Senekal: Boer vas ná geweld buite hof

Duisende mense het opgeruk na die Senekal-landdroshof.

ʼn Vrystaatse boer is in hegtenis geneem in verband met die geweld wat gister buite die landdroshof in Senekal uitgebreek het.

Duisende mense het na die hof opgeruk waar die 21-jarige Brendin Horner, ʼn plaasbestuurder, se twee vermeende moordenaars in die hof verskyn het. Horner se liggaam is Donderdag op ʼn plaas in die Paul Roux-omgewing gevind.

Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa is kort daarna in verband met die moord in hegtenis geneem en het Dinsdag vlugtig in die hof verskyn.

Gemoedere het egter begin oorkook en ʼn polisievoertuig buite die hof is onder meer aan die brand gesteek. Die oproer is intussen wyd veroordeel.

Brig. Motantsi Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder, het gesê ʼn senior offisier is ná die oproer aangewys om ʼn span te lei om die “uitbarsting van geweld” te ondersoek en diegene daarvoor verantwoordelik aan die pen te laat ry.

“Die span het die werk voortgesit om diegene verantwoordelik vir sulke oproerige gedrag te identifiseer en dit het gelei tot die inhegtenisneming van ʼn 52-jarige man wat ʼn boer in Marquard is, maar in Senekal woon,” het Makhele gesê.

Die boer word van opsetlike saakbeskadiging en openbare geweld beskuldig. Hy verskyn volgens Makhele binnekort in die Senekal-landdroshof.

Die ondersoek duur voort en nog inhegtenisnemings gaan volgens die polisie binnekort volg.

Lt.genl. Baile Motswenyane, Vrystaatse polisiehoof, het die ondersoekspan vir hul vinnige optrede geloof.

“Ons glo dat voortgesette verhoudings tussen die polisie en boere, asook boeregemeenskappe, gaan help om dié saak op te los en te verseker dat geregtigheid geskied,” het Motswenyane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Pieter ·

Hoeveel EFF lede het julle gearesteer julle ANC kommuniste gaan ons boere nie bang maak nie nog minder cele met sy groot bek

Blikkies ·

Hoekom…………….wat het die Polisie gedoen gedurende die Coligny verhoor waar swart mense die hele dorp aan die brand gesteek het, was daar enigsins enige arrestasies gemaak? Ek is rooiwarm kwaad nou…

Wakkerslaper ·

Die polisie het mos die situasie in Coligny “gemoniteer”….

groenboer ·

Ek wonder wanneer gaan enige van die EFF se lede op dieselfde klagte in hegtenis geneem word…

In ieder geval, ek weet nie eintlik waarom die boere daar saamgetrek het nie. Dit gaan geen effek hê op die uitslag van die hofsaak, of op plaasmoorde in die algemeen nie. Wanneer die saak voortgaan, moet hulle dalk almal wegbly, dan daag die EFF se “grondmagte” verniet daar op, en dan laat dit hulle boonop lyk asof hulle moordenaars ondersteun…

Pieter ·

Hulle hoef nie so te lyk nie. Dit is hulle wat die geweldenaars opstook en uitstuur om te moor, hulle “lyk” nie net asof hulle hul ondersteun nie

groenboer ·

Ja, jy is nogal reg: hulle stook in elk geval geweld aan.

In ieder geval, ek sien ‘n groot klomp “af” duimpies op my kommentaar. Ek wens eintlik een van dié wil kommentaar hier lewer en verduidelik waarom hulle my kommentaar so haat. Dit is werklik nie vir my heeltemal duidelik wat die boere hoop om te bereik hier nie, of met die eindelose petisies en optogte oor plaasmoorde nie. Dit het nog nooit die geringste verskil gemaak nie, en dit is nie vir my duidelik waarom mense dink dit gaan nou ‘n verskil maak nie. Al wat dit nou bereik het is om die boeregemeenskap soos die EFF te laat lyk.

“Speak softly and carry a big stick,” het Ted Roosevelt gesê. Iets om oor te dink.

groenboer ·

Die boere gaan moet plan maak om hulself te beveilig. Makliker gesê as gedoen, maar dit behoort teen hierdie tyd duidelik te wees dat die regering geen plan het om enigiets te doen nie, en die optogte en betogings en petisies is ‘n mors van tyd.

Wat kan die regering in elk geval doen anders as om meer polisie (of dalk weermageenhede?) op die platteland te plaas? Maar gedagtig aan hoe die SA polisie soms optree, hoe seker is ons ons wil werklik die hele platteland vol polisie hê? Ek lees die ander dag van ‘n geval waar ‘n boer soldate van die weermag op sy plaas vang, besig om sy beeste aan te jaag. Mens moet versigitg wees waarvoor jy wens, want jy kry dit dalk…

Nie Verbaas ·

ANC grap, kyk op video wie het voertuig aan die brand gesteek. Narre. Wat van polisie se lede wat n skokgrenaat gegooi het tussen mense wat op pad na hul motors was na alles? Dan jaag die narre nog weg in n kasper. Lagwekkend

Luister ·

Is daar ‘n video? Waarom word dit nie gewys nie, wonder ek?

