Schweizer-onnie se stryd nog nie verby

Elana Barkhuizen. Foto: Verskaf

Elana Barkhuizen se skorsing is gister deur die arbeidshof in Johannesburg ter syde gestel, maar nou lê daar nog ʼn stryd vir haar voor.

Barkhuizen, ʼn onderwyseres aan die Laerskool Schweizer-Reneke, moet vandag voor die etiese komitee van die Suid-Afrikaanse Raad van Opvoeders (Sace) verskyn.

Volgens Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het Sace vir Barkhuizen en die vakbond kennis gegee dat hulle ʼn ondersoek van stapel gestuur het oor beweerde onprofessionele gedrag deur Barkhuizen.

“Ons is bekommerd dat die ondersoek eintlik net plaasvind weens openbare mening en die herrie wat rondom die hele ding losgebars het en deur politieke opportuniste veroorsaak is eerder as op grond van die meriete van die saak,” sê Hermann.

Barkhuizen het intussen by monde van Hermann gesê die jongste ondersoek is vir haar ʼn groot teleurstelling, want dit beteken sy kan ondanks die arbeidshofuitspraak nog nie terugkeer Schweizer-Reneke toe nie.

“Sy wil huis toe gaan. Sy moes hier wees om vir die hofsaak voor te berei, asook weens die onsekerheid in die dorp en vir haar eie veiligheid. Sy wil haar lewe bestendig en terug wees by haar kindertjies om vir hulle skool te gee,” sê Hermann.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, en Elana Barkhuizen in die hof. Foto: Twitter via @solidariteit

Barkhuizen sal waarskynlik wanneer sy vandag voor die komitee verskyn talle vrae moet beantwoord en daar sal dan besluit word of daar enige verdere optrede gaan wees.

“Dit is hoogs uitsonderlik dat hulle dié soort ondersoek doen. As alle onderwysers op sulke swak meriete ondersoek moet word, sal hulle permanent besig wees met ondersoeke. ʼn Professionele liggaam is nie veronderstel om hom te bemoei met ʼn sogenaamde rasseherrie nie.”

Volgens Hermann is Barkhuizen al deur genoeg beproewing. “Sy is deur ʼn boendoehof skuldig bevind, maar deur ʼn geregshof onskuldig bevind. Daarom meen ons enige verdere ondersoeke, hetsy deur die raad, die skool of enigiemand anders, moet nou gestaak word.” Hermann het gesê Solidariteit sal na gelang van die uitslag van vandag se gebeure op verdere stappe besluit.

Solidariteit se dringende aansoek in die arbeidshof om Barkhuizen se skorsing met onmiddellike inwerkingtreding ter syde te stel is Donderdag aangehoor en regter Connie Prinsloo het beslis Barkhuizen se skorsing was onwettig.

Barkhuizen is geskors oor ʼn omstrede foto van ʼn gr. R-klas waarop wit en swart kinders apart sit. Die foto is nie in haar klas geneem nie, maar in haar kollega se klaskamer waar Barkhuizen vir ʼn wyle toesig gehou het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

Linda ·

Ek hoop dat Barkhuizen n baie groot geldelike eis gaan bring teen die skuldiges vir skadevergoeding. Dis tyd dat mense begin opstaan in die land en sulke mense looi !!!

Skroef ·

In alle waarskynlikheid gaan die sace ondersoek aan sie lug bring dat sy seur en deur skuldig is en die wet verander mpet word sodat lur’s soos lehari en lesufi die “mense” wat rassisties is op die plek kan teregstel. Pleks van word hulle rassistiese skreeuende bekke toegeklap. As hulle nie oorgeloop het van rassisme nie, sou hulle nie rassisme in elke situasie hesien het nie.

Hou so aan... ·

Hulle gaan aan en aanhou totdat iemand dit verloor….miskien is dit presies wat hulle wil he….n skool is mos die regte plek vir politiek.

