Die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) het Vrydag gesê hy het alle asseserings van die 2019-aansoeke van eerstejaarstudente afgehandel.
Lees meerAlles vir Vrydag 25 Januarie 2019
Geelbaadjies betoog weer in Frankryk
Duisende betogers sal hierdie naweek weer oor Frankryk heen betoog teen pres. Emmanuel Macron se beleide. Teen-geelbaadjiegroepe beplan ook om die strate in te vaar om die geweld te veroordeel.
McBride: ANC wil iets wegsteek, sê Cope
Die Congress of the People (Cope) reken die “sinnelose en onaanvaarbare pogings” deur polisieminister Bheki Cele om die hoof van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) af te dank, is tekens dat die regerende party iets probeer wegsteek.
Netcare wil glo honderde werkers aflê
Die privaat hospitaalgroep Netcare is glo van voornemens om honderde werkers binne die volgende twee maande by verskeie hospitale af te lê.
Cele hou voet by stuk oor McBride
Die polisieminister Bheki Cele het aan Robert McBride, uitvoerende hoof van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod), gesê hy verwyder hom nie uit sy amp nie, hy gaan bloot net nie sy kontrak verleng nie.
ToekomsVenster: Jesus roep sy eerste dissipels
Hoor jy Sy woorde? Wat maak jy daarvan en daarmee?
Mthatha-lughawe: SA Express-vlugte gekanselleer
SA Express het Vrydag aangekondig dat hy alle vlugte met onmiddellike effek na Mthatha kanselleer, omdat die lughawe afgegradeer is.
Sakpasresep: Maklike mengelmoes
Ons almal beleef daardie dae dat daar net geen kreatiwiteit aan die dag gelê kan word om honger mae te vul nie. Hier is ʼn lekker, maklike en goedkoop idee om ʼn eenskottelgereg met min moeite te skep.
Bankrowers kry 914 jaar tronkstraf
“Die misdadigers, soos deur die hof verklaar, sal nie weer ’n bank beroof nie. Dit is ook ’n manier om misdaad te voorkom.”
Woelwaterbaba ʼn vreugde ná swangerskapskok
“Dáár het ek ineengestort. Ek het verskriklik gehuil. Ek het nie geweet watter kant toe nie.”
Tyd loop uit vir serebraal gestremde 8-jarige
“Ons vat dit dag tot dag. Ons wil net die beste hulp vir haar hê. Sy is al deur so baie.”
Skokfeite oor vuishou van droogte op landboubedryf
“Meer as die helfte van boere ly onder meer aan depressie en angs weens die uitdagings en skade te wyte aan die droogte.”
Redakteursbrief: ʼn Teater vol bejaardes, looprame en krukke
Dominee Tienie begin speel. Binne tien minute het ons almal vergeet van looprame, van pyne en skete, van pilletjies wat gedrink moes gewees het, van die gesukkel met trappe en hysbakke en looprame…
Die wêreld in foto’s – 25 Januarie 2019
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
SA’ners wat in Mosambiek sterf finaal gegroet
Vier jong mense van Suid-Afrika wat in Mosambiek verdrink het, sal hierdie naweek in hul geboorteland ter ruste gelê word.
Foto’s: Borduurwerk so mooi soos skilderytjies
Dis maklik om te sien waarom dié borduurwerk-kunstenaar so gewild is vir haar “skilderytjies”.
Dié soort rugby in ’n liga van sy eie
League-rugby is tans nog die stiefbroer van die vyftienman- en seweskodes in Suid-Afrika, maar dit kan binnekort verander. Veral met talentvolle jong spelers soos Esje Esterhuyse wat deesdae die league-stewels begin dra.
Leerders geskors ná vuiste by skool klap
Die video wys hoe die een leerder die ander een herhaaldelik slaan voordat die leerder eindelik op die grond val.
Woord: polonie
Waar kom ons aan die woord “polonie”? Taaltoffie stel ondersoek in.
Stad erken GladAfrica-kontrak was onreëlmatig
“Die R317 miljoen wat reeds aan GladAfrica bestee is, is dus ook onreëlmatig.”