Schweizer-onnie kan terug skool toe

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, en Elana Barkhuizen in die hof. Foto: Mia Spies/eNuus

Elana Barkhuizen, die onderwyseres van Laerskool Schweizer-Reneke wat geskors is weens ʼn rasse-herrie oor ʼn foto van ʼn graad R-klas by dié skool, se skorsing is Donderdag deur die Johannesburgse arbeidshof ter syde gestel.

Regter Connie Prinsloo het beslis dat Barkhuizen se skorsing onwettig was en dat sy dadelik na haar werk moet terugkeer. Prinsloo het in haar uitspraak gesê rassisme moet uitgeroei word, maar nie gesoek word op ʼn plek waar dit nie bestaan nie.

Barkhuizen is deur die vakbond Solidariteit verteenwoordig. Solidariteit se dringende aansoek is nie deur die LUR vir onderwys in Noordwes of die skool se beheerliggaam geopponeer nie. Albei partye het vroeër te kenne gegee dat hulle hul by die hof se uitspraak sal berus.

Maroela Media het vroeër berig Barkhuizen is geskors nadat ʼn foto van ʼn gr. R-klas by dié skool landwyd opslae gemaak en ʼn rasse-herrie by die skool laat losbars het. Op die gewraakte foto kan gesien word hoe 18 wit leerders almal saam in die middel van die klaskamer by ʼn lang tafel sit, terwyl vier swart leerders apart by ʼn tafel voor die deur van die klaskamer sit.

Barkhuizen is kort nadat die foto op sosiale media versprei is telefonies deur die hoof van die skool meegedeel dat daar ná konsultasie met die LUR besluit is om haar te skors. Die LUR het kort daarna op die skool se verhoog haar skorsing aan lede van die publiek en die media aangekondig.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

127 Kommentare

Mak Muil ·

Lekker man! Nog vanoggend grootbek op die radio vertel hoe hulle gaan opponeer – dan daag hulle nie op nie!

Joel ·

Hul het Maandag al gesê hulle gaan nie. Jy kan nie NIE opdaag waarnatoe jy nooit sou gaan nie. Hopelik leer sy haar les uit haar foute.

Blaarman ·

@Joel

Lyk my happy hour begin vroeg daar waar jy bly. Wat presies is die les wat sy moet leer? Moenie ‘n witmens in Suid-Afrika wees nie?

Felix ·

Die les is, as mens fotos stuur vir die ander om van te kies, soek jy moeilikheid, jy stuur net wat jy wil hê hulle moet sien.

Blaarman ·

Dit is absurd om jou dag-tot-dag bestaan te beperk uit vrees vir ander mense se absurde gedrag.

Dit is haar wit vel is wat aanstoot gegee het, nie die foto nie. Indien dit ‘n swart onderwyser was sou daar nie die bohaai gewees het nie.

Die regte les hier is presies die teenoorgestelde… as ‘n boelie jou slaan, moenie ingee nie… slaan terug!

Piet Pompies ·

Geregtigheid – 1
Rassisme – 0
Dankie Solidariteit!

Lita Wales ·

What must she learn, she did nothing wrong. The black b…who tried to get her in trouble, because she didn’t know the truth must learn from this. And those other people who turn everything into a racist incident, when it’s not racism.

Magda ·

Soos ek verstaan is dit ook nie haar klas nie – sy het wel die foto geneem maar die ander onderwyseres het die kinders so laat sit – dis hoe ek dit verstaan het???

Hannelie ·

AMEN!!! Ek so gebid vir haar. Wonder wat gaan Lehari nou doen???

Lizelda ·

Baie dankie aan almal wat Juff Elana in hierdie moeilike tyd ondersteun en gehelp het. Sys n baie sterk vrou, ek weet nie hoe sou ek terug kon gaan na sulke valslike aantuigings nie. Dit vat n besonderse mens. Baie sterkte vd jaar vorentoe.

Anon ·

Dis presies wat ek gedink het, hoe gaan mens terug werk toe en als is net weer ‘normaal’. Ek hoop hul kan die goed tussen hulle (werks verhoudings) uitsort so dat dit nie ‘n hel is daagliks nie.

zoom zoom ·

Ek hoop Sy dagvaar die LUR in ‘n privaat hoedanigheid vir ‘n paar duisend rand asook die ander wat nie in haar saak geglo het nie.

Jorrie Jordaan ·

Dis die beste nuus van die week dus ver!!! Mag sy nou voort gaan om haar passie uit te leef sonder enige verdere rassisme !