Linda ·

Solidariteit het goeie werk hier gedoen, nou is dit hoigtyd dat Soludariteit skole se beheerliggame aanvat met n moontlikheid om dit heeltemal tot niet te verklaar by skole !!!

LHS ·

En dan, wie beheer die skool se paar eie verantwoordelikhede wat BH’s nog oorhet? Die dept. self.

JohanL ·

Ek vertrou eerder ‘n skool se beheerliggaam as die Dept van Onderwys. As jy nou chaos wil sien, laat die Dept oor alles besluit.

Die Dept gee :
-die fisiese skool self (alhoewel dit eintlik Dept Openbare Werke is)
– messte onderwysers se salaris
– MINIMUM subsidie aan skole

Op geen manier mag die Dept toegang kry tot die skool se begroting wat deur ouers betaal word nie. resep vir ‘n ramp.

Stuiwer ·

Gaan kyk ‘n bietjie hoe lyk ‘n skool waar daar nie ‘n Beheerliggaam is nie. In die meeste gevalle val die skole uitmekaar uit. Nee wat Linda, ek stem glad nie met jou saam nie. Hou Beheerliggame, want hulle het darem nog besluitnemingsmagte.

Dink nie ·

Jy dink duidelik nie mooi beheer ligame vertolk baie belangrike rol jy maak n blik wurms oop wat moet toebly

Janine ·

As ‘n skool deur ‘n beheerliggaam beheer moet word…laat die ouers net nie op die beheerliggame wees nie. Want die ouers en hul kindera dink mos dan hul BESIT die skool. Laat net onderwysers op die beheerliggame toe…want hul weet wat is goed vir die skool en die kinders.

HESTER ·

Ek stem saam jou . Die BH Liggame het heeltemal te veel se in die daaglikse bedryf van die skool. Ek praat nou spesifiek van n hoerskool, maar dit bly dieselde konsep. O ja hulle glo hulle “rule” die skool, die onnies asook al die kinders. Praat nou van ondervinding.

Cicero ·

Linda, om weg te doen met beheerliggame by skole sal onverdunde sotterny wees.

Anoniem ·

Rêrig, nou krap hulle waar dit nog nooit gejeuk het nie ! Nee kyk nou is dit belaglik !!! Kry dit nou agter JULLE Asb Asb

Linda ·

Julle gaan sien, in die toekoms gaan beheerliggame by skole nie meer beperk wees tot een ras nie, en nes iemand hier se, n goeie afset punt vir politiek !! Verbied beheerliggame by skole. In my kinders (3) se tyd het ons nie sulke goed gehad nie !!

Stuiwer ·

Linda, ek weet nie hoe oud jy is nie, maar voor 1994 was dit nie nodig om beheerliggame te hê nie. Die staat was in staat om skole ordentlik te bestuur. Na 1994 het skole ongelukkig begin verval. Hier in Somerset-Wes is ek maar te dankbaar dat die skole wat my seunt bygewoon het/nog bywoon deur Beheerliggame bestuur mag word. Die fasiliteite is fantasties, die gronde word netjies gehou en almal is trots om ‘n deel van die skool te wees en daar is DISSIPLINE. Dink jou net in hoe dit sal lyk as die staat dit ten volle moet oorvat.

Dark One ·

Skoolbeheerliggame se samestelling en funksies word deur die onderwyswet voorgeskryf (South African Schools Act, 1996, Act 84 of 1996). Dt kan dus nie summier verander of afgestel word nie. Dit is maar soos ek dit verstaan.

Johan ·

Party groepe mense probeer die werklikheid plooi ter wille van politieke punte.
Hierdie onnodige snertlike ondersoek is besig om die gemeenskap verder te verdeel omdat daar ‘n gebrek aan objektiwiteit en redelikheid is.

