Sewe dood toe sleepwa loskom

Die ongelukstoneel. (Foto: Verskaf)

Sewe mense het Saterdagaand in ʼn grusame ongeluk tussen Middelburg en Stoffberg in Mpumalanga gesterf.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, sê die ongeluk het omstreeks 19:00 op die R555 gebeur toe ʼn vragmotor en ʼn bakkie gebots het. Die sewe oorledenes is die bestuurder en ses passasiers wat in die bakkie was.

“Die aanduidings is dat ʼn voertuig op dié pad ʼn sleepwa gesleep het. Die sleepwa het losgekom en in die aankomende verkeer ingegaan teen die bakkie vas. Die bestuurder van die bakkie het beheer oor die voertuig verloor en reg van voor met die vragmotor gebots,” sê Mmusi.

Die sewe insittendes is op slag dood. Die pad is tydelik gesluit terwyl owerhede op die ongelukstoneel besig was.

Die ongeluk kom op dieselfde dag wat vier mense dood is toe twee motors reg van voor op die R546 tussen Charl Cilliers en Embalenhle in Mpumalanga gebots het. Drie mense het op die toneel gesterf, terwyl die vierde persoon onderweg na die hospitaal dood is. Die vier oorledenes was almal insittendes van dieselfde motor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

corne ·

7 in n bakkie wat beteken daar was te veel mense in die bakkie

John ·

Jou empatie met die mensdom is bewonderingswaardig Corne. Jy is werklik `n voorbeeld vir ander.

SkaamTeLoos ·

vra ek ook. 7 mense. dalk as die voertuig nie orlaai was nie….
dis sad ja. maar sal gestenig word.

Andre Stander ·

Dit is Afrika. As die deure kan toe, dan ry ons..

Karre, busse, taxi’s, vliegtuie……..

Lolla ·

Hulle was seker agterop die bakkie waar hulle in die 1ste plek nie mag wees nie.

Ilze ·

Of daar nou 1 of 7 in die bakkie verongeluk het….dis n sleepwa wat losgekom het. Ons paaie is deesdae slagvelde.

Simpatie ·

Corne, dis plaaswêreld. Mense sit ook agter op bakkies.
Dis verskriklik erg wat gebeur het. Hier word ‘n bestuurder met’ n situasie gekonfronteer en moet in ‘n splitsekonde reageer. Arme mense.

Andrea ·

Kan met enige een gebeur. Wat gaan/kan jy doen as daardie sleepwa in jou inswaai teen hoë spoed en dit in die donker?

Chris Ws ·

Het die sleepwa ‘n veiligheids ketting aangehad ?So ver ek weet is dit wet.Ek vra maar net.Myne het een aan so al kom hy los by die hak sal die ketting hom nog aan my voertuig vashou.

Jan Alleman ·

As hy reg gepak is ja. As hy te swaar agter is sal hy kan afhaak. Ketting of nie.

SjN ·

Ketting kon ook breek, fratsongeluk, tragies dat onskuldige mense so sterf.

Arnu ·

Dit hang af watse sleepwa dit was, baie het net ‘n dun kabel wat die remme van die wa aktiveer sodra dit los kom. As die wa nie na gekyk is kan die remme nie saam werk wat sal veroorsaak dat die wa kante toe beweeg. Alle waens met hierdie remme het nie ‘n ketting nodig. En glo my ‘n wa of karavaan wat af haak en ‘n ketting het kan maklik jou voertuig omgooi.

Chris Ws ·

Ken iemand wat ek saam mee gewerk het wie se sleepwa van die hak af losgekom het toe hy stadig om ‘n draai gery het met ‘n veteraan motor op hom en hy het nie ‘n veiligheids ketting aangehad nie.Die sleepwa het ‘n voeganger op die sypadjie getref en hom so ernstig beseer dat hy nooit weer kan werk nie.Hy betaal daai voetganger maandelikse onderhoud vir die res van sy lewe.Dit was lank terug .Die POF sal nou die nodige dekking behartig in so geval.

humor ·

Kan ons maar al die bespiegeling los , die kruks van die saak is daar is 7 mense dood en dit gaan deesdae rof op ons paaie. Baie erger as maar net enkele jare terug. Waarom?? Oor die algemeen n gebrekkige verantwoordelikheisbesef.!!!!!

