Sewe gewond in skietery by Kaapse stasie

(Foto: Bosbeer/Twitter)

Sewe mense is Maandag gedurende ʼn skietery op ʼn stasieplatform in die Kaapstadse middestad gewond.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, sê verdagtes het op mense losgebrand voordat hulle al skietend in verskillende rigtings op die vlug geslaan het.

Ses mans en ʼn vrou in ʼn rolstoel is in die voorval gewond en na ʼn hospitaal geneem.

ʼn Verkeersbeampte het een van die verdagtes (31) kort ná die skietery vasgetrek. Die polisie fynkam sedertdien drie misdaadtonele in Marineweg, Strand- en Buitenkantstraat vir moontlike leidrade.

(Foto: Bosbeer/Twitter)

“Ek moet die verkeersbeampte loof vir sy blitsige reaksie toe hy die gewapende man wat met ʼn 9 mm-vuurwapen gewapen was, agternagesit en aangekeer het,” sê JP Smith, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid.

Die stasie is intussen tydelik gesluit terwyl ʼn saak van poging tot moord ondersoek word.

Die polisie sê die moontlikheid dat die voorval met die taxibedryf verband hou, kan nie in dié stadium uitgeskakel word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Mariana ·

Liewe Hemel is SA nou die Wilde Weste. Wat gaan aan in hierdie land. Van ’94 af is hier geen wet en orde meer nie en die kriminele het eenvoudig als oorgevat.

Cherokee ·

Hoe lank gaan julle nog die wilde Suid Afrika vergelyk met die Wilde Weste wat nooit ooit so misdadig was as Suid Afrika.

Persheks Adri ·

Dankie ANC cartel pffft julle sorg mos vir ons veiligheid! Ek sien nie lig aan die einde van die tonnel nie…

Die Goodwoodianer ·

Ons benodig weer ñ regte regering soos wat daar was tot en met 26 jaar gelede.

JohanR ·

Ek dink Covid-19 het rerig uit gewys hoe nutteloos hierdie ANC goverment rerig is! Party van die ministers het nie ‘n clue gehad nie….Ebrahim Patel, Lindiwe Zulu, Fikile Mbalula, Bheki Cele en dan nie eers praat van daai een in die Oos Kaap wat ‘n groot wind op nationale tv gelaat het nie!

Cherokee ·

Net so sal die Amerikaners wat Trump uitgestem het, ook binnekort kwytraak,

Moedeloos ·

Nou hoe kom mense met wapens op die platform van die stasie. Waar is die nodige sekuriteit dan?

Marius ·

En moet ons bedank , anc en moet ook nie die eff kinders weg gooi nie . Hulle reken mos alles kan met geweld opgelos word .

Cornelius ·

Die Verkeersbeampte moet n bevordering gegee word vir sy ongelooflike optrede tenspyte van die uiterste gevaar wat hom in die gesig gestaar het. Gee hom n Bells.

Wondermaarnet ·

Daar is mense wat verplig is om van openbare vervoer gebruik te maak, maar nou moet hulle vrees vir hul lewens. Dit is mos nie normaal nie?

Jakes ·

As daar nie treine aan die brand gesteek word nie dan word daar teiken geskiet op mense. Hoop nie dit word n nuwe stokperdjie nie.

Regverdigheid ·

Stem geen wet in orde in Suid Afrika , die krimenele het meet reg , ons land word n sirkus so so verkeerd.

Blomme ·

En die Oscar vir die mees wettelose land in die wêreld gaan aan………!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.