Lorri ·

Haar drome uitleef by die skool deur om kinders af te neem en te versprei teen ouers se wense, of nou die droom van wit by wit en swart by swart ?

Natasha ·

Lorrie jy het duidlik nie ‘n idee wat die hele storie is nie.

VanAfrika ·

Lorri waar val jy nou uit? “Fotos versprei teen ouers se wense” Het jy van groep whatsups gehoor en dit kan nie sonder n ouer se toestemming gebeur nie. Huh!!”droom van wit by wit en swart by swart. wie se droom?????

Liezl ·

Dis ‘n wonderlike uitkoms! Dit was so onnodig, maar ook nodig, want geregtigheid het geskied! Dit was gelukkig nie ‘n uitgerekte storie nie, want haar hart en vertroue in ons Vader was op die regte plek! Amen!

schalk ·

Nou waar is al die politieke partye wat ook so grootbek en dadelik daar was om te kruisig?

Daan Erasmus ·

Lorri. Dit klink of ‘n lorrie oor jou is. Of oor jou behoort te ry. Eish.

leser ·

baie geluk aan solidariteit met jul oorwinning, mag enigiets waaraan julle vat tot redding vir sa wees
me barkhuizen sterkte met die oorwinning maar wees verseker die hele “spul” gaan jou dophou soos nooit tevore
dit gaan moeilik wees om weer “lekker” skool te hou, want jy sal heeltyd oor jou skouer moet kyk
wees op die uitkyk vir vandale wat jou huis en motor/s sal wil beskadig, hulle sal tot hul eiterste gaan om die lewe vir jou moeilik te maak, miskien aansoek om n interdik sal help

Adrian ·

Vatso ANC dis die begin, maandag die Coligny saak vir leuens deur n ” getuie” wat gelieg het daar kom nog baie. Juf Barkhuizen jy het gese jy gaan fie magtige manne aanvat en jy sal wen … jy het ????

HENK NIEMANN ·

Daarsy vat 5 juffrou. Jy het nie gaan lê nie. Gaan leer ons kinders met trots!!!

Santjie ·

En hopenlik vra die skoolhoof (wat gesigloos is) en die LUR in hoofletters verskoning.

Elizabeth ·

Soos my swaer altyd gesê het: “Jammer is nie ‘n dokter nie.” Jammer sal niks regmaak nie. Die juffrou se waardigheid, professionaliteit, eer en integriteit is geskend. Ry hulle juffrou … tot by oom Daantjie in die kallerhok!! Laat hulle geld regmaak wat hulle gebreek het!!

Rina Kotze ·

Sy gaan lank wag vir verskonings!!! Sy moet hulle dagvaar in persoonlike hoedanigheid met Solidariteit se hulp.

Ek sal ook maar swaar teruggaan na so ‘n werksplek toe!

Ek vra weer, waar is die onderwyser in wie se klas die kinders so gesit het???

Hulle het die verkeerde persoon gestraf???

Cherokee ·

Lehari behoort by die tafel by die deur te sit.. nee te staan. Ek wens Solidariteit rook hom omdat hy onwettig opgetree het deur haar te skors. Te minste behoort hulle hom die regskoste laat betaal.

bollie ·

Lehari het haar nie geskors nie, die Beheerliggaam het. Lehari het net die skorsing afgekondig en verwelkom.

Louis le Roux ·

Die EFF, ANC, LUR en DA met hul groot monde het slae gekry en sit nou met eier in hul gesigte. Dis ‘n oorwinning vir geregtigheid. Ek sien al hoe kerm hulle oor die feit dat dit ‘n wit regter was wat voor gesit het.

Waarheid1 ·

Baie baie geluk Juffrou en Solidariteit!!!!
Juffrou kan haar kop hoog hou en die ander nie!!

Marius ·

Mooi nou ry jy hulle vir pyn en lyding elke sent.En hoe gaan jy terug na ‘n skool waar die mense nie opgestaan het vir jou????

Elvira ·

Wat van n grooooot eis en gee vir Solidariteit dankie geskenk.

Elizabeth ·

Dankie Solidariteit sonder julle was nie moontlik nie, vat nou net die Hoof en die skuldige persone vas. Dit is naamskending. Juffrou jy is n ystervrou…

E.K. die eerste ·

Ek sou so hoop sy kan “daardie” ma wat alles veroorsaak elke dag net VAS in die oë kyk. Sy hoef niks te sê net elke dag reg voor haar gaan saan en haar aanstaar. Verder – geen verskoning vraery of hofuitsprake ten gunste van me Barkhuizen gaan OOIT vergoed wat sy moes deurmaak nie. Ek hoop daar kom eisaksies!

ne ·

Elana sal seker nog nie verkondig as sy wel ‘n eis instel nie. Maak ek gun haar om hulle op te skroef. Almal voor die voet!

