‘Selfbeskikking het wesenlik noodsaaklik vir Afrikaners geraak’

Selfbeskikking is nodig omdat dit nou, te midde van die Covid-19-krisis, duideliker as ooit is dat die nasionale regering misluk. Nou is die tyd om dit baksteen vir baksteen te bou.

Só sê ʼn paneel van kundiges wat Maandagaand aan die eerste sessie van ʼn konferensie oor selfbeskikking wat die VF Plus aanbied, deelgeneem het. Dié praktyk-gerigte konferensie het met ʼn teoretiese besinning oor selfbeskikking begin, met prof. Koos Malan, regsgeleerde verbonde aan die Universiteit van Pretoria, Flip Buys van die Solidariteit Beweging en Carel Boshoff van die Vryheidstigting as paneellede.

Boshoff verduidelik dat selfstandigheid die vermoë is om ʼn besluit te kan neem én dit te kan uitvoer. Op sy beurt is selfbeskikking selfstandigheid wat erkenning geniet. “Ons siening van wat soewereiniteit is, is die kern van ons posisie. Die era van die soewereine staat het tot ʼn einde gekom. Die huidige realiteit is verdeelde en verspreide soewereiniteit. Elke bietjie selfbeskikking is ʼn boublok in die groter geheel,” sê Boshoff.

Die geskiedenis toon boonop dat state noodwendig kom en gaan. Selfs Pretoria het al vyf vorme van staatsbeheer beleef sedert die Zuid-Afrikaansche Republiek gestig is, voeg hy by.

Volgens Malan is selfbeskikking iets wat vir Afrikaners wesenlik noodsaaklik geraak het. “Dit is nie normaal vir volwassenes om voorgeskryf te word nie. Eweneens behoort kultuurgemeenskappe nie tot die status van minderjariges gereduseer te word nie.”

Talle mense is skepties oor selfbeskikking omdat die Suid-Afrikaanse grondwet nie ondubbelsinnig voorsiening daarvoor maak nie. Maar Malan glo dat die huidige staatsituasie nie as ʼn finale dwangbuis beskou moet word nie.

“Struikelblokke wat die Grondwet inhou kan te bowe gekom word. Dit is die politieke taak van politieke partye en ander rolspelers om juis die konstitusionele orde te verander. Daar ís maniere waarop minimumvorme van selfregering in werking gestel kan word, sonder dat die letter van die Grondwet verander hoef te word.”

Boshoff voeg by dat die wet die werklikheid volg. “Ons moet die werklikheid neerlê, dan sal die wet daarvolgens moet aanpas.” Malan beaam hierdie teorie dat die feite die reg vooraf gaan. “Daar kan slegs aan onontkenbare feite of realiteite, soos munisipaliteite wat misluk en tot alternatiewe dienslewering lei, erkenning gegee word. As daadwerklike selfbeskikking as ʼn feit wat reeds vasgelê is aan die regering voorgehou word, kan dit erkenning ontvang.”

Buys glo dat selfbeskikking van onder af gebou moet word; dit gaan nie van bo af gegee word nie. Na sy mening is selfbestuur ʼn huis met baie kamers – ʼn kamer vir opleiding, vir media, vir werk, ensovoorts.

“Ons moet gemeenskapsinstellings skep om op dié manier selfbestuur te vergroot. Hoe hoër jy van onder af op bou, hoe hoër is jou vlak van selfbestuur op daardie bepaalde terrein, byvoorbeeld tegniese opleiding soos dié wat Sol-Tech bied. Dit kan tot selfbeskikking lei.”

Buys se antwoord op die vraag oor hoekom Afrikaners nog nie selfbeskikking het nie, is dat daar nie ʼn natuurlik, geografiese gebied is waar Afrikaners in die meerderheid is en wat bloot deur die regering gegee kan word nie.

“Demografie is die beginpunt van toekomsbeplanning, op watter terrein jy ook al selfbeskikking wil hê. Die demografiese realiteit is dat Afrikaners mekaar in bepaalde gebiede of buurte opsoek,” sê hy.

Malan voeg by dat selfbeskikking vir die hele Suid-Afrika nie nagejaag word nie, maar wel grade van selfbeskikking in bepaalde gebiede waar kultuurgemeenskappe gekonsentreer is.

“In die lig van tegnologie en hoe mense hulself groepeer, is selfbeskikking binne stede die mees haalbare strewe. Dit is moontlik om aansienlike en genoegsame vorme van selfbestuur, op soveel as moontlik gebiede, hier te bereik.”

Volgens Buys is selfbeskikking nodig omdat ANC-bestuur van die land misluk het. “Ons sien die mislukking van sentrale staatsbeheer voor ons oë afspeel. Hoe swakker die staat is, hoe meer doen mense dinge self en bou hulle van onder af op – ons sien dit met alternatiewe elektrisiteitsopwekking, buurtwagte en so meer. As jy weer sien, het jy selfbestuur.”

Die volgende sessie van hierdie konferensie vind op Maandag 26 Oktober plaas, waartydens die vorme van selfbeskikking wat vir ’n verspreide minderheid haalbaar is, bespreek gaan word, asook hoe dit bereik kan word. Kyk die konferensie op die VF Plus se Facebook- of YouTube-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

My vraag ….. waarheen? Moet ons almal op pak en trek.
Induen nie wat word van die wat agter bly.
VF Plus in alle respek isjulle nou ook besig met ” verkiesingsfoefgie”

Hendrik

Daar is op die oomblik twee private selfbestuur gebiede in die land en bestaan al 26 jaar. Harde lesse is al geleer in hierdie tydperk. Die inkoop deur die Afrikaner gemeenskap in hierdie gebiede en die wat wat nog gaan onstaan is baie noodsaaklik. Infrastruktuur ontwikkeling is een van die grootste uitdagings en saam met dit eie arbeid om die gebiede te ontwikkel. Die druk op hierdie gemeenskappe is enorm en met die staat in opposisie is dit baie moeilik om koste van dorpstigting bekostigbaar te hou.

Pieter

Beslis.

Mariana

Vraag is seker op almal se gedagtes. Waarheen sal ons gaan. Watter deel van die land sal geskik wees. Maar die ANC sal dit nooit ooit toelaat nie. Hulle wil als vir hulself hê.

Coenraad

Lees wat gesê is. Die negatiewe lys is al klaar langer as die positiewe. Soos gewoonlik.