Sewe dood in gru-ongeluk in KZN

Die ongelukstoneel (Foto: Verskaf)

Sewe mense is Dinsdag vroegoggend dood tydens ’n gru-ongeluk op die N2-snelweg tussen die Umgeni- en Inanda-pad in Durban.

Die bestuurder van ʼn ligte voertuig met agt insittendes het glo Dinsdag omstreeks 05:45 beheer oor die voertuig verloor en dit het verskeie kere gerol. Daar was geen ander voertuig in die ongeluk betrokke nie.

Rescue Care, Life Response en Netcare911 se nooddienste was na die toneel ontbied.

Volgens Robert McKenzie, woordvoerder van KwaZulu-Natal se nooddienste, was paramedici net na 06:00 na die toneel ontbied. Die polisie was toe ook reeds op die toneel.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, sê die insittendes was in die voertuig vasgekeer. Paramedici moes meganiese reddingskake en ander hidrouliese reddingsgereedskap gebruik om hulle uit die voertuig te kry. Volgens McKenzie en Jamieson het sewe van die agt insittendes in die ongeluk omgekom.

Die agtste insittende het ernstige beserings opgedoen en is deur paramedici behandel. Hy is per ambulans na die naaste hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

McKenzie sê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Die N2 is steeds gesluit en die polisie se soek-en-reddingspan, die metropolisie se soek-en-reddingspan asook die Durban se ongelukbestrydingseenheid is tans op die toneel om die omstandighede te ondersoek wat tot die ongeluk gelei het.

McKenzie sê in ’n onverwante voorval is ’n voetganger digby die ongelukstoneel deur ’n voertuig doodgery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anel ·

Nou hoeveel mense is nou al dood in hierdie tyd in ongelukke en nie virus verwante oorsake nie? Vir hoe lank wil die regering ons nog probeer bang praat met die virus?

JohanR ·

Twee dinge. Ligte voertuig vir vyf met agt in? Sou se miskien het die twee voor hulle sitplek gordels aan gehad, maar die ses(ek skat) op die agter sitplek kon nie sitplekgordels aangehad het nie. Toe daai motor rol sou dit daar binnekant gewees het soos ‘n klein boot in ‘n orkaan. ‘n Motor is ‘n lekker ding, maar ‘n motor uit beheer uit is ‘n skrikwekende ding!

Duck ·

…..en blykbaar mag ons net 3 mense in ‘n voertuig (klein) laai.
Twee plus die bestuurder.

Andre ·

Arive Alive het seker ‘n verduideliking vir al die noodlottige ongelukke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.