Sesjarige glo deur kerk-opsigter verkrag

Argieffoto (Foto: Josh Hild/Pexels)

ʼn Sesjarige meisie is Saterdag na bewering verkrag deur die opsigter van ʼn kerk in Roodepoort.

Kapt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê ʼn saak van verkragting is omstreeks 14:00 die middag by die Roodepoort-polisie aanhangig gemaak. “Die polisie het vinnig reageer en die verdagte onmiddellik in hegtenis geneem.”

Die polisie se eenheid wat gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings ondersoek, stel verder ondersoek in. Die verdagte sal binnekort in die Roodepoort-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mariana ·

Watse siek mense is in ons samelewing. As hy skuldig is moet hy gestraf word. Ouers moet kinders maar oral vergesel.

Peetjie ·

Wat se nuwe verkragting mode is nou weer aan die orde van die dag!!! En elke keer is dit n jong-jong meisie – nie dat ander verkragtings minder ernstig is nie!!

Darts girl ·

Wat word van die mensdom, dat n klein seuntjie of dogtertjie nie eers meer veilig is by die kerk nie. As dit my kind was, hulle sou my moes toesluit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.