Die seun is glo Vrydag by ʼn naskoolsentrum in Mill Park ontvoer. Die verdagtes, onderskeidelik 31 en 32 jaar oud, het Dinsdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn. Hulle sal weer volgende week in die hof verskyn wanneer hulle na verwagting om borgtog aansoek sal doen. Die staat het aangedui dat hy borgtog sal teenstaan.
Die seun en sy ouers kan nie geëien word nie weens die sensitiwiteit van die saak. Die polisie het vroeër gesê ʼn derde verdagte is steeds soek. Volgens die klagstaat is die kind Vrydagmiddag na ʼn sakeperseel geneem waar hy teen sy wil gehou is.
Die kind kon daarin slaag om die aandag van iemand in die buurt te trek en die polisie is ontbied. Die seun is later dieselfde aand met sy ouers herenig. Volgens die klagstaat het die ontvoerders ʼn losprys van R50 000 van die kind se pa geëis.
Die land is mal.