Sersant se vrou verdink van moord

Die vrou van ʼn polisiesersant is Donderdag in hegtenis geneem. Foto ter illustrasie. (Argieffoto)

Die vrou van ʼn polisiesersant is Donderdag in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn 39-jarige verdagte oor die polisieman se moord ondervra het. Die twee word nou aangekla van die moord op sers. Joseph Christopher Kutu van die Witbank- taktiese reaksiespan in Julie vanjaar. Hy is in sy huis doodgeskiet.

“Die polisie het Dinsdag gereageer op inligting wat hulle gelei het na die huis van ʼn verdagte wat verdink word van huisroof en die moord op die polisieman,” het kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, polisiewoordvoerder van Mpumalanga, Donderdag in ʼn verklaring gesê.

“Die verdagte is in die agterkamer van die huis wat hy in ʼn nedersetting buite Witbank huur, aangekeer. Tydens ondervraging is die polisieman se 28-jarige vrou met sy moord verbind en Donderdag in hegtenis geneem.”

Die twee sal Vrydag in die landdroshof op Witbank verskyn. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Shakespeare ·

Iets positief oor die nuus wat ons so swartgallig maak. Gisteraand was daar 57.8 mijoen mense wat nie aangerand of vermoor is nie.

Waarnemer ·

Die gras blyk toe groener gte wees aan die anderkant…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.