Ses jaar tronk toe oor R200

Argieffoto

ʼn Voormalige verkeersbeampte van Limpopo is tot ses jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van korrupsie.

Rodney Dakalo Ramusia (29) is in die Mokopane-landdroshof gevonnis nadat hy omkoopgeld van R200 aanvaar het, het kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, gesê.

Ramusia en ʼn kollega het in Mei verlede jaar  ʼn voertuig van die Valke buite Naboomspruit voorgekeer en op omkoopgeld aangedring ten einde nie ʼn verkeerskaartjie uit te skryf nie. “Hulle was nie bewus dat dit lede van die Valke in die voertuig was nie en albei is onmiddellik in hegtenis geneem nadat hulle die omkoopgeld aanvaar het.”

Volgens Maluleke is Ramusia en die kollega op borgtog van R1 000 vrygelaat. Tydens die verhoor is die klagte teen Ramusia se kollega teruggetrek.

Ramusia is tot ses jaar direkte tronkstraf gevonnis sonder die opsie van ʼn boete.

Genl.maj. Thobeka Jozi, hoof van die Valke in Limpopo, het die vonnis verwelkom.

“Ons sal voortgaan om die regering se beleid van geen verdraagsaamheid te steun ten einde ongeregtigheid en onwettigheid uit te roei. Ons wil graag diegene wat van die publiek steel waarsku dat die lang arm van die gereg hulle sal inhaal,” het sy gesê.

“Die Valke sal voortgaan om regeringsinstellings sowel as die private sektor te reinig en ʼn kultuur van integriteit te herstel. Ons doen ook ʼn beroep op landsburgers om te alle tye waaksaam te wees en hierdie onwettige dade aan te meld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Jean ·

Ja nee, die opskrif is lekker misleidend.
Tronk to oor korrupsie, nie net R200 nie.

Johan ·

Ek stem saam met Jean.
Dis korrupsie met verswarende omstandighede omdat ‘n verkeersbeampte absoluut eerlik en bo verdenking moet wees.

Cherokee ·

Die opskrif is reg. Die lokaas om korrupsie te pleeg was R200.

Thys ·

Ai hoe lekker kry ek nou, daar trap di muis in sy eie slagyster, gedink hy was “cool” en net di kat se snor, ha ha ha ha ha kry vir jou

Willie ·

Hy het nie net R200 gevat nie. Hy is maarnet gevang met R200. Lekker kry vir jou jou van ons.

Sandra ·

Alles goed en wel hy sit agter tralies, maar hulle trek salaris wyl hulle sit!

George ·

Hier in Paulpietersburg drop vat die verkeersbeamptes en hoof omkomgeld en hulle doen net wat hulle wil.

Oom Willem ·

Straf die kleintjies en die grotes stap vry rond en is onaantasbaar.

WitBlits ·

Nou wonder ek hoe lank sou Zumpies sit as hy ‘n spietkop was en nie Nr1 nie?!!!

Anoniem ·

Praat glad nie hierdie gedrag goed nie, maar hoeveel padgebruikers het al sulke omkoopgeld betaal? En waarom is dit net amptenare wat gestraf word? Politici kom met miljoene der miljoene weg. Hoeveel van hulle gaan tronk toe?

Gert van Wierdapark ·

Die kleintjies is maar net weerlig-afleier terwyl die plunderaars van Biljoene Rande soos met die Transnet lokomotiewe, krokodiltrane gooi in n “Oscar” vertoning, en dan wegstap met R-miljoene as Goue seun hand-druk! Dis om van Naar te word en “katte te skiet”

Gordon Horn ·

Die Verkeersbeampte is nie ń voormalige beampte van Limpopo nie. Hy is n voormalige beampte van die Nasionale Verkeerspolisie NTP

Sarie ·

Ek stem saam met jou. As die publiek weier om omkoopgeld te betaal en dit aanmeld, sal dit ook end kry. Die publiek is vinnig om geld aan te bied om hulself uit die moeilikheid te kry, nou kry hul lekker oor een ou gevang is. Wag tot jy volgende keer afgetrek word en hul sluit jou toe omdat jy hulle probeer omkoop, want dis hoe dit hoort. Eks bly die Valke maak ‘n voorbeeld van korrupte polisie.

Willie ·

Kom Valke wys julle staal en vat die VBS diewe ook vas asb…. Hulle is mos nou VIP’s in die land, wat dien in die Parlement?

SuidkusTannie ·

Kan daai landros nie betrokke raak by die Guptas en Zuma nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.