Sewe in hof vir Krugersdorp-verkragtings

Die verdagtes is tydens ‘n multi-dissiplinêre optrede in hegtenis geneem. (Foto: Polisie)

Altesaam 14 verdagtes kan regstreeks verbind word met die beweerde bendeverkragting van agt vroue wat in West Village in Krugersdorp, Gauteng, afgespeel het.

Sewe van die verdagtes het Woensdag in die landdroshof in Krugersdorp verskyn.

Volgens Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Gauteng, staan die mans tereg op verskeie aanklagte van verkragting, seksuele teistering, roof met verswarende omstandighede en die oortreding van die Immigrasiewet.

Die oorblywende sewe sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn.

Die verkragting het op 28 Julie plaasgevind toe ʼn groep van 12 vroue (onder wie sangeresse, modelle, aanbieders en ʼn grimeerkunstenaar) en tien mans besig was met die verfilming van ʼn musiekvideo toe hulle oorval is deur ʼn groep gewapende mans wat in komberse geklee was. Van die vroue is toe verkrag en die groep is beroof.

Altesaam 84 verdagtes is ná die voorval in hegtenis geneem.

Die saak is tot 28 September uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Harley Davidson ·

Die zama zamas kry nou baie aandag beide van die media en die polisie, nou wonder ek wat moet gebeur om plaasmoorde ook in die kategorie van aandag en polisie optrede te plaas.

gpsa ·

Waarom toe hierdie mense 2 jong mense, wat sonder petrol gaan staan het, dood geskiet het, was daar nie soveel aandag aan die saak gegee nie?

Pierre ·

Gee hulle borg dan vlug hulle maar net oor die grens om later weer gevang te word en die siklus herhaal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.