Persheks Adri ·

Wens julle tree so vinnig op met plaasmoorde, maar nee julle is mos te sleg! Die enigste geregtigheid is om daai moordenaars te laat sit.

Jy krap ne Cele jy krap en waar was jy huh? Groot bek! Tsek man tsek!

JohanR ·

Ek bly in die Kaap maar dink nou sterk dat die volgende keer dat die twee verdagtes weer in die hof verskyn in Senekal, om Bloemfontein toe te vlieg, ‘n kar te huur en die 1h45min Senekal toe te ry. Vir my sal die lekkerte wees dat die EFF ook daar sal wees. Ek verstaan daar was 1000 boere Dinsdag by die hof in Senekal. Volgende keer moet dit 2000 wees! Die brief is Dinsdag begin, nou moet hy net klaar geskryf word.

Nic ·

Dit is jammer dat hierdie soort optrede moes gebeur. Maar die oorsaak daarvan moet suiwer voor die polisie en hulle onbevoegde en grootbek minister gelê word. As die minister enigsins belang gestel het sou hy gewet het dat sy eie onbevoegde kaders al lankal aan die pen moes ry omdat hulle nie belang stel om te beskerm en te dien soos wat hulle leuse lei nie. is daar mense wat hierdie gearresteerde boer gaan ondersteun en gaan toesien dat hy geregtigheid gaan kry?

Wakkerslaper ·

Is hierdie nie nog ‘n bewys dat ons as Boerevolk deur die anc terroriste staat uitgesonder word nie? Maw dat ons as volk ‘n fisiese teiken is nie? Vakbonde en EFF en BLF kan plunder en brand sonder gevolge, maar laat ‘n paar Boere (met bitter goeie rede) ‘n bietjie hardhandig raak dan word daar dringend opgetree?

Leonard ·

Die polisie sal moet sorg dat daar nie verdere plaasmoorde plaasvind nie, veral nie in die Vrystaat nie. Om ‘n protesterende boer nou in hegtenis te neem, met al die senior aandag wat hulle daaraan gee, en ‘n plaasaanval gebeur nou, gaan die gemoedere erg opjaag. Met goeie rede.

En ons moet almal begin gewoond raak aan die gedagte dat meer as net praat en plakkate en optogte gaan gebeur – en saamstaan, ook met die boere wat ongeduldig begin optree. Mag dit wees dat ons mekaar kan oorreed die punt is gemaak teenoor die regering met die daadkragtiger optrede in Senekal en dat daar nou eers weer gepoog moet word om die stabiele oplossing te probeer aan die werk kry. Maar die boodskap is gestuur dat daar nie vir altyd net leë praatjies kan wees nie.

Johann ·

Solank die sweep na ALLE kante ewe veel en ewe hard geklap word.

LANA is ELANè ·

Ek het geweet dit gaan gebeur ~ “hulle” die regerende party met die SAPD se meriete van enige saak hang altyd van pigmentasie en taal af. Coligny is mos ‘n duidelike vb van dit. Dubbele standaarde is altyd aan die orde van die dag as jy in SA werk, woon en probeer oorleef.

Diertjie ·

Tsek eff en cele!!! Ek is n vrou maar as ek kon sou ek met die volgende verskyning daar gewees het met al die nodige hulp geriewe

Pieter ·

Lyk die klomp rassiste van die eff en anc soek nou vir n regte moeilikheid en ek voel is tyd. GENOEG IS GENOEG!! (Nie bang vir eff of enige anc rassis nie.)

daniel ·

Siener het op sy sterfbed voorspel dat dinge radikaal sal begin verander tengunste van die boerevolk wanneer die ys begin smelt. Hoe dit gaan gebeur is nie duidelik nie, maar dat dit gaan gebeur is seker, want God gaan dit so beskik.

Jannie van Niekerk ·

Dit wil voorkom of sekere polisiemanne, net soos hulle minister en president, plaasmoorde goedgesind is. Daar word NOOIT teen ANC, EFF, SAKP , BLF Cosatu plaasmoord goedgesinde misdadigers opgetree nie. Weereens ‘n bewys dat Cele en Ramspoedphosa hulle twee helde, die plaasmoordenaars ten alle koste wil beskerm.

Persheks Adri ·

HOEKOM WORD DIE BOER NA BETLEHEM TOE GEVAT EN NIE SENEKAL TOE NIE? 7 POLISIE “VANS” OOK NOGALS VIR 1 BOER…

SKUUS VIR MY HOOFLETTERS

daniel ·

die gekonkel in die duisternis sal spoedig tot n einde kom, want God verafsku onreg.

Jannie van Niekerk ·

Wanneer mens genoeg gedruk word , is genoeg GENOEG. Die feite soos waargeneem deur die mense wat daar was, is dat die POLISIE die skote afgevuur het en die boere fisies aangeval het om hulle (die Cele polisie) se twee helde te beskerm.

