Sensus begin by haweloses

Haweloses in Johannesburg (3 Februarie 2022) (Foto: Marco Longari/AFP)

“Daar sal nie meer ʼn gelieg wees nie,” sê Masechaba Thebe, ʼn 33-jarige wie se huis die strate van Johannesburg is. “Ons is hier en ons is baie.”

Statistieke Suid-Afrika het laat Woensdagaand vir die eerste keer in ʼn dekade met ʼn sensusopname begin wat tot 28 Februarie sal voortduur.

Dit is die vierde sensus sedert die aanvang van demokrasie in 1994. Die opname vind gewoonlik elke 10 jaar plaas, maar is verlede jaar uitgestel weens Covid-19.

Ongeveer 165 000 sensus-opnemers het om middernag die strate ingevaar met ʼn gedetailleerde vraelys om almal in die land te tel, ongeag “ouderdom, ras, kleur of geloof”.

Een span het in die Johannesburgse middestad ʼn hawelose kamp genader waar sowat 20 mense op ʼn sypaadjie plak.

“In watter provinsie is jy gebore?” Geen reaksie nie. “Wat is jou vlak van opvoeding?” Nog meer stilte.

Owen Nkosi het lank oor sy ouderdom nagedink. Miskien 43, maar dit kan 45 ook wees, hy het nie regtig tred gehou nie.

“Tot watter bevolkingsgroep behoort jy?”

Hy het net sy kop geskud en verder geslaap.

Die sensus-opnemer het “swart” gemerk en in die straat afgestap om elders te gaan probeer.

ʼn Beduidende deel van die bevolking het tydens die 2011-opname onder die radar beweeg. In 2016 was Suid-Afrika se bevolking ongeveer 55,7 miljoen.

Sowat 35 700 haweloses is getel – meeste van hulle in Gauteng. In 2015 het die Sentrum vir Sosiale Wetenskaplike Navorsing dié getal beraam op 200 000.

Tony Lissaga (48) sê hy het ʼn paar jaar gelede van Mosambiek af gekom, “want daar is geld hier”. Tot dusver kon hy slegs werk kry wat sowat R600 per week betaal vir ʼn werktuigkundige – nie genoeg om huur te betaal nie. Die hoek waar hy bly ruik na urine en vullis. Hy sê hy drink nie, maar hy rook bietjie dagga. “Dis moeilik. Ek het iets nodig om te vergeet ek bly op straat.”

Die man wat langs hom lê, het sy skouers met ʼn lap geklap om die muskiete weg te waai.

Die polisie het hulle nie verjaag nie. “Só toestand, eish!” het een polisiebeampte gesê wat die sensus-opnemers beskerm. “Dis sleg om dit te sien.” Alhoewel die polisiestasie naby is, is daar nie genoeg ruimte om al die haweloses te akkommodeer nie.

ʼn Paar meter verder het ʼn man al sy klere vir die aand uitgetrek en het in sy onderklere in die straat gestaan. Hy het ʼn vuil kombers geskud om vir hom ʼn bed op die sypaadjie te maak. Sommige mense gebruik winkelwaentjies om hulself te beskerm. Ander lê onder sakke en rommel.

“Ek het geen privaatheid nie. Nêrens om te bad nie. Ek het nie enige tipe lewe nie,” sê Thebe. “Hulle het ons vantevore getel, maar dit het niks gehelp nie.” Haar ouers het onverwags gesterf. Haar kêrel het haar uit die huis geskop en nou is sy op straat.

Xolani Gcobo het daar naby soos ʼn skaduwee verbybeweeg en na die kameras en ʼn groepie politici gegluur. “Ja, ja, trots Suid-Afrikaans!” het hy gesê met die reuk van alkohol in sy asem, terwyl hy spottenderwys na die land se bemarkingslagspreuk verwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

annie ·

Kundiges meen ons beweeg nader aan 70 miljoen. En almal op die strate… vanuit ander lande… val nie hul eie regerings aan nie, maar ons s’n? So gaan dit ook elders in die wêreld. Die eie moederland is net te bly iemand andes wil sy kinders aanneem. Waar laai mens die sensusvorm af? Of word dit aan geregistreerdes ge-e-pos? Wie weet dalk?

