Die polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na ʼn negejarige seun wat Donderdag spoorloos verdwyn het.
Kol. Thembeka Mbele, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het gesê die seun, Mfundo Hlophe, is die laaste keer teen 16:30 op bure se plaaswerf in die Mgekayi-reservaat in die KwaMsane-omgewing gesien.
Hy het die bure se woning verlaat en nooit by die huis opgedaag nie.
Die seun het ʼn gestreepte vlootbloubroek aangehad.
“Die enigste foto wat sy gesin van hom het, is ʼn foto wat geneem is toe hy jonger was,” het Mbele gesê.
Die KwaMsane-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om sers. Sihle Msweli by 073 417 6682 of 035 551 9059 te kontak as iemand hom opspoor.
Het die skool nie dalk ‘n meer onlangse foto van hom nie? Ek bid graag saam dat hy veilig gevind word
Dit is enige ouer se vrees. Hoop hulle kry hom gou en dat hy veilig is. Sterkte aan die ouers.
Lizelle tel eerder jou seeninge.
Mag hulle die seuntjie vind en veilig met sy ouers herenig. Ek kry die mense so jammer wat uitgelewer is aan die elemente en hul president en leiers leef in weelde met soveel sekuriteit. Ons kan ons kinders veilig I ‘n kleuterskool of naskool sit maar in die nederettings is hulle aangewese op die bure terwyl die ma’s en pa’s in ons huise en tuine werk. Wens die vermorsing van geld op naams-veranderinge en ander onsinnige uitgawes kan stop en armlastigheid verbeter.
Aggg aarde, dis vreeslik hartseer om te sien hoeveel kinders net so verdwyn. Dit moet n helse beproewing vir die ouers wees en ek bid ook die outjie word veilig gevind alhoewel ek so n angstigheid voel hier in my hart.