Die nasionale polisiekommissaris het die slagoffers van die Krugersdorp-voorval waar agt vroue in Julie 2022 verkrag is, ’n openbare verskoning aangebied, maar dit blyk dat geen koppe gaan rol oor die uitlek van die slagoffers se persoonlike inligting nie.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Krugersdorp-verkragtings"
Krugersdorp: Alle verkrag-aanklagte gelos
Ná drie maande is die DNS-monsters in die saak verwerk en alle aanklagte van verkragting teen die groep van 14 beskuldigdes is laat vaar.
Vrou met besittings van bendeverkragtingslagoffer betrap
Die vrou het Woensdag in die Krugersdorp-landdroshof verskyn waar sy tereg staan op aanklagte van regsverydeling.
Ongebruikte myne ‘teelaarde’ vir misdaad
Altesame 56 skagte by ongebruikte myne aan die Wes-Rand is reeds geseël en tientalle ander behoort binnekort op dieselfde manier beveilig te word.
Ondersoek begin ná Krugersdorp-slagoffers se besonderhede uitlek
Die Nasionale Inligtingsreguleerder is bewus gemaak van ʼn lys met persoonlike besonderhede van die slagoffers wat uitgelek het, glo deur polisiebeamptes se toedoen.
Sewe in hof vir Krugersdorp-verkragtings
Die oorblywende sewe sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn.
Parlement moet ‘loslippige’ Cele oor verkrag-opmerking ondersoek
Die DA sê Bheki Cele se opmerking is net nog ʼn bewys dat hy nie geskik is vir sy amp nie en die trekpas moet kry.
‘Onthul maatskappy wie se werkers in Krugersdorp verkrag is’ – ActionSA
Volgens die party kan die betrokke onderneming nie aanspraak maak op dieselfde privaatheid as die slagoffers nie totdat bevind is dat hy alles moontlik gedoen het om sy werknemers teen die aanvalle te beskerm.
SANW werp lig op gerugte van ontplooiing
ʼn Interne kennisgewing van die weermag voer aan dat die situasie in die land geleidelik versleg en dat soldate gereed moet wees “in afwagting op ontplooiing”.
Inwoners brand zama-zamas se besittings
Inwoners van die myndorp Mohlakeng het Maandag die strate ingevaar, gewapen met kapmesse en hamers.
Zama-zamas: ‘Ontplooi die weermag’ eis inwoners
Die polisieministerie en SAPD-bestuur het die naweek vergaderings met inwoners in West Village in Krugersdorp en in Kagiso gehou.
Krugersdorp-verkragtings ruk weduwee opnuut
“Was een man se dood en talle ander se aanranding dan nie genoeg vir die polisie om toe al teen onwettige myners op te tree nie?”
Polisie ‘oorweldig’ deur Krugersdorp-chaos
Ouers van hoër- en laerskoolleerders in die gebied is Donderdag gevra om hul kinders by die skool te kom haal weens geweld in die omgewing.
Cele se kop geëis oor verkragting-uitlating
Bheki Cele, minister van polisie, het tydens ʼn onderhoud gesê dat een van die slagoffers, ʼn 19-jarige vrou, “gelukkig was om deur een man verkrag te word”.
Tientalle vas, een dood ná polisie op zama-zamas toeslaan
Die jongste inhegtenisnemings volg na die voorval waar ʼn groep vroue verkrag en ’n filmspan beroof is tydens die verfilming van ʼn musiekvideo by mynhope in West Village in Krugersdorp.
Meer as 80 in hof vir Krugersdorp-verkragtings
Geen beskuldigdes staan tans al tereg op aanklagte van verkragting totdat die DNS-ontleding afgehandel is nie.
Cele oor Krugersdorp-verkragtings: ‘Geen steen onaangeraak’
Dit het tydens die ontmoeting aan die lig gekom dat van die verkragtingslagoffers so jonk as 19 jaar oud is. Cele het hulle en hul gesinne die versekering gegee dat die polisie geen steen onaangeraak sal laat in die soektog na die aanvallers nie.
Agt vroue verkrag tydens verfilming van musiekvideo
Twee verdagtes is doodgeskiet en 65 in hegtenis geneem ná multidissiplinêre optrede Vrydag in reaksie op die verkragtings in Krugersdorp.