Adriaan ·

Die sensus gaan gebruik word om te sê kyk hoe goed leef wit mense terwyl daar so baie arm en werklose swart mense is. Gevolglik is meer regstellende aksie en bee nodig.

Jaco ·

Hoekom is daar amper 28 jaar na apartheid nog steeds haweloses, plakkerskampe en werkloosheid? Wat dan nou van die toorwoorde regstellende aksie en BEE?

annie ·

As ‘n dam ‘n groot inloop het en ‘n kleinerige uitloop, begin die dam later oorloop. Hoe word dit reggestel? Deur te wonder, Afrikaners, apartheid en kolonialisme die skuld te gee, of die waarheid in die oë te kyk?

Sakkie ·

Wonder hoe lyk sy vorm??
Seker:
Willie Werkloos
Roosbos 2
N1 Brug
Kraaifontein

JohanR ·

Al wat ek hier vir die sensus-opnemers kan se is alles van die beste daar by die haweloses, en aan die res van SA wees versigtig as die sensus vorm ingevul word. Dink mooi aan wat neergeskryf word. By voorbeeld skryf Afrikaner en my taal is Afrikaans, en by ras sit “ander.” Die ANC is behep met ras.

annie ·

Ras kan nie ‘ander’ wees nie. Indiërs en Kleurlinge of Sjinese of Khoi gaan nie ‘ander’ invul nie. Al die ‘ander’ is welkom om ‘n eie tuisland te vind. ‘n ‘Ander’ sal dan jul president word. Moet dan nie kla nie. Ons ander sal maar ons eie ras en kultuur en godsdiens aanhang. Koebaai!

Tanniepetoors ·

Trots Suid-Afrikaans inderdaad. Trotse ANC martelaars. Viva ANC, Viva!
My hart bloei vir ons land en sy mense. Almal.

annie ·

Uitgevind (hopelik) dat ‘n ‘link’ na diegene se mail-adres gestuur sal word wat geregistreer het en reeds ‘n pin en verwysingsnommer ontvang het ná internet-registrasie vir die sensusvorm. Dit volg glo ± 4 dae na die amptelike aanvangsdatum. Voorspoed!

Jacobus ·

Mnr Gcobo som dinge goed op – hy moet onthou dat hy hier is om te stem. Vir die res bestaan hy nie!

Swerwer ·

Stel geensins belang in die sensus opname nie want dit is ‘n groot klug.
Waarvoor word miljarde spandeer op Binnelandsesake wat veronderstel is om elke landsburger
op hul stelsel te hê. Wys maar net weer………………………

Pampoen ·

Daar is nou BAIE haweloses en bedelaars. Op elke hoek staan daar vier. Mens weet nie waar om te gee en waar om te ignoreer nie. Mens kan ook nie onderskei tussen goeie mense wat hulp nodig het en mense wat bloot te sleg is om te werk nie. Dis ‘n hartseer storie. Ek het vir een bedelaar ‘n sak groceries gegee. Hy het dit teesinnig gevat en dadelik probeer verkoop. Hy wou eintlik geld gehad het ….

Adriaan ·

Ek skenk aan Helpende Hand want ek dink hulle weet wie werklik hulp nodig het en wie bedel net sien as n maklike manier van geldmaak. Hulle weet ook beter as ek watter vorm van hulp nodig is, bv klere of kos of watookal.

Papsak ·

Ek hoop hulle sien nou werklik hoeveel wittes sit sonder werk en kry swaar maar nee dit is mos net our people wat na gekyk word hulle kry mos nog swaarder as wittes ag shame

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.