Elna ·

Ja kry dit agter die rug sodat juffrou Elana kan voort gaan met haar sivielle eisse teen almal wat die rasse herrie geopenbaar het in die publiek en wat haar naam so geskend het. Sodat die diamant van n juffrou genoeg geld kry om haar eie skool oop te maak en alle waardige onnies kan aanstel in haar skool sodat hulle ons kinders die regte skoolgeleerdheid kan gee en hulle die waarheid van Geskiedenis kan leer. Sterkte juffrou ons minderheids volkie staan steeds bank vas agter juffrou.

Yolandi ·

So baie gaan nou tekere oor die foto wat geneem is. Daar was selfs ‘n meningspeiling of sy reg of verkeerd opgetree het. Meeste van die skole het websites waarop daagliks foto’s gesit word van hoe die kinders prestreer op alle gebiede. Niemand het dit nog ooit as verkeerd afgemerk. Hier het die Juf ‘n foto gestuur op ‘n geslote whatsapp groep en alles word verkeerd gevind met dit. Wat gaan aan met die mensdom wat altyd die lelik en verkeerd in iets goed soek. Daai mense is self nie gelukkig en gun ander nie die lewensvreugde en liefde wat die spesifieke Juf vir haar kinders het nie. Sy is onskuldig bevind maar hul moet iets nog verder kry om haar af te kraak.

Piet Lourens ·

Dit raak nou regtig belaglik. As kinkers in n put toilet verdrink word daar minder bohaai gemaak. Is die mense se koppe regtig so klein?

Hannah ·

En so sal die sogenaamde geleerde vriende van die regering voortgaan tot als afgebreek is…. NA Geed ..Siel en liggaam

ek stem ·

Ek stem saam dat Beheerliggame tot niet moet gaan. Dis gewoonlike advokate ens wat voorsitters is en dink die skool behoort aan hulle. Hulle weet niks van skoolgee af nie. Ons doen altyd aansoek vir subsidie omdat my man op 56 nie ‘n werk kan kry nie en hulle het altyd hulle monde vol, hulle het nog nooit swaargekry nie. Ek hoop die onnie maak hulle rekenings leeg.

Scweizer Ouer ·

Ek is jammer dat jy so ‘n negatiewe gevoel kry vanaf jul beheerliggaam, maar ek moet opkom vir ons BL, hulle het hulle uitstekend van hul taak gekwyt deur hierdie hele proses. Hul is regtig nie net mense met hoë posisies en baie geld nie, maar bestaan ook uit ouers wat nie veel meer as hul tyd en sterk organiserings eienskappe kan gee nie en dit het hul met oorgawe gegee. Hulle het absoluut die skool, onderwysers en kinders se belange voor hul eie geplaas. Dit word ongelukkig nie in die media bekend gemaak nie. Ons kon nie vir ‘n beter BL in hierdie beproewende tyd gevra het nie.

johan ·

As julle BL so goed was, hoekom is hierdie onskuldige dame vir die wolwe gegooi. Ek neem aan jy is seker op die BL as ‘n lid. Daardie BL moet hulle koppe in skaampte sak, nog beter, hulle tasse pak. Nee wat, jy sal niemand kan laat dink wyse verander nie, hulle het opgetree in belang van politiek, nie in belang van die onderwyser of skool nie. As my kind in daardie skool was, het ek hom/haar onmiddelik verwyder, julle BL is ‘n klomp slap …… wat nie weet wat hulle doen nie!!! Laat hulle na Bossasa gaan, ek hoor hulle gee bonus mense soos hierdie BL.

LHS ·

Hoekom is hier so baie mense wat geen idee het hoe die SA skoolstelsels werk nie?

Liewe luLu ·

Ai schweizer ouermaar jy myn diep. Al jouself afgevra hoekom die hoës op die BL kom? Daar is dalk net ywee kinders wie se ouers sê maae bankbestuurder is, maar daar is twee bankbeatiuurders op die BL. Daar is dalk een prokureurs kind in die skool, maar die prok is op BL. Ems. Maar daar is 128 ambagmans kinders in die skool, maar geen ambagman op doe BL, 98 werkloses se kinders in skool, maar geen werklose op BL. Pik by, hoe verteenwoorsig so n BL die kinders se belange?