Eben ·

Ek glo daar sal eise ingestel word, maar sal nie die media misbruik om dit af te kondig en mense te dreig nie. Die saak moet as afskrikmiddel gebruik word om toekomstige probleme te verhoed. Ek het baie simpatie met Elna en sy moet weet baie mense dra haar in hul harte en gebede.

Anoniem ·

So sal al die snert wat in ons samelewing uitdop met wortel en tak uitgeroei word want ONS GOD is GETROU en laat nie met HOM mors nie ! (LUR rooigesiggie ons eis ‘n verskoning Nasionaal op ‘n Perskonferensie ! Jou gesindheid is regtig pateties gewees)

Veiligheid ·

As ek sy os doen ek aansoek vir n ander pos op n ander plek in belang van haar eie veiligheid

Piet ·

Presies reg Schalk, vir regverdigheid moét die partye wat oormekaar geval het vir PK nié ongestraf gelaat word nie.

Anoniem ·

DA Jou ware kleure het uitgedop ! Ek sal nooit weer DA stem nie ????

koos ·

Die grooter vraag is of sy wil terugkeer?
Ek stem saam met mense hierbo, ‘n siviele eis behoort dinge makliker vir haar te maak, maar asb laat die betrokkens dit uit hulle eie sakke betaal, anders moet die belastingbetaler weer eens opdok vir onbevoegdheid van kaders.

stephan ·

Een ding wat ek nog nie verstaan nie – na al die bohaai het niemand nog ‘n verduideliking vir die foto gegee nie. HOEKOM het die vier alleen gesit (en later blykbaar weer saam met die ander kinders?

Johan ·

Sien Cope en VF+ nie heksejag gemaak Nie,een gaan my DA stem van verlede kry.

Zelda ·

Maroela media het verduidelik.
Die kinders het die selfde taal verstaan. En die juffrou het haar huishulp gekry om in hulle taal te verduidelik. Want hulle verstaan nie afrikaans of engels nie.
En die HELE klas het EK DINK 10min of so elke keer roteer. Sodat hulle mekaar kan leer ken. So dis hoekom hulle eers daar was en later op ander plek was.
Gaan soek gerus die berigte oo maroela media

se net ·

joel, lyk my het niks gelees nie. Sy is valslik beskuldig van rasisme.
Die minste wat diegene wat haar beskuldig het kan doen is om onverskoning te vra.

Tertia Human ·

well done Solidariteit!!!!!! ons gaan nog baie hoogtes bereik deur julle!!!! bly vir jou Elana hoop jy dagvaar hulle tot by daantjie in die kalwer hok. Moet dit nie hier los nie!!!!! Maak n voorbeeld van hierdie gemors wat hier plaas gevind het.

Willie ·

Welgedaan, nou hoop ek van harte hulle gaan eise teen hulle kry, en klagtes…

Blaarman ·

Dit is ‘n goeie eerste stap.

Ek hoop Solidariteit looi al die grootbek politici wat so mond uitgespoel en haar belaster het. Daar moet persoonlike gevolge wees!

Netso ook die partye en organisasies wat by hierdie heksejag betrokke was!

Hierdie vrou en haar familie, asook die gemeenskap in Sweizer Reneke, het erge trauma ervaar as gevolg van politici se mala fide optrede!

Johannes ·

Goeie nuus!

Dagvaar nou asb die lewende wit waks uit die LUR, die Department, die media en die persoon wat die hele bohaai veroorsaak het!

Anoniem ·

Pragtig! Geregtigheid het geskied.

Ek hou veral van die laaste sinnetjie van die artikel: “Hou Maroela Media dop vir meer.”

Jacques ·

Baie geluk Juf en Solteit . Dit is n goeie oorwining vir onderwys en menslikheid . Ek hoop jy vat nou die partye wat die hele ding begin aan Juf . So asof die onderwys in die land so n kosbare skakel kan verloor , die onderwys is klaar in n toesstand .Mnr die LUR , dit is nou jou beurt om verskoning te vra vir jou ongeskoolde en onmenslike optrede . Maar dit sal nie gebeur nie want hy is mos die LUR .

