Seun vas oor bedrog met pa se boedel

Argieffoto (Foto: Michal Jarmoluk/Pixabay)

Molefe Msweli (41) het Dinsdag in die Palm Ridge-handelsmisdaadhof verskyn op aanklagte van bedrog oor sy wyle pa se boedel.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Msweli het na bewering vervalste dokumente by die meester van die hooggeregshof in Gauteng ingedien as enigste begunstigde. ʼn Eksekuteursbrief is uitgereik vir die boedel ter waarde van sowat R14 miljoen.

“Die Valke in Johannesburg het dadelik ondersoek ingestel ná die meester van die hooggeregshof agterdogtig was oor die testament wat Msweli verlede jaar in Junie ingedien het, net twee maande ná sy pa se afsterwe.”

Verdere ondersoek het onthul dat Msweli meer as R14 miljoen se vaste eiendom en versekeringspolisse geëis het.

“Msweli het hom aan die Valke in Johannesburg oorgegee, vergesel deur sy prokureur. Hy is van bedrog aangekla.”

Die hof het hom vrygelaat op borgtog van R2 000 en die saak is tot 22 September uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SomeOne ·

r2000 borg vir r14mil, dis nie te sleg nie, weereens ‘n bewys van wie kry voordele in die “land”

SjN ·

Borgberag is 0,01%, belaglik, om bedrog te pleeg begin n lonende opsie word.

Frank John ·

Begeerte na Geld kan n man se kop deurmekaar maak. Daai begeerte wat mens dryf na kwaad.

Anoniem ·

Genade! Lyk my BEDROG UITDINK /PLEEG is ‘n nuwe beroep wat tans hoë aanklank vind

Kathleen ·

Gierigheid kan mens in groot moeilikheid (mens spel dit net ietwat anders) laat beland ,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.