Stuiwer ·

Ek stem., ek is jammer om te hoor van jou man se werkloosheid. Ek was self nog nie in jou situasie gewees nie. Moet egter nie alle Beheerliggame oor dieselfde kam skeer nie. Hulle is nie almal so nie. Ek vat eerder ‘n Beheerliggam voor ek die staat laat oorvat. Dan sal alles tot niet gaan. Niemand gaan meer betaal nie en alles sal uitmekaar uit val. En wie ly op die einde daaronder? Ons kinders!

Verkeerd ·

AG hou op om mense te beskerm wat dit nie verdien nie . die BEHEERLIGGAAM HET HAAR VOOR DIE BUS INGEGOOI . as ek sy is SUE EK HULLE BOOTS OFF!! DIE beheerliggaam het in STILSWYE toegelaat dat sy aan ‘n boom opgehang word .. nou skielik wil hulle STAPPE neem wat dinge net verder gaan vererger.

@Schweizer Ouer ·

Almal se belange is eerste gestel, behalwe die onderwyseres Elana Barkhuizen s’n. Ek wonder as jy in haar skoene was en hierdie pad in jou professionele loopbaan moes stap, of jy nog so baie sou dink van julle BL en dieselfde opinie sou hê.

alida ·

Dit is belaglik maar daar is seker prosedures wat gevolg moet word. Dit is nie sy wat die foto gestuur het nie.

Genieve ·

Nou se ek niks meer nie juffr ek dink jy wou die gebeurtenis agter die rug sit toe jy hoor jy kan weer skool toe gaan maar na hierdie ondersoek moet jy rerag opstaan en dat hulle nie oor jou loop nie. Wonder waaroor sal die onderdoek gaan hulle moet by hulle self begin.

Eben ·

Hierdie optrede in victimisering op die ergste graad en daar moet teen die Suidafrikaase Raad van Opvoeders opgetree word. Hier word posisie gebruik om drakonies op te tree teen ‘n onskuldige onderwyseres. Hoe is die Suidafrikaase Raad van Onderwysers saamgestel deur mense wat dit doen? Dit is presies wat veroorsaak dat daar gefrons word teen mense wat in posisies is wat dit nie verdien nie. Geen wonder dat onderwys in chaos is. Die raad speel meer ‘n afbrekende- as ‘n opbouende rol in die onderwys.

Leonard van der Dussen ·

Hierdie voortgesette veldtog teen ‘n onderwyseres wat net haar werk wil doen, wys hoe die staat al sy meganismes inspan om die gelykstellingsagenda te dryf – dit wat ook in CAPS self staan as primêre doel waarvoor die onderwys ingespan moet word, naamlik om transformasie in die gemeenskap in te dril en om sg foute van die verlede reg te stel. Hierdie vervolging is weersinwekkend. Dit wys egter die mag van die staat en sy tentakels en hoekom daar ‘n stap teruggegaan moet word en die vraag gevra moet word hoekom Suid-Afrikaanse onderwys so sterk onderhewig is aan staatsregistrasies, akkreditasies en dat persone ook gebind moet wees aan instellings soos SACE. Dit ruik na kommunisme en sentrale beheer, en die mag daarvan word hier gedemonstreer. Ons moet wegtrek van hierdie staatsgedwingde onderwysstelsel.

Peet Schabort ·

Jy staan op jou voete en waggel in die bokskryt met ‘n bloedbek maar wil nog steeds baklei. Magtag, los nou die juffie!!!

Anoniem ·

Ag nee regtig, vir hoe lank wil die mense nog vir Juf Barkhuizen treiter. ? Waneer gaan hierdie teisterig nou eendag ophou sodat sy kan aangaan met haar lewe. Juffrou, jy het werklik my simpatie.

SjN ·

Hul kan nie aanvaar dat hul verkeerd opgetree het nie, sterkte aan jufrou Barkhuizen, dagvaar die rook uit hulle uit en gaan aan met jou lewe.