Vonkprop ·

Ek sou bedank, aansoek doen by ‘n privaatskool en al hierdie geraasmakers dagvaar vir naamskedding. Net om ‘n punt te bewys. Soos iemand hier bo gesê het, hoe gaan jy terug met ‘n glimlag op jou gesig? Jy kan dit alleenlik doen as jou passie meer is as jou omstandighede. Ek is baie bly sy het geveg vir die waarheid en waarin sy glo, maar dinge sal nie weer normaal wees by die skool nie.

Zelda ·

Ek volg die hele storie van dit begin het.
Ek raak sooooo woedend oor rassime altyd die skuld moet kry.
As dit ek was. Sou ek ander werk gaan soek het by n ander skool. Omdat die skool veral die hoof nie oogekom het vir sy onderwysers nie.
Dan sou ek die ouers , LUR , EN die beheerliggaam dagvaar vir naamskening en vals verklarings . Die beheerliggaam juis omdat hulle nie haar kant wou hoor van die begun af nie. As n hoof en beheerliggaam nie aan onderwysers se kant is nie. Dan is jy duidelik by n verkeerde skool.
Sterkte

Francois ·

Skoolhoof en beheerligaam .ek sou my gesig nie weer in die publiek kon wys as ek so lamsakkig opgetree het nie ,skaamte vir julle ,seker die room van die samelewing daar ????

Neef ·

Goed so. Ons moet aanhou vir ons regte opstaan. Geregtigheid moet seëvier.

Ekke ·

Ek hoop die LUR gebruik dieselfde skool verhoog wat gebruik was om haar skorsing aan te kondig, om haar nou verskoning te vra en haar publicly te re-instate. Trots op jou Elana, en baie dankie aan Solidariteit. Geregtigheid het geskied !!!

Waarskuwing ·

Hier is mense wat politieke partye uit tart met hulle kommends .STOP dit wens haar geluk en einde van die storie .Die ding gaan net verder ontplof en dalk lewens in gevaar stel .STOP DIT

Vonkprop ·

Ek dink nie die politieke partye wat so geraas gemaak het is ingeteken op Maroela nie. Hulle weet in elk geval nie wat is die verskil tussen ‘n kompliment en ‘n belediging nie. Ons is geregtig op ons menings.

Boerbok ·

Dankie Solidariteit dat julle vir ons mense opstaan en bystaan!!
Die mense wat net die gat kant van die storie vang moet eerder nie kommentaar lewer nie.
Groete.

Michelle ·

Baie geluk Juffrou Barkhuizen… dagvaar hulle almal nou totdat hulle nie eers die klere op hulle rue kan bekostig nie

Johnnie ·

Ek het iets hieruit geleer. Ek post nie meer fotos op social media nie. Wie weet waar erens sit daar iemand wat deurmy foto gaan kyk en soek vir iets wat nie bestaan nie. Nie te praat van so baie wat hul babas en kinders se fotos post.

Rina Kotze ·

Johannie, jy het die regte plan, ek post al lankal nie eers meer foto’s van my familie op FB nie en op whatsapp net vir geselekteerde mense!

Ek raak bang vir almal se kinders se part!!! ek het ook 2 en dis in hul belang vir vir hul eie veiligheid dat ek dit nie meer doen nie!

Swartwolf ·

Great nuus en welgedaan aan Solidariteit. Gaan terug skool toe juffrou en laat jou lig skyn. Wonder wat gaan grootbek EFF en ANC nou te se he ?? Wat ‘n grap.

Daan Erasmus ·

Dankie aan Solidariteit. Nou moet Solidariteit ook net begin om lede wat gereeld bydra en die organisasie aan die gang hou ook te help waar daar hulp nodig is.

Rooikop ·

Joel kom by asb …………….. sy het niks verkeerd gedoen nie ………….

aj ·

Baie geluk Elana en Solidariteit!

Wat het geword van SAOU die onderwysers se vakbond wat veronderstel was om die onderwyseres te beskerm?

Ek hoop SAOU help Elana nou om die griewe prosedure te volg ten einde vir Lehari te dissiplineer (af te dank) vir sy growwe wangedrag, teistering en rassisme.

bollie ·

Elana was nie lid van die SAOU nie. Gewoonlik behoort alle onderwysers wat deur die Departement aangestel word aan die SAOU-vakbond. Elana is ‘n Beheerliggaam aanstelling en Solidariteit (ook ‘n vakbond) het haar gehelp. Die ander onderwyseres is wel ‘n SAOU-lid en sal deur hulle gehelp word as daar skorsingstappe teen haar volg.

