Seun met ma se opgekapte liggaam betrap

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

ʼn Man is op heterdaad deur sy pa betrap terwyl hy glo besig was om dele van sy vermoorde ma se liggaam in ʼn sak te pak.

Voordat die man op die vlug geslaan het, het hy na bewering sy geskokte pa in die bors gesteek.

Kapt. Phumelelo Dhlamini, polisiewoordvoerder, sê polisiebeamptes het Dinsdag om 09:00 ʼn oproep ontvang dat daar menslike liggaamsdele in ʼn motorhuis in Riverside in die Vrystaat gevind is.

Daar word beweer dat Motsumi Joseph Mokoena tussen Maandagaand en Dinsdagoggend by sy huis aangekom en sy seun in die motorhuis aangetref het. Dié was glo besig om die oorskot van sy ma, wat in stukke gekap is, in ʼn plastieksak te pak – glo met die doel om daarvan ontslae te raak.

“Toe sy pa hom uitvra oor wat aangaan, het die seun ʼn mes uitgepluk en hom in die bors gesteek. Hy is inderhaas na ʼn hospitaal geneem met ernstige steekwonde,” sê Dhlamini.

Die seun het glo op die vlug geslaan en is steeds op vrye voet.

Die oorledene is intussen deur ʼn familielid geïdentifiseer as Modiehi Khodumo Mokoena (65).

ʼn Saak van moord en poging tot moord word deur die polisie ondersoek.

Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om op die uitkyk te wees vir die vermeende moordenaar.

“Die verdagte is 1,5 m lank en skraal gebou sonder ʼn baard. Hy is 30 jaar oud en is laas gesien met ʼn gestreepte T-hemp en swart jeans.”

Enigiemand wat inligting het oor waar die verdagte homself bevind, kan lt.kol. Japhta Milela by 079 889 3311 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Suzette ·

En dan word hierdie ding geklassifiseer as ‘n mens met regte…..

Alfred E Neuman ·

Suzette, jou kommentaar is mees relevante kommentaar.

Namgrl ·

En hier sit en verlang ek dan so my moeder. 35 jaar gelede en die verlange is nog steeds so erg (‘n skamele 7 jarige destyds). Al is dit net vir ‘n drukkie – en monsters maak so!!! dit breek ‘n mens se hart…

KatjieDeKat ·

Dit maak my erg hartseer om hierdie te lees, my simpatie uit my diepste hart vir jou. Ek is nie jou moeder nie, maar ek stuur vir jou n drukkie.

Janc ·

Onmenslik om die minste te sê. Hoe siek moet jy nie wees om in staat te wees tot so iets nie?

TRP ·

Hoe wreed is die mensdom? Jou eie ma.??

Net terloops, die publiek gaan maar min van hulp kan wees met die beskrywing, daar is nie net 2 wat daardie voorkoms en lengte het nie. ‘n Foto mag dalk meer van hulp wees.

Boer ·

Sonder ‘n foto kan ons hom nie identifiseer nie. Plaas ‘n foto op die blad.

Swerwer ·

Word hierdie soort babaarse optrede ook as mensereg beskou? Kan nie ‘n mens weet wat so optree nie.

Dries ·

In Ukraine moor Putin mense en kinders met bomme wreedaardig uit. In Suid Afrika moor mense mekaar uit. Wat is die ergste ????

Deon ·

Ek dink die ergste is dat ons vir een of ander rede dit nie kan stop nie

Dries ·

Ons moet maar net aanhou veg vir ons eie grond gebied. Daar word hard gewerk daaraan

Sheree ·

Jou eie Ma?! Ek het my Ma laasjaar aan die dood afgestaan en verlang my dood elke liewe dag. Maak my so so kwaad dat mense sulke goed kan doen.

Eden ·

Die siek samelewing het geen einde nie. En dit in ‘n klein plekkie soos Riverside.

Eden ·

Terloops, ek het vandag by 342 “verdagtes” met daai beskrywing verby gery.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.