Jerry ·

Oeps! Hierdie weerlose menslike politieke speelbal gaan aan flarde wees teen die tyd wat hierdie wedstryd se eindfluitjie blaas en dan gaan dit nog einde niet, wees! Ons slaan terug! Het ons vergeet dat dit gewoonlik ontaard in n oor en weer slanery!

Johan Neuteman ·

Mens word sommer baie kwaad vir die gekarring aan ‘n onderwyseres wat soos dit vir my lyk, net haar werk wil doen met toegewyde onderwys. Ek het al gehoor van die SACE-registrasie en lyk my dis verpligtend, maar dit klink nie juis of dit juis vir die onderwyser iets beteken nie. Dit voel eerder of die regering daarvan hou om al die onderwysers onder hulle duim te kan hou, en dis al rede hoekom SACE bestaan.

toy ·

Ek hoop sy stel ‘n GROOT eis in teen elkeen wat haar lewe nou hel gemaak het. Mens is nou al net mooi dik vir die rasse aanval teen blankes. Mens sal dink sy het iemand dood gemaak soos hulle aangaan.

Annemaré vd Merwe ·

Ek hoop ook sy eis baie geld. Die kinders mag aan die onnies slaan, met water gooi uittart ens, en hul mag niks doen nie. Wat het sy gedoen. Niks. ‘n Fotos uitgestuur vir die ouers en een ou wat nie afslag kry op sy skoolfonds nie gebruik dit as rassisme. Dit is bitter onregverdig. Moordenaars word vrygelaat op R1000 borg net om weer te moor, en moet al die hel deurgaan onskuldig.

GENOEG ·

Aan Scweizer Ouer, hoekom het die BL haar dan in die eerste plek afgedank? Nee wat, ek hoop Solidariteit gee die BL alle moeilikheid wat hulle verdien.

Fanie Cremer ·

Die rassisme draak teen blankes het baie aaklige koppe. Hierdie is een van hulle.
Nou, meer as ooit tevore, moet ons op ons knieë bly om op ons voete te bly.

JAN ·

Sê weer.. die hele kwessie val onder die 2 Kinderwette wat die optredes van die sorggewers duidelik uitspel.

Johan ·

Wat ‘n vernedering is die BL vir die ouers en kinders van die skool. Dalk moet iemand die BL se bank en privaat rekening nagaan, seker hulle het hulle bonus van Bossasa gekry, jammer die ANC, weer verkeert, die regering. Nie ‘n word van die BL nie, al wat hulle kon se, jy is ‘n rassis, jy is geskors, maar het hulle tyd gevat om jammer te se, nee. Hulle moet weg gejaag word vir die slegte voorbeeld wat hulle vir hulle kinders, ouers en familie toon.

Stuiwer ·

Waar is haar kollega in hierdie saak? Hoekom sê sy niks nie?

Nadia ·

Goeie vraag! En weet ons al wie die persoon/ouer is wat die bohaai begin het oor die foto?? Sal nogals graag wil weet. Of word daardie persoon beskerm?

Liewe luLu ·

Ai schweizer ouermaar jy myn diep. Al jouself afgevra hoekom die hoës op die BL kom? Daar is dalk net ywee kinders wie se ouers sê maae bankbestuurder is, maar daar is twee bankbeatiuurders op die BL. Daar is dalk een prokureurs kind in die skool, maar die prok is op BL. Ems. Maar daar is 128 ambagmans kinders in die skool, maar geen ambagman op doe BL, 98 werkloses se kinders in skool, maar geen werklose op BL. Pik by, hoe verteenwoorsig so n BL die kinders se belange?

Skroef ·

In alle waarskynlikheid gaan die sace ondersoek aan sie lug bring dat sy seur en deur skuldig is en die wet verander mpet word sodat lur’s soos lehari en lesufi die “mense” wat rassisties is op die plek kan teregstel. Pleks van word hulle rassistiese skreeuende bekke toegeklap. As hulle nie oorgeloop het van rassisme nie, sou hulle nie rassisme in elke situasie hesien het nie.

