Ondersoek begin ná Krugersdorp-slagoffers se besonderhede uitlek

(Foto: SAPD)

Die Nasionale Inligtingsreguleerder stel ondersoek in om vas te stel of polisiebeamptes sekere bepalings van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia) oortree het nadat persoonlike inligting van die Krugersdorp-verkragtingslagoffers uitgelek het.

Nomzamo Zondi, woordvoerder van die reguleerder, het gesê hulle is bewus gemaak van ʼn lys met persoonlike besonderhede van die slagoffers wat uitgelek het, glo deur polisiebeamptes se toedoen.

“Die reguleerder sal ondersoek instel oor die maatreëls wat deur die polisie ingestel is om die persoonlike inligting van die slagoffers in die saak te beskerm. Die omstandighede rakende die uitlek van die inligting sal ook vasgestel word.”

Die mense wat die inligting laat uitlek het, kan ʼn boete of selfs tronkstraf opgelê word. Alison Tiley van die reguleerder het versoek dat mense nie die inligting verder versprei nie.

Die verkragting het op 28 Julie plaasgevind toe ʼn groep van 12 vroue (onder wie sangeresse, modelle, aanbieders en ʼn grimeerkunstenaar) en tien mans besig was met die verfilming van ʼn musiekvideo toe hulle oorval is deur ʼn groep gewapende mans wat in komberse geklee was. Van die vroue is toe verkrag en die groep is beroof.

Die polisie het ná die voorval op verskeie onwettige mynbedrywighede toegeslaan en tientalle onwettige mynwerkers in hegtenis geneem.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het vroeër vandeesweek aangekondig dat altesaam 14 verdagtes regstreeks verbind word met die beweerde bendeverkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Tanniepetoors ·

Dit is heeltemal onnodig en regtig gemeen en ongevoelig.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dit is so, maar druk word nou op die owerhede geplaas om te wikkel met die saak. Sosiale onrus is op ons.

Catherina ·

How sick can people be? Imagine if it was you or your loved ones …..

Jr ·

Can’t these glorified car guards do anything right. What can you expect when black hoed Kojak sê die slagoffer was “gelukkig” om net……….

annie ·

Hoekom die geheimhouding? Werklik? Mense moet simpatie voel vir geheime gebeure? Die volle waarheid rondom die gebeure sal weldra blootgelê word.

Byekonfyt ·

Ek dink nie dit gaan oor geheimhouding nie. Die slagoffers mag die tyd gegun word om deur die trauma te werk. Buitestaanders kan soms ongevoelig optree. Daarom moet sulke gevalle met groot omsigtigheid hanteer word – iets wat SAP opleiding in nodig het.

SjN ·

Die wetgewing, deur hul ingestel, kan nie uitgevoer word nie, swak optrede.

Di ·

BAIE polisielede is kop in een mus met hierdie onwettige mynbedrywighede. LANKAL in die nuusberigte opgeduik hoe polisielede hierdie myners beskerm. Kyk maar net na die statistiek van hoeveel polisielede skuldig bevind is aan misdaad! SKOKKEND, geen wonder misdaad het land oorgeneem nie

Maritza ·

Iemand is seker ‘n geldjie betaal vir die informasie. Hoop die skuldiges verloor hulle werk ook, nie net ‘n boete nie

Swerwer ·

Nou waarom word die “besonderhede” van hierdie Krugersdorp-slagoffers dan nou so vreeslik beskerm maar die wesens kan jou lewe vergal met oproepe en eposse? Geld (Popia) dan net vir die
wesens en nie vir ons ander mense nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.