Jones ·

Mag hul sy naam bekend maak as hy dan nog nie eens in die hof verskyn het nie.

Sakkie ·

Baie geluk julle het vir n slag nie n verkoue deur n oop venster gevang nie as julle in die 1ste plek julle skaap dief maatjies gevang het sou niks van die gebeur het nie wakker word biekie sillie

Werner ·

Hier is ongelukkig net een antwoord op ons probleem.Die ander wang draai is nie meer n opsie nie

Pieter J ·

Ek hoop van harte dat mense landwyd al die boere wat gearresteer word se families moreel en finansieel sal ondersteun. ń Fonds behoort onmiddellik hiervoor gestig te word.

Nick ·

Ek wag vir volgende hofsaak, eff wil boere n les leer, VF en ander, bly eerder stil die tyd is hier!

Dirk Mostert ·

Op TV was ook swart betogers voor die hof gewys. Het hulle betoog vir of teen die moordenaars. Daar is duidelik minder polisie-toleransie jeens blanke as swart betogers.

LiveAndLetLive ·

Ag shame EFF, is dit nou al wat julle het teen die boere, hoekom maak julle nie melding van die onskuldige KIND wat wreed vermoor is en aan n paal vasgemaak is nie, en die duisende ander blanke boere wat voor hom in grafte gesit is nie, julle plunder, brand af, verwoes, steel en dan is dit niks nie!!!
Hierdie betoging het gegaan oor MOORD van belasting betalers wat iets vir die land beteken, hoe kan julle dink dit maak mense nie kwaad nie, ons as boere is nie bang vir julle nie man.

KlipRSA ·

Dink die tyd vir ‘n revolusie is nou’ nader as nog ooit tevore. Count me in…

Gert Johannes ·

Dis verbasend dat ‘n voertuig wat aan die brand gesteek is, nog gister daar kon lê en geen tekens van brand tton nie. Gister iemand ‘n video geneem wat toe rook uit enjinruimte toon en daar het ‘n swarte by enjin ap gestaan. News-24 is liegbekke, wie betaal hulle??@@@

Jacobus ·

Die SAPS tree regtig op soos skoolgrond boelies. Altyd met oormag en nooit moeilikheid soek met groter ouens nie. Dit is eintlik pateties snaaks. Soos boelies het hulle niks anders om te bereik nie.

Veronika ·

Dis hoog tyd gewees dat ons ook oproerig geraak het!!! 10/10!! Gelukkig het ‘n prokureur van Bloemfontein gister gesê hy sal al die boere pro-bono verteenwoordig, hul kan net sy petrol koste vanaf Bloem na Senekal @ R3.00 p/km betaal!! Verdomde korrupte regering!!

Michael ·

Kyk net hoe vinnig spring hulle nou, terwyl paaie en geboue en treine en busse verbrand word, en niemand gevang word nie.

mandy ·

dis belaglik. hulle brand huise en skole en gaan mal en niks gebeur daar nie. Dis tyd dat ons opstaan vir ons self. As hulle mag hoekom mag ons dan nie????

Marius ·

Ons mag nie kwaad raak as een van ons wit mense vermoor word nie , maar hulle brand en plunder besighede oor shampoo . Ag siestog .

Mallie ·

Ons weet mos hoe dit hier werk. Swartes kom weg daarmee en wittes word inhegtenis geneem. Wonderlike regering en regeerders wat ons het.

Vanessa ·

Ek is so trots op die boere. Na al die jare staan hulle op vir wat reg is. Genoeg is genoeg!!!!!! Malema moet liewer stilbly. Ons het genoeg mooi gepraat, gepleit, gesoebat vir hulp. Dis tyd dat ons nou saamstaan. Ons staan agter die boere en hoop om een van die dae saam julle deel te neem. Onthou om more swart aan te trek vir ons boere!!!!!!

Brakpan ·

Hoekom “Vas”? Jy laat dit klink na bedrog of moord!!! Nee man kies jou woorde beter!!

Derek ·

Almal spring op die wa om kommentaar te lewer. Die groot opstokers loop vry voet rond en lag. Ek onthou Mantashe se woorde van n politieke platform net voor die vorige verkiesing: the human created by god to his image does not a conscience en Zuma se woorde: my people do not need to work, nie eens genoem Malema se haat spraak. Hy het geen idee wat die woorde vrede en liefde beteken. Dit word nie raak gesien maar wanneer mense moeg en raadop is vir misdaad en opstaan dan word dit dadelik veroordeel en mense gearresteer. Klagtes is by die SAHRC ingedien in September 2019 ten opsigte van die skending van ons regte as Christene maar daar word niks aangedoen. Artikel 15.1 van die handves van menseregte die doring in die vlees van SA. Dit is net nog n leuen in die sogenaamde demokrasie, n gelowige en ongelowige kan nie die tafel deel, Exodus 34 waarsku ons juis daarteen. Dit kan nie en sal nie werk nie, die persone wie dit dink lewe in n droom wereld van hul eie korrupte gedagtes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.