Lizelda ·

Hierdie arme, arme jong mens. Soveel, onsekerheid, trane, vernedering en slaaplose nagte. En ja, soos baie kommentaar reeds se Elana is deur haar eie BL vd wolwe gegooi. Wonder hoeveel blankes sit op die BL. En die ouer wat nou die bohaai begin het is sy nou gelukkig terwyl n hele klas se kinders ook omver gegooi is…

Blikke ·

“Small things amuses Small minds”
Moenie bekommerd wees nie Juffrou……jy sal steeds heel anderkant uitkom.

Tina ·

Elana, byt vas!! Dit gaan nog erger word voordat dit beter gaan word. Die haatbendes en hulle aanvoerders het bloed geruik en ongelukkig is jy die prooi (L.W. daar word altyd ‘n “maklike” prooi uitgesoek) .

Piet ·

Ag nog n patetiese rassistiese poging om n goeie onderwyseres te diskrediteer. Die hof se uitspraak behoort vir almal genoeg te wees. Sace sal uiteidelik ook ophulneuse kyk. Siestog

Loui ·

Die Beheerliggaam word deur die person e, wat kinders in die skool het, verkies. Hulle het nie ‘n bankrekening of begroting nie. Hulle keur die skool se begroting goed of af. Die Beheerligaam van Sweizer Reneke se skool het nie die juffrou beskerm nie. Sies!!!!!!!!!!!!

P ·

So gaan hulle met die arme juffrou sukkel tot sy bedank dis n skande. Sy het mos niks verkeerd gedoen nie.

Mel ·

Gaan Google bietjie die clicks episode van gister en kyk na daardie video clip. Maar daar is niks in die nuus daarvan nie!
Maar ‘n foto van kinders wat apart sit draai in die hof?
Nog ‘n hartseer realiteit.

Anoniem ·

‘n Juffrou kan dag vir dag nie opdaag om haar klas waar te neem nie ! Kamstig SIEK sonder ‘n Dr’s sertifikaat ! Dan word daar regtig nie eers so ‘n bohaai opgeskop soos met Juffrou Elana nie ! Wat gaan nou eintlik hier AAN ! Ek weet ‘n heksejag ?? Ons sien regtig deur Julle PLAN Kom LUR ‘chill’ nou net A S S E B L I E F en losit !

Martiens ·

Ek stem saam Johan. Die BL moes van die staanspoor hulle verset het teen die LUR se inmenging.
Hulle is net nog ‘n spul ruggraatlose mense wat politieke korrektheid ter wille is.
Hulle behoort hulle te skaam!

Krummel ·

Juffrou kan maar gaan, almal betrokke het haar lewe verwoes. Hulle wil haar nie terughe nie. Die beheerliggaam is bang vir die ouers van die Blinkkoppe met die vetrolle aan die agterkoppe. Ons en ons Afrikaanse taal se kerkie is uit. Ons is slapgat om die minste te se en hulle besef dit terdee. Hulle sal met ons doen net wat hulle wil. Ons verdien die ellende. Ek wil net graag weet, hierdie vrou het net die foto geneem. Wat op aarde het van die Juffrou geword wat die kinders so geplaas het. Sy is eintlik die skuldige, maar sy kom skotvry en daar word nul van haar gerep.

Judge Dredd ·

Die juffrou wat die kinders so geplaas het is ook onskuldig – dit was net ‘n tydelike reeling as gevolg van die laat inskrywing/taal terwyl sy vergadering met hoof gehad het..

Die mense wat aangevat moet word is almal wat ‘n rasse herrie van die video wil maak.

Annie ·

Ek dink die beheerliggaam het gesit en wag…. kyk wat wie maak. Die oomblik toe sy deur n hof onskuldig bevind is …… nou ja…. hoekom nou skielik wil iets doen?

