werner Human reken die kruks van die probleem is – moedertaal onderrig en die Departement se gebrek om dit te respekteer.

Trots Afrikaans ·

Hoe meer hulle Engels in my keel af druk, hoe meer weier ek om dit te praat.
Ek spandeer nou tyd en energie om my taal suiwer te praat en my woordeskat uit te brei.
Ek het nog nooit so mooi Afrikaans gepraat nie.

Verder gee ek voorkeur aan enige produk wat in Afrikaans adverteer word of ‘n Afrikaanse etiket het.

Afrikaans, my taal, my erns.

Ivan ·

Hoekom neem solidariteit so lank om die verdediging in te dien.Hulle kon haar gou skors . Ek het haar bitter jammer gekry..Na die saak moet Mev.B n vergoedings eis instel.Sterkte Mev B.

Anita Boshoff ·

Die enigste mense wat ras raak sien in hierdie land is die grootmense. Vir kinders maak velkleur nie van jou die vyand nie maar eerder net my maatjie!! Dis die grootmense wat die kinders attent maak daarop dat velkleur ‘n probleem hoort te wees!! Soos in hierdie sad geval wat dit nie die kinders gepla het nie maar wel die grootmense! Word net groot!!! Julle tree soos kinders op!!!

Cherokee ·

‘…..om die onwettige skorsing op te hef.’
Dit maak nie sin nie want as die skorsing onwettig was, bestaan dit nie. Dan is daar nie ;n skorsing om op te hef nie en sy kan bloot aangaan met haar werk. Dan behoort die LUR bloot aangekla word omdat hy gepoog het om onwettig op te tree.

Frikkie Geld en huis ·

Ek dink min MM lesers sien dit uit jou oogpunt, maar dit is presies net so.

PaulV ·

Ai Cherokee, regtig; die LUR het niks “gepoog” nie. Die skorsing is reeds deurgevoer en nou moet dit ongelukkig in ‘n hof bewys word dat dit onwettig was. Net omdat ek en honderde ander glo/beweer die skorsing was onwettig, beteken dit nie dit IS so nie.

Cherokee ·

Ai Paul, wat ek sê is tog nie moeilik om te verstaan nie. Indien dit onwettig is an as sulks hanteer is, sou sy bloot aanhou werk en dit sou slegs ‘n poging wees. Indien hy nie die bevoegdheid het om haar te skors nie, is sy nie geskors nie want jy kan nie jou buurman se tuinier afdank nie.

De Villiers ·

Bevooroordeeldheid met ń rassebril waar net blankes kan fouteer, en daar is baie voorbeelde hiervan in Suid Afrika. Daar was geen, maar geen integriteit in hierdie hele saak deur die onderwysdepartement nie. Dis egter ‘n algemene kenmerk van die hele ANC en die manier hoe hulle die land regeer.

Dankie Solidariteit, dat julle die integriteit en insig het om hierdie saak te hanteer.
Me. Barkhuizen, ons staan agter jou, enduit. Sterkte.

Anoniem ·

Die besluitnemers het nie eers die lewensvaardighede om te bepaal wat is die belangrikste vir die kinders nie, moet dus nooit ooit weer Julle tekortkominge uithaal en die skuld gee vir onskuldige Juffrouens en kinders nie, wees manmoedig genoeg, om te erken dat Julle Julle plig versuim het ! Ons weet tog vandag, want dit is voor-die -handliggend dat hierdie geval slegs die spits van ‘n groot YSBERG is ! Hier kom ‘n ‘ding’,’ baie rooigesigte ???

Chris ·

Dis net jammer sy het onnadenkend daardie eerste foto gestuur, dinge kon soveel anders gewees het, maar nou is ons van al hierdie na die tyd bewus, die EFF en ANC jeugliga floreer natuurlik op populisme en hierdie sal hulle nie stop nie.

Chris ·

Net jammer van daai eerste foto wat die vonk in die kruitvat was, wat die mense aangegryp het, al was dit hoe goed bedoel, dit is ongelukkig die realiteit. Elders sien ek die EFF is vanoggend by die skool met dreigemente as hulle nie ingelaat word nie. Ons moet onthou die ANC, hul jeugliga veral, die EFF, die DA jeugliga voel ‘n veer vir Afrikaans of die wit mense, hulle gryp die geleentheid aan, ry die golf, blaas die vure aan, voor die werklike waarheid bewys is, waarin hulle in alle geval nie belangstel nie. Hulle beveg dit met hand en tand, daag die reg uit, so word die druk op die wit mense gehou.

Bekkie ·

As dit die ouers se versoek is om hulle onderrig in Afrikaans of Engels te ontvang, is dit onnodig om onderrig in Setswana aan te bied. Die skool is nie instaat om aan die Setswanabehoefte te voorsien nie. Dit is die Departement se plug.

Anoniem ·

Solidariteit moet asb nie toelaat dat die LUR Julle vinger swaaiend intimideer nie NOOIT NIE ! Volhard met Julle PLAN

GRIET ·

STEM 100% SÁÁM MET JOU MNR.HUMAN…???
Onbevoegde en swak regering,se EIE patetiese tekorte wat hulle probeer reflekteer op onskuldige mens

honourable member ·

Goeie punt want hierdie regering moet begin voorsiening maak en ophou om kinders wat glad nie Afrikaans of engels magtig is in ons skole te kom inforseer en dan rassisme te skreeu nie. Rassisme word nou gebruik om hulle onbeholpenheid te verbloem. Jy doen so kind n onreg aan want hy gaan nie kop of stert uitmaak wat in die klaskamer gese word nie want hy verstaan nie die taal nie. Begin skole te bou dan sal die problem opgelos word.

Genieve ·

Shame die kindertjies weet nie eers wat aangaan nie hulle wil net in die juffr se klas en in die skool wees…baie van vandag se kinders weet nie eers waaroor rassisme gaan nie dit gaan nog n lank storie wees die so jammer vir die kinders shame.

Chris ·

Net jammer van daai eerste foto wat die vonk in die kruitvat was, al was dit hoe goed bedoel. Elders sien ek die EFF is vanoggend by die skool met dreigemente as hulle nie ingelaat word nie. Ons moet onthou die ANC, hul jeugliga veral, die EFF, die DA jeugliga voel ‘n veer vir Afrikaans of die wit mense, hulle gryp die geleentheid aan, ry die golf, blaas die vure aan, voor die werklike waarheid bewys is, waarin hulle in alle geval nie belangstel nie. Hulle beveg dit met hand en tand, daag die reg uit, so word die druk op die wit mense gehou.

DeVill ·

Chaos weer by skool, EFF ondersteuners betree skool onwettig!

Sal MM vir ons kan berig wat aangaan?

Ben ·

Wat my verstand te bowe gaan, is die feit dat die ANC en sy ondersteuners Kolonialisme Haat maar tog gaan hulle kinder na koloniale skole toe. Waneer word daar nuwe skole gebou. Waar is die beplanning? Hierdie is die simtoom van ‘n swak LUR, onbevoegde Departement van Onderwys en swak skool bestuur. Zimbabwe hier kom ons.

Gert ·

Ek haal aan van News24 vanoggend:
Tensions have heightened in Schweizer-Reneke in the North West after members of the community used a mini-bus taxi to block the entrance to the Schweizer-Reneke Laerskool.
The group said they had decided to block the gate because they had been denied access to the school where North West education MEC Sello Lehari is expected to hold a media briefing later on Wednesday.
Speaking on behalf of the group, Schweizer-Reneke resident Thami Moremi said they wanted to be addressed by the MEC.
“We want to be part of the press conference. Why is the media only allowed [and not us]? Whites here think they own this school.
“Why must we be denied access into the school? These security guards are provoking us. Some black parents are waiting outside because they are denied access to fetch their kids,” said Moremi.
He threatened that if they continue to be denied entry into the school the group would enter the school by force.

Sonder Naam ·

As ‘n ouer is dit vir my baie hartseer as elke liewe ding wat ‘n wit mens werkeerd doen as rassisme bestempel word, hoe verduidelik jy vir jou kind rassisme as jy hulle groot maak om nie na velkleur of bank balanse te kyk nie? Goeie onderwysers soos die een wat nou so verkeerdelik beskuldige word, sulke onderwyser het so ‘n groot positiewe invloed op elke kind in hulle klas, dat hulle dit vir die res van hul lewens saam hulle dra. Die onderwysdepartement is besig om elke kind in ons land te vaal deur nie gehoor te gee aan hulle basiese mense reg om beskaaf en mensilk hanteer te word nie, hoe moet jy as ‘n 5 jarige of 6 jarige voel as jy in ‘n vertrek saam met vreemdelinge gedruk word en jy verstaan geen van die klanke wat uit enige van hulle se monde kom nie? Waar is die menslikheid in dit? Nee heng my hart breuk. Juf Elana jy het my gesin se steun staan op vir geregtigheid en die klein bloetjies vir wie jy al jare lank skool hou en nog gaan hou.

Paul ·

Netwerk24 berig vanmiddag: “Solidariteit moet opsy staan oor die rasseherrie wat sedert verlede week by die Laerskool Schweizer-Reneke in Noordwes woed, sê Panyaza Lesufi.”

Dit sê als oor die ingesteldheid van die mense en dit waarmee Solidariteit te kampe het.

jennefer ·

My werker moes laaste 2 dae verlof neem, sy gr 8 kind se aansoeke is weggegooi. miskien sal die ander skool sy kind aanvaar maar hul is tot oorlopens toe vol. Die regering het met hul ” grand” systeem veroorsaak dat duisende nou skole benodig.