Natalene Visser ·

Ek stem 100% saam. Die geduld op ons paaie skitter soos die aandster in die Hemelruim.

skurweberg ·

Het die veilgheidkettang wat aan die sleepwa moet wees ook gebreek of was daar nie so iets nie? Die tipe vrae moet gevra word. Ek sleep self en die veiligheidskettang tussen die sleepvoertuig en die sleepwa word nog met ‘n slot aan die sleepvoertuig se knop vasgesluit om ook diefstal te voorkom. “Liewer bang-jan as dooie-jan”

chrisjan ·

Stem 100% saam met jou “skurweberg”.Daai gesegde het my oorlede pa my van klein tyd af geleer.Mar in die’ geval weet ons NIE wat die situasie was nie so kom ons los dit daar.Tragies van die mense wat oorlede is.
Laat my dink aan Ronnie Belcher van Cul de Sac op tv faam se ongeluk ‘n klompie jare gelede .’n Aankomende Vragmotor se sleepwa het los gekom en sy disselboom het Ron se motor se dak heeltemal afgehaal.Ron het dit nie oorleef nie.Tragies is nie die woord nie.’n Breekdeel van ‘n sekonde voor dit gebeur het het hy sy vrou gevra vir ‘n lekker om te suig .Toe sy afbuk om die pak lekkers op te tel tref die disselboom hul voertuig.Sy het niks oorgekom nie.

Koos de Meyer. ·

In die eerste plek moet ‘n sleepwa neusgewig hê as hy gelaai word. Dit moet ook ‘n voldoende veiligheids ketting hê. Ek sit nog ‘n bout deur die ketting om die haak. Dit word nie genoem wat se sleepwa dit was nie. Daar is ook baie wrakke op ons paaie wat veel te wense oorlaat. Maar dis ons nuwe Suid-Afrika.

Hexadane ·

Dit is baie hartseer om te sien hoeveel mense die naweek oorlede is weens ongelukke, baie het te doen met onpadwaardige voertuie, nie eers te praat van die wonderlikke pad merke nie.(Ry maar net op die ou JHB pad deur centurion) maar dit kon ook gewees het dat die haak heel en al van die motor afgebreek het dan sou geen ketting help nie. Ek het nou al van twee gevalle gehoor waar Toyota die haak vervang het op twee verskillende hilux bakkies blykbaar is daar is fabrieks fout? so ek gaaan niemand veroordeel nie daar is baie faktore wat hier te spele is. Sterkte aan die families mag julle vrede in julle harte vind.

Adele ·

Ek het Saterdag daardie pad gery om troukar te ry vir ‘n troue, ek het nie eers die onthaal bygewoon nie, juis omrede ek weet die pad is glad nie veilig nie. Eerstens is die pad vol slaggate en glad nie veilig nie en tweedens ry die mense soos varke op die pad, hulle is ongeduldig veral as daar trokke is en hulle vat groot kanse en sit onskuldige mense se lewens in gevaar. Op een stadium het ‘n voertuig by ons verby gery waar hy omtrent 3 x voertuie en ‘n trok moes verby vat en die aankomende trok met millimeters gemis het, op ‘n ander stadium het ‘n voertuig met ‘n lee waantjie ons verby gevat en my voertuig net gemis met sy sleepwa, ‘n ander voertuig met ‘n familie in was so ongedulig en het ook voor aankome verkeer in gejaag en die voertuig net gemis. Ek het die hele pad van Stofberg af omtrent tussen 60 en 80 km gery want dit is nie veilig om op hoe spoed te ry nie. Ek is regtig jammer vir die mense wat hulle lewens verloor het Saterdag sowel as Vrydag. Ek dink die owerhede sal moet aandag gee aan die toestand van die pad en moet duidelike waarsuwings borde aanbring.

wonder maar net ·

Dit kon ‘n dubbel kajuit met ‘n canopy ook gewees het… !! Wie weet??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.