Anoniem ·

Dankie Dr. Dirk Hermann dat Jy ons in ‘n ander nuusberig meedeel dat Juf Elana se ondersoeke nou grens aan kwaadwilligheid ! Moet asb dit nie daar los nie ! Sterkte

Grysburger Pretoria ·

Hierdie klink baie soos die heksejag teen Dr Wouter Basson. ‘n Geregshof lewer ‘n uitspraak en dan word die saak verder gevoer by ‘n professionele liggaam waar diegene in beheer in die regime se sakkie is.

Bamsie ·

My hart gaan uit na die onderwyseres. In hierdie AAKLIGE storie is daar baie wat hul kop in skaamte moet sak. Ek was ook al geviktimiseer deur die mense wat Krummels van praat. Nie naastenby so erg. Is daar n manier hoe ons vir haar n groot bos blomme kan stuur?

Anoniem ·

Juffrou Elana ! Al gebeur wat God is ‘n regverdige GOD Staan sterk in die GELOOF (God weet die uiteinde van die Sage) ?????

Ounooi ·

Sterkte Elana. Ons onnies staan bankvas agter jou, al ken jy ons nie. Byt vas en kyk op. This too will pass!

Anoniem ·

Ounooi – Julle is ‘cool’, ek staan ook bankvas en isi eers ‘n onnie nie – net fanaties oor regverdigheid – BID ???

Penellope Jones ·

Sy het ‘n foto geneem op aanvraag van ouers.
Dit was nie in haar klas nie.
Sy het ook nie die foto geplaas nie.

Wie se klas was dit en Wie het die foto geplaas?

Rina Bezuidenhout ·

Nee rerig Is die vrou nie nou al deur genoeg nie
Hul soek regtig iets wat kon gebly het Sy was nerens onprofesioneel nie. Hul is regtig gepla met die woord rassisme Laat haar nou aangaan met haar lewe

Jeremia ·

Treitering en ‘n heksejag.
Voortslepende geboelie oor beuselagtighede.
Om te dink onderwysers word verplig om aan Sace te behoort. En moet lidmaatskapgeld betaal.
Hierdie haas uit die hoed geruk , laat ernstige vrae ontstaan.
Probeer die politieke aanstigters hierdie storie opkook “to safe face”?
Almal het skielik niks geopponeer nie nadat daar swael en vuur gespoeg is.
Toe word die gepolitiekery sommer omgeskakel na eties.
Baie snaaks. Wat sê Menseregte kommissie en politieke partye nou – of wag hulle vir Sace?

Nita ·

Voor BL was daar reeds skoolkommitees. Sover terug as die 1950’s. Die BL bestaan ook nie net uit ouers nie. Lede van die personeel dien ook op die BL.

Johan ·

As oud-onderwyser en BL-lid van ‘n ander skool, is ek van mening dat die betrokke BL nie onder sterk leiding staan nie. Dis ironies dat die Hoof wat so vinnig tot die Juffrou se ontslag ingestem het, dalk ook sy eie pos kwyt is!

Josua Keys ·

Is die hoof van die skool nie dalk n ANC lid nie of dalk EFF nie want alby is baie lief om te “Fire” voor behoorlike feite op die tafel gelê word, as die hoof enigsins beheer gehad het sou hy eers n behoorlike ondersoek geloods het en dan n besluit geneem het hy was beslis nie n Pontius Pilatus in die geval nie. As ek die juffrou was het ek dadelik my bedanking ingedien want om terug te gaan en onder so n baas te gaan werk is ook nie goed nie, jy sal nooit n probleem met hom kan bespreek nie want hy swig onder druk van die meerderheid in plaas van veite,

Hans ·

Hoekom word die onderwysers wat onder die invloed van drank by die skole opdaag nie so vinnig vervolg nie. Duidelik ‘ n vendetta word teen die onderwyseres gevoer.

Anoniem ·

Hans : Goeie punt, heksejag maar ai hulle het al ‘n bloedneus HOOR is min ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.