Altesaam ses mense is Woensdagaand dood nadat ’n vragmotor in nagenoeg vyf motors en ’n groep voetgangers ingeploeg het in Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo.
Volgens die provinsiale departement van verkeer en gemeenskapsveiligheid het die voorval by die kruising van Thabo Mbeki- en Retiefstraat plaasgevind.
Die bestuurder van die vragmotor het glo óf versuim om betyds rem aan te slaan óf die vragmotor se remme het moontlik onklaar geraak voor dit in vyf motors en ’n groep voetgangers ingeploeg het.
Die vragmotor het hierna in ’n banktak ingeploeg en van die motors en die gebou het aan die brand geraak.
Die vragmotorbestuurder en ’n passasier is in die voorval dood sowel as vier voetgangers. ’n Motoris het kritieke beserings opgedoen en is na ’n hospitaal gehaas vir mediese behandeling.
Mavhungu Lerule-Ramakhanya, LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, het haar medelye met die oorledenes se families betuig. Sy het ook haar kommer oor die aantal noodlottige ongelukke uitgespreek.
- Foto: Twitter
- Foto: Twitter
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
18 Kommentare
Selfmoordbommers dalk?
“Sy het ook haar kommer oor die aantal noodlottige ongelukke uitgespreek”. Maar wat DOEN julle anders as om te praat?
Vragmotors behoort nie deur dorpies te ry nie, hul behoort op die snelweg waar hul moet betaal .
Volgens Police Trafficing Limpopo se berig wat op fb S A Truckers gedeel is het die trokdrywer uitgeswaai vir ‘n aankomende voertuig en toe beheer verloor oor die trok.