Meer as 80 in hof vir Krugersdorp-verkragtings

Die verdagtes is tydens ‘n multi-dissiplinêre optrede in hegtenis geneem. (Foto: Polisie)

Altesame 84 verdagtes het Maandag in die hof verskyn nadat hulle die afgelope naweek in hegtenis geneem is vir die beweerde aanval en verkragting van agt vroue in West Village in Krugersdorp.

Die slagoffers was deel van ʼn span bestaande uit 12 vroue en 10 mans wat Donderdag ʼn musiekvideo naby ʼn mynhoop verfilm het toe hulle oorval, beroof en verkrag is.

Die verdagtes het een vir een Maandag in die Krugersdorp-landdroshof verskyn op aanklagte van die oortreding van die Immigrasiewet en die besit van gesteelde goedere.

Genl. Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, het gesê ʼn DNS-ontleding sal bepaal of die verdagtes met die verkragtings verbind kan word. Suid-Afrika het ʼn reuse-agterstand wat DNS-toetse betref, met derduisende toetse wat nog afgehandel moet word.

Nog geen verdagtes staan al in dié stadium tereg op aanklagte van verkragting nie.

ʼn Groep mense het voor die hof opgeruk en daarop aangedring dat geregtigheid so gou moontlik geskied. Party mense het baniere opgehou met slagspreuke soos “Geen borgtog vir verkragters”, “Is ek volgende?” en “My liggaam is nie ʼn misdaadtoneel nie” daarop.

Bheki Cele, minister van polisie, het die aand voor die verdagtes se verskyning met ses van die agt vroue en hul families vergader om hulle oor die verloop van die ondersoek gerus te stel.

“Wat in Krugersdorp gebeur het, is ʼn skande vir ons nasie,” het Cele voor die hof tydens ʼn mediakonferensie gesê.

Hy het bygevoeg dat van die slagoffers nou met langtermyngevolge moet saamleef.

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag in sy weeklikse nuusbrief sy hartseer oor die gru-daad uitgespreek.

“Die aaklige dade van brutaliteit is ʼn belediging teen vroue se reg om in vryheid en veiligheid te werk en lewe,” het hy gesê.

“Verkragters het geen plek in ons samelewing nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

domheks ·

Is julle seker die zama-zama’s is verantwoordelik vir die verkragtings? Nou word daar nie verder ondersoek ingestel nie! Wat ‘n grap van polisie het ons nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die skuldiges is seker al oor die grens.

Vettiemaragartos ·

Ek kry elkeen van hierdie vrouens uit my hart uit jammer. Ek weet nie hoe staan mens weer op en word heel na so ondervinding nie.

Dit gesê lê ek die skuld hiervoor voor die regering en ANC se deure. Hulle skep hierdie senarios in opdrag van die WGO en die ander powers at be. Auntie Pat se veiligheidsheining het nie veel gehelp om die onwettige immigrante uit te hou nie en daar word ook geen poging aangewend om hierdie mense terug te stuur na hul eie lande nie. Hulle wil chaos in ons land veroorsaak sodat ons swak en magteloos sal staan en toekyk hoe al ons kommiditeite van ons weggeneem word.

Piet ·

“Suid-Afrika het ʼn reuse-agterstand wat DNS-toetse betref, met derduisende toetse wat nog afgehandel moet word.” Sal wag en sien of dit ooit opgelos gaan word…

Rayman ·

Hierdie saak gaan mos nou voorkeur behandeling kry, plaasmoorde is mos nie belangriknie

Kobus ·

SA is ‘n paradys vir onwettige burgers. Dit is ook nou nie asof die ANC skielik bewus geword het van die Zamma Zamma’s nie. Die SAPD is nie opgewasse teen die magte nie , maar waarom nie ons Spesmagte gebruik om die lot aan te val nie? Ons is vinnig om Kubane in noodsituasies in tevoer. Indien ons magte nie bevoeg / opgewasse is nie kry die VSA se Marine’s dan in. Hulle sal die takie vinnig afhandel. Ons regering kon en sal nooit vroue kan beskerm nie. Hulle sê een ding maar doen die teenoorgestelde.

Faraway ·

Bring die doodstraf terug vir verkragtings met suksesvolle skuldigbevindings .

Di ·

Hierdie ZAMA ZAMAS is al BAIE lank besig in die land en talle onskuldige mense is vermoor, maar NIKS is gedoen om hulle uit te land te sit OF in die tronk te stop nie. HOEKOM? omdat baie polisielede ook voordeel trek uit hierdie onwettige mynery. Hulle kry hulle deel om ‘n blinde oog te gooi. Dit was al voorheen in die nuus hoe baie polisielede hierby betrokke is, maar NIKS word gedoen nie. CELE en sy bende is almal useless, mafia lede

Harley Davidson ·

Wys jou net nog n bewys dat die polisie nie hulle werk doen nie ,hoekom nou hoekom nie elke dag tot die kriminele se rug gebreek is .

Vernon ·

Daar gaan vir die volgende 50 jaar niks gebeur nie. DNS en al daai ou goedjies…….

Swerwer ·

Haai regtig Cele…………….’n skande vir jul nasie? My blik geweer wat van al die ander verkragtings en moorde wat deur die jare plaasgevind het van jy veronderstel was om na jou nasie om te sien?

Blomme ·

O… Is ou Cyril nog hier? Hy praat dan NOOIT oor enigiets wat verkeerd gaan in die land nie. Swygende president!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.