Senior NVG-amptenaar afgedank oor rassisme

Pumeza Futshane. (Foto: NVG Facebook-blad)

Die bevinding van ’n dissiplinêre ondersoek na die gedrag van Pumeza Futshane, hoofaanklaer by die Johannesburgse landdroshof, het bepaal dat sy uit die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) afgedank moet word nadat sy daaraan skuldig bevind is dat sy rassistiese en xenofobiese opmerkings gemaak het. AfriForum se privaatvervolgingseenheid dring sedert 2019 daarop aan dat ’n ondersoek na dié, asook ander, bewerings teen Futshane gedoen moet word en sy is op grond van die aantygings teen haar in Maart 2021 geskors hangende dié ondersoek.

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, meen dat AfriForum se voortdurende druk en monitering van die NVG se optrede bygedra het tot die implementering van ’n dissiplinêre ondersoek teen Futshane.

“Die privaatvervolgingseenheid het respek vir hardwerkende aanklaers wat hul dagtaak met integriteit doen en het betrokke geraak by hierdie kwessie om te verseker dat sulke aanklaers hul werk werklik sonder vrees, guns of vooroordeel kan verrig.”

Futshane is getroud met Andrew Chauke, die Gautengse direkteur van openbare vervolging (DOV), wat beteken dat sy direk aan haar man gerapporteer het. Aanklaers wat in die Johannesburgse landdroshof werksaam was, het gevoel dat Futshane sowel haar as haar man se magsposisies misbruik het om haar kollegas te intimideer en verkleineer.

’n Aanklaer wat onder Futshane gewerk het, het AfriForum se privaatvervolgingseenheid meer as twee jaar gelede gekontak en beweer dat Futshane xenofobiese en rassistiese uitlatings op ’n WhatsApp-groep vir aanklaers gemaak het. Die aanklaer het die eenheid genader omdat daar glad nie teen Futshane opgetree is nie – ten spyte van die klagtes wat reeds in Oktober 2019 onder die aandag van die nasionale direkteur van openbare vervolging gebring is.

“Die bevinding van die dissiplinêre ondersoek is ’n groot oorwinning vir die aanklaer wat ons genader het en geweier het om onder druk (wat selfs verplasing ingesluit het) te swig. Ons kantoor is gestig met die doel om gelykheid voor die reg te hervestig en dit is wat hier gebeur het. Ons wil ook die NVG komplimenteer op die feit dat hulle die dissiplinêre verhoor deurgevoer het,” het Nel bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johanna ·

Mooi so, dit was baie dapper van die betrokke aanklaer wat die saak nie net daar gelos het nie.
Kan jy dink hoe die Chauke’s agter hulle huis se toe deure teenoor ander rasse afgegaan het.
Sy en haar man.moes nooit so direk saam gewerk.het nie.

SjN ·

Mooi man, mooi, goeie nuus vir n slag. Dink mos hul is onaantasbaar.

Sean ·

Is daar n verskil tussen zenofobia en rassisme in hierdie land?

Wondermaarnet ·

LOL en hoop sy gaan betaal word om haar luukse lewe voort te sit.

Jr ·

Afriforum : Saak no 10000 gewen. South African govt = 0. Go Afriforum

Wondermaarnet ·

En sy het seker haar volle salaris met voordele en bonus ontvang na die skorsing?

Annamarie ·

Verhewe bo die howe, “so onaantasbaar” Lekker kry maar!!!

Nico ·

Wat verstaan hierdie mense nie, rassisme is om ‘n volk se kultuur te vernietig wat ook sy oorsprong van kommunisme het. Wanneer gaan hierdie mense dit stop, die swartmense kan mos nie rassisties wees nie, dit is net die wittes wat so optree. Rassisme is besig om die bestaan van nasies en kulture te vernietig, stop daarmee.

Misky ·

Dan is hulle baie vinnig om te sê swart en bruin mense kan nie rassisties wees nie. Lekker!!!!

Bernard ·

Haar gedrag is simptomaties van ‘n (welverdiende) minderwaardigheiskompleks. En nou vir die MM-sensors!

Aanhouer ·

Ag wat ň jammerte, sy en haar man het dan so lekker saamgewerk. Sug…

Bart-Man ·

Daar plaas hulle die stelling ,”Black people can’t be racists” ordentlik op die tafel.

Andrew ·

Yip, al die voor aanstaande mense wat ons gewone man se lot beheer.

Di ·

Totsiens en “good riddans” Haar soort moet nerens ‘n werk kry nie!

Niklaas ·

Dit gebeur maar min , maar dis darem lekker om sulke nuus te lees.

pompies ·

Net een probleem nou gaan sy net n beter pos in die regering kry. Haar man gaan bevordering kry en sy gaan sy ou pos kry soos die anc werk

Swerwer ·

Pragtig! Sy moet ook onmiddelik van die rol geskraap word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.