Hanlie Geyser ·

Daar is soveel kinders wat steeds nie in skole geplaas is agv die feit dat daar nie genoeg skole sedert 1994 gebou is om almal te huisves nie. Hoekom moet onskuldige mense en kinders ly agv die regering en die Departement van onderwys se swak beheer.

Hanlie Geyser ·

Daar is soveel kinders wat steeds nie in skole geplaas is agv die feit dat daar nie genoeg skole sedert 1994 gebou is om almal te huisves nie. Hoekom moet onskuldige mense en kinders ly agv die regering en die Departement van onderwys se swak beheer. En dan al hierdie ouers wat nou toy toy? Werk hulle nie. Wie betaal vir hulle kinders se skoolgelde?

Jerry ·

Dit sal uiters dom wees om wit gewapende sekuriteit by die skool te ontplooi. Die EFF sien hier n geleentheid om die sekuriteit uit te lok wat tot n rasse konflik sal lei. Sekuriteit moet nie in konflik betrokke raak nie, hulle moet die SAPD ontbied voordat konflik plaasvind. Indien die polisie nie die skool kan beskerm nie moet die departement van onderwys sekuriteit verskaf en die skool sluit en skuif die kinders na n plek waar hulle veilig kan skool gaan totdat die hofsaak afgehandel is. Die dag sal kom dat die land se wette nie meer geld nie en dan kan ons optree, maar voordat daardie dag nie kom nie moet ons nie wit teen swart afspeel nie. Ons speel reg in die hande van die populiste as ons ook soos hulle swart teen wit en en wit teen swart afspeel. Speel swart teen swart af en speel die wetstoepassers teen die opstokers af of is die konsep te moeilik om te verstaan. Selfs al word daar binne die raamwerk van die wet opgetree sal wit sekuriteit vervolg word vir oorsaak van beserings, dood ens. Ek weet dat Solidariteit/AfriForum bittergraag wil terugslaan, maar dit is n fout! Slaan net terug met bewyse in die howe terwyl dit tenminste nog geld. Julle sekuriteit moet bloot daar wees vir alles behalwe wetstoepassing. Wees daar om bewyse in te samel en om toe te sien dat die polisie die wet toepas en optree!

IK ·

In Gauteng se Emfuleni (Vereeniging/Vdb’park) munisipalteit pas die weermag die rioolaanlegte op en doen ook herstelwerk. Ek reken hulle het met ‘peashooters’ opgedaag, ander sê weer dis ‘peeshooters’. Ewenwel kan hulle ook skole op pas met ketties en sodoende die kinders ook besig hou gedurende pouses.

Jane ·

KLOP HULLE WERNER< julle kan . dankie Dirk dat julle die saak opneem, dit was hoogtyd dat hierdie GEBOELIERY deur die Onderwysdepartement einde kry. Hierdie geval kry veel meer aandag as wrede moorde op babas.

Koos de Meyer. ·

As mens na die foto’s kyk van die LUR op TV by ‘n skool in Stilfontein dan kan jy maar dink wat jy wil. Jy mag nie sê wat jy wil nie maar jy kan dink wat jy wil.

Thinus Erasmus ·

Chris met alle eerbied, ek stem nie saam nie. Dit was nie die juffrou wat die foto geneem en versprei het se fout nie.
1 Die skool moes nooit die kinders aanvaar as hul nie Afrikaans of Engels magtig is nie, dit druis in teen moedertaal onderrig. As dit die ouers se wil is dat kinders een van die tale moet leer kan hul sekerlik in ‘n Tswana skool kry.
2 Die ma wat die foto gedeel het en haar oorhaastige en ongegronde aantuigings gemaak het moet die skuld vir die hele herrie dra.
3 Die skoolhoof, en die beheerraad se optrede was verraad en die nagevolge is aan hulle te danke
4 Die LUR moet persoonlik vir alle skade en leed verantwoordelik gehou word want hy het die gemeenskap laat handuitruk
5 en laastens al die media wat eensydig die storie oordra.
Die Juffrou het nie die rassebelang gesien in klein kindertjies wat half opgewonde en half bang ‘n nuwe wereld betree nie.

Chris ·

Nou ja Thinus, as die eerste foto dan nie die vonk in die kruitvat was nie, dan sou daar nie ‘n reaksie gewees het nie. Daar sou geen skade aangerig gewees het nie. Kyk maar oor die afgelope twee jaar hoeveel mense kon nie hul vingers van twiet of WhatsApp afhou nie en met watter treurmare tot gevolg. Mens kan nie altyd die blaam verplaas nie. Sekere dinge moet gesê word, al klink die onsensitief, maar leer ons nie?

Sanet ·

Ek het nou elkeen se kommentaar deur gelees. Nadese hoop ek dat Solidariteit sowel as Elana Barkhuizen ook deur hierdie menings gaan sit en deurlees. Ek is vandag so trots om te se ek is n Afrikaner, julle almal wat hier kommentaar gelewer het is oopkop en baie wyse oordeel aan die dag gele. DANKIE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.