SjN ·

Me Barkhuizen, stuur hul na n warm plek, begin u eie privaat opleidings groep waar jy jou passie kan uitleef, ek glo en vertrou die gemeenskap sal u ondersteun.

Sakkie du Plooy ·

Welkom terug Juffrou Elana! Geregtigheid en waarheid het geseëvier oor die disinformasie wat die DA jeugleier en Prov leier versprei het om die opstand en onregmatige skorsing aan te stig. Ons kinders kort Juffrouens met durf soos Elana!

Anoniem ·

@Gert, nie net Juf Barkhuizen nie, ALLE ONDERWYSERS (veral in Blanke Afrikaanse skole) moet wegbly van sosiale media af want daar sal ALTYD ‘n ouer wees wat sal wil onmin saai.

liz ·

Great!!!!!! Well done, baie geluk aan hierdie onderwyseres, en Ja!!! toe sluip hulle sterk tussen die bene weg ek hoop hierdie dame dagvaar die LUR en sy tranwante vir miljoene.

Mel ·

Mense moet leer om nie te vinnig na sosiale media te hardloop nie vir n lekker skinder storie nie. Ons moet saamstaan in die tyd. Veral die mammas wat storietjies soek om n ander een te benadeel. Bly vir jou Elana staan net sterk elke dag. Jy is het n sagte gees

Roger ·

Kom die belhamels nou skotvry weg…ANC, EFF en DA (en hul lakeie)???

Sandra ·

Hulle moet EFF ook aanvat oor hulle gedrag by die skool. Arme kinders wat geterroriseer is deur hulle.

Johannes ·

Skote petoors! Wat het al die lafaards nou te sê? Mooi so SOLIDARITEIT!

Lou ·

Goeie werk Solidariteit. Sterkte vir die juffrou vorentoe.
Die Skoolhoof en Beheerliggaam skuld haar ten minste ‘n openbare verskoning.
Moet niks van die LUR verwag nie want want die ANC se mense is nie in staat om verskoning te vra nie. Die begrip betsaan blykbaar nie in hulle verwysingsraamwerk nie. Hy sal eerder iemand blameer vir verkeerde inligting wat hy gekry het of so iets.

Lindtjies ·

Elana ek is so dankbaar geregtigheid het vir jou geskied. Ek weet net nie of sekere mense ooit weer jou respek gaan verdien wanneer jy terugkeer na die skool toe nie. Bid maar vir die paadjie vorentoe. Glo en oorwin is my leuse. Goed gedoen Solidariteit dit is daarom dat ek ook ‘n lid van julle is.

Sê maar net ·

Baie bly vir die juffrou. Ek kan egter nie help om te wonder wat die uitspraak sou wees as dit dalk ‘n ander regter in die stoel was nie….

Elizabeth ·

Nou kan die lastereise begin. Hoe gaan sy terug skool toe na dié herrie? Die lasteraars kan nou betaal sodat sy nooit weer nodig het om te werk nie!!

Spike ·

Nog ñ comrade en kader mislukking. Hierdie mense kannie rasioneel dink.

GCK ·

Is die ouer al geidentifiseer wat die foto geplaas het om bohaai te begin. Hoop die ruggraatlose Hoof en sy beheerliggaam loop ook deur want hul is useless puppets. Wonder wat was hul patetiese verskoning.

Rina Kotze ·

Dit is ‘n baie goeie vraag GCK?

Mens sal moet sien wat gebeur.

Magda ·

Joel, jou kommentaar is heeltemal onvanpas! Sy was nie verkeerd nie, as meer mense maar net opstaan vir waarin hulle glo- jy ook natuurlik- sal SA n beter plek vir ALMAL wees. Bly eerder stil as jy nie iets goeds kan sê

jaco ·

dis uitspraak is maar net in haar guns maar net omdat die regter wit is. was die regter swart, was die uitspraak heeltemal anders

Kediksie ·

Elke liewe sent wat ek skenk aan Solidariteit is die moeite werd. Ek smeek Solidariteit en Elana: Asseblief dagvaar die witwarm waks uit almal wat n aandeel in hierdie nonsens gehad het. Ons het genoeg die ander wang gedraai. Dis nou tyd om terug te slaan

honourable member ·

Lekker man lekker. Nou vir die naamskending saak. Hoop nie sy los alles net so nie. Sy kan miljoene uit hierdie rassiste maak.

Arno ·

Elana baie geluk en sterkte vorentoe. Ons hou nie op bid vir jou nie.

Arno ·

Baie geluk Elana en sterkte met die pad vorentoe. Ons hou nie op bid vir jou nie.

rene ·

ag nee mense, mense, julle moet liewer stil bly as jul niks mooi kan se nie, ag nee man. mens maak mos nie mens se medemens so sleg as sy net goed bedoel het, skaam julle.

TLC ·

Wow het al gister regtig goeie gevoel gehad Juffie
Maar die is amazing nuur
Hulle het van die begin af met n bloedneus gesit
En toemaar ek werk vir grootste plek in die land
Maar nou na dertig jaar is ek te wit vir alles
Maar jy kan nou jou kop hoog optel en pronk soos n pou dankie ook aan die mense wat jou toe gehelp het
Mag God jou toegooi met seeninge vir jou en jou gesin
Ek is soma lief geword vir jou en ek ken jou nie eers nie

Sê maar net ·

Hoe minder AL DIE mense enige tipe foto’s of sê goed op enige sosiale netwerk / media whats app groups pos, hoe minder bohaai kan opgeskop word. Sosiale netwerke / media & whats app sorg vir baie mense se “val”. Pos niks, sê niks, dan is dit daar niks !!!

Bessie Bester ·

Sy is klaar as Rassis Gebrandmerk en Dra die Label / Letsels.Sy sal Permanent oor haar skouer moet loer.Maar dat sy haar “man” gestaan het is so.Die “fluitjieblaser” wys nerens sy gesig nie.Lafaard.Hierdie is Nie Die 1ste en ook nie die Laaste nie.En Dankie aan die Regter wat haar Nie deur Politieke Korrektheid Sindroom laat Intimideer het nie.As ek Elana was,sal ek NOOIT teruggaan na daai skool toe nie!DAGVAAR.Vergewe & Vergeet.NOOIT.

Manie ·

Verkeerd, jy vergewe, dagvaar hulle en trek hulle kaal uit en dan vergeet jy en gaan aan.

Se maar net ·

Chris. om mee te begin, Theuns Eloff is die groot kop van die man wat die blanke verraai het se stigting waarmee hy nog steeds die blanke vertrap, sy mening beteken vir my min. Ten tweede, hoekom moet ek wat wit is ewig versigtig wees vir wat ek se en doen maar nie malema ens en ook nie die president wat skaamteloos in buiteland lieg oor plaasmooerde en beleggings wat glo inkom. Reels en wette geld mos vir almal. Ek kruip nie voor enigiets in die wereld, ek buig my net neer voor GOD.

Chris ·

Al wat ek kan doen is om te herhaal wat ek voorheen gesê het, dis in jou hande wat jy doen, en as ander nog steeds optree soos die afgelope twee jaar, dan ignoreer jy die realiteit in jou eie hardkoppigheid, jy dink nie twee maal voor jy die ‘stuur’ knoppie druk nie.

Kom ek sê so, ek gee jou nou ‘n selfoon met WhatsApp op en dieselfde foto waaroor die bohaai gegaan het, wat meer mense as haarself betrek het en hul lewe verander het, wat gaan jy daarmee maak?

Manie ·

Baie snaaks, daars meer as een Manie en meer as een Se maar net, sal moet n nuwe naam kry

nico lodewyks ·

Schalk jys reg. Waar is die Jeugleier van die DA nou? Vinnig om politieke punte te probeer wen. Die DA is ons vyand – straf hulle behoorlik in Mei se verkiesing.

My mening ·

Ek verstaan nog steeds nie hoekom sy dadelik geskors is, maar nie die onderwyseres in wie se klas die kinders was nie. As hulle mense vinnig skors, moes die ander onderwyseres mos ook geskors gewees het.

Aussie Girl ·

Elena, ons soek goeie onderwysers hier in Oz. Doen aansoek – jy sal gou jou visa kry. En waardeer word vir jou passie.

Diefie ·

Baie dankie Soidariteit dan julle haar by gestaan het. Elana jy is ‘n vrou duisend. Baie dankie vir jou liefde en omgee vir kinders. Neem nou net die mooi uit hierdie ding en bou daarop.

Geregtigheid ·

NOU IS DIT TYD OM TE DAGVAAR VIR NAAMSKENDING EN VERLIES VAN INKOMSTE

jean ·

Wat van so klein ou eisie teen die depatement vir naamskending